67 Maniere om Kanker te Beveg
Vir sommige kankerpasiënte en hulle families is die gereelde pendel na mediese fasiliteite vir behandeling onbekostigbaar. Ander kan nie essensiële sorg tuis bekostig nie en dan is daar diegene wat in die stilte swaarkry, onwetend dat daar gratis berading en ondersteuningsdienste vir hulle beskikbaar is. Dit is waar die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) ’n groot verskil in kankerpasiënte se lewens maak, en hulle benodig hulp om hul dienste aan meer pasiënte beskikbaar te maak wat eenvoudig nie die dinge kan bekostig wat hulle nodig het om beter te word nie.
#MandelaDay2024 #ItsInYourHands #CANSACares #FightingCancerTogether
‘Dis steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg.’ Dit is die tema vir vanjaar se Mandela-dag wat fokus op vrywilligers se pogings van 67 minute van dienslewering op 18 Julie elke jaar, een minuut vir elk van Nelson Mandela se jare van publieke diens. Vir sommige is dit egter ’n voltydse werk regdeur die jaar om ’n positiewe impak in ander se lewens te maak.
“Armoede en ongelykheid affekteer vele areas insluitend toegang tot behuising, opvoeding, vars water en gesondheidsdienste,” sê Lisa Strydom, KANSA se Nasionale Bestuurder: Sorg en Ondersteuning. “Ons sien dit dikwels in die behandeling van alle tipes kanker.”
KANSA werk om ’n verskeidenheid dienste en ondersteuning aan te bied, nie net aan kankerpasiënte wat dit kan bekostig nie, maar ook aan diegene wie nie kan nie. Een van die mees belangrike maniere vir ’n pasiënt om van kanker te herstel, is gereelde behandeling by ’n mediese fasiliteit. KANSA bestuur sewe KANSA Sorgtuistes regoor die land wat naby mediese fasiliteite geleë is en waar pasiënte kan woon terwyl hulle behandeling ontvang. By sommige tuistes kan familielede en versorgers ook tuisgaan, indien daar spasie is.
“Die personeel en vrywilligers by die Sorgtuistes maak ’n groot verskil in die lewens van baie kankerpasiënte,” sê Gavin Kester, Bestuurder van Dienslewering vir KANSA se Sorgtuistes. “Ons maak seker dat pasiënte hulle kankerbehandeling kan ontvang en voltooi, sonder die daaglikse pendel na behandelingsentrums.”
Verblyf is teen ’n nominale bedrag beskikbaar en die pasiënt se inkomste word in ag geneem om te sorg vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Pasiënte bly vir ongeveer vir ses tot agt weke en gaan naweke huis toe. KANSA bestuur sewe Sorgtuistes: Strelitzia in die Oos-Kaap, Olea Katleho in die Vrystaat, Tipuana in Gauteng, Mkhuhla in KwaZulu-Natal, en Eikehof, Tygerberg en Irma Bruschi in die Wes-Kaap.
Bo en behalwe akkommodasie en etes teen ’n nominale fooi, bied elke Sorgtuiste ook die volgende gratis aan: vervoer na en vanaf behandelingsentrums, ’n kanker-inligtingstel, individuele berading en ondersteuningsgroepe, en geestelike ondersteuning deur predikante van verskeie denominasies indien die pasiënt dit versoek. Bekostigbare fooie of donasies is van toepassing vir die huur van mediese toestelle soos rolstoele en looprame; en vir bystandtoestelle soos pruike en borsprostese.
67 maniere waarop jy KANSA Sorgtuistes kan help om ander te help
KANSA Sorgtuistes maak staat op individuele donasies en fondse wat deur KANSA ingesamel word. Elke tuiste benodig ook spesifieke dinge wat aan die onderkant van elke Sorgtuiste se web-bladsy gelys word.
Donasies, nuwe of tweedehandse items, asook kos en skoonmaakmiddels word altyd waardeer. Aanlyn donasies kan hier gemaak word of besoek ons donasie webblad vir ander maniere om by te dra.
Kontak asseblief vir gkester@cansa.org.za om ’n skenking te maak of betrokke te raak.
Hier is die hoof items op die lys van benodighede:
KANSA Strelitzia Sorgtuiste, Newton Park, Gqeberha, Oos-Kaap
Een kragopwekker, twee JoJo-watertenke, gordyne, een stoomyster en een brandalarm beheerstelsel. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-strelitzia-care-home/
KANSA Olea Katleho Sorgtuiste, Bloemfontein, Vrystaat
Ander items – drie 5250-liter Jojo-watertenke, een groot kragopwekker, twee gas-verwarmers, 30 donskombers-stelle, vloerteëls vir die kamers, gang en ontvangsarea. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-olea-katleho-care-home/
KANSA Tipuana Sorgtuiste, Rietfontein, Pretoria, Gauteng
Alle kamers moet binne geverf word. Hulle benodig 25 matrasse, 60 kussings, twee lugbraaiers, een groot skottelgoedwasser en een slim-TV. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-tipuana-care-home/
KANSA Mkhuhla Sorgtuiste, Durban, KwaZulu-Natal
Die tuiste benodig ’n nuwe deurraam, vier lugverkoelers, brandstof vir motors, asook koepons vir instandhouding en die diens van voertuie, bevogtigers, nuwe badhanddoeke en beddegoed vir enkelbeddens asook skryfbehoeftes. Dit sluit in afdrukpapier, glimpenne, penne, potlode, kramme, boogknipleêrs, leêrverdelers en leêrsakkies. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-mkhuhla-care-home/
KANSA Eikehof Sorgtuiste, Athlone, Kaapstad
Hulle benodig ’n Jojo tenkverbinding, breekgoed (bakkies, borde en koppies), eetgery (tee- en ander lepels), rusbanke vir die sitkamer, een vrieskas en ’n yskas. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-eikehof-care-home/
KANSA Irma Bruschi, George, Wes-Kaap
Een 54-duim slim-TV, vier olie-verwarmers, vier dakwaaiers, ’n 13kg wasmasjien en ’n 10kg tuimeldroër. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-irma-bruschi-care-home/
KANSA Tygerberg Sorgtuiste, Rondebosch, Kaapstad, Wes-Kaap
’n Mikrogolf-oond, breekgoed en eetgerei vir 40 pasiënte,’n vrieskas, een slim-TV en ’n tuimeldroër. https://cansa.org.za/cansas-care-support/cansa-tygerberg-care-home/
Benodighede vir al die tuistes is hier beskikbaar:
- Legkaarte, speletjies, aktiwiteitsboeke vir kinders en inkleurpotlode
- Craft supplies, including wool and knitting needles
- Furniture, including beds and lounge chairs and couches
- Breekgoed
- Eetgery
- Glase
- Afdrooglappe
- Moppe, besems en afstowwers
- Gordyne
- Mikrogolf-oonde
- Lugbraaiers
- Yskaste
- Vrieskaste
- Badkamermatjies
- Beddegoed
- Kussings
- Duvets
- Komberse
- Toiletbenodighede vir pasiënte, soos badseep, stortjel, tandepasta en reukweerder
- Skoonmaakmiddels soos waspoeier, opwasmiddel, bleikmiddel, toilet- en teëlskoonmaker, handeseep, materiaalversagter, toiletpapier, weggooibare handskoene en lugverfrisser
- Vleis en vis
- Kruiesouse
- Kookolie
- Droë bestanddele soos rys, suiker, koekmeel, pasta, stampmielies en mieliemeel
- Drankies soos koffie, tee (gewone en rooibos), langlewe-melk en Oros
- Ontbytpap
- Blikkieskos
- Bevrore en vars groente
- Vars en droë vrugte
- Broodsmere soos botter, margarien, kaas, Bovril, Marmite en grondboontjiebotter
- Gevriesde- en blikkiesop
(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: