The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

takealot - #checkyourpackage

Jy is Meer as Jou kankerdiagnose

English Media Release

29 September 2026 – Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) verhoog bewustheid oor borskanker, wat voorheen meestal by vroue oor 50 jaar gediagnoseer is, maar nou meer vroue in hul 30’s en laat 20’s raak. Borskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue (alle bevolkingsgroepe saam) affekteer, met ‘n lewenslange risiko van 1 uit 28 (Nasionale Kankerregister 2024). Behalwe om die belangrikheid van kennis van simptome van borskanker en gereelde sifting by jonger vroue te beklemtoon, is dit belangrik om te erken dat jonger en ouer vroue ‘meer as hul diagnose’ is.

Gretchen Minnaar, KANSA Diensbestuurder: Psigososiale Ondersteuning, brei uit: “Diagnose en behandeling kan ‘n pasiënt se gevoel van wie hulle is oorskadu, wat daartoe lei dat hulle deur hul siekte gedefinieer word, eerder as deur hul unieke sterkpunte, verhoudings en rol in die lewe. Emosionele nood wat hierdeur veroorsaak word, kan hul lewenskwaliteit en hoe hulle behandeling hanteer, beïnvloed. Dit is belangrik om konsekwente emosionele ondersteuning te bied om vroue te help om nie hulself uit die oog te verloor tydens behandeling nie.”

Sy gaan voort: “Genesing is nie net die behandeling van die siekte of fisiese liggaam nie, dit is belangrik dat vroue leer hoe om weer met hulself te verbind na die trauma van ‘n kankerdiagnose en behandeling. KANSA bied emosionele ondersteuning en ‘n veilige ruimte vir vroue deur sy Tele- / Virtuele Beradingsdiens. Beraders is opgeleide maatskaplike werkers, en berading word gratis in die meeste SA-tale aangebied. Ondersteuningsgroepe (aangesig tot aangesig / WhatsApp en Facebook) gee vroue die geleentheid om te deel en van mekaar te leer, terwyl hulle die impak wat kanker op hul lewens gehad het, aanvaar.”

Ragini Natanjee, kankeroorwinnaar, sê oor haar ervaring: “Die lewe het ‘n manier om ons stories te herskryf sonder om ons toestemming te vra. Die hoofstukke wat ons so sorgvuldig beplan en gevisualiseer het, kan skielik verdwyn en vervang word deur dié wat ons nooit verwag het om te lees nie… My diagnose het my lewe verander. Die operasie het littekens gelaat wat ek met my vingers kon naspoor en ander wat niemand anders kan sien nie.”

Die volgende kan ook help om weer met identiteit en ‘n gevoel van doel te verbind: gee jouself toestemming om jou emosies te voel sonder om jouself te oordeel; doen dinge wat jou met vreugde vul; fokus op wat jy kan beheer en doen wat jy op daardie oomblik kan; wees vriendelik met jouself, rus en aanvaar hulp wanneer jy dit nodig het; bly verbind of reik uit vir ondersteuning as jy geïsoleer voel; en stel doelwitte wat niks met kanker te doen het nie.

Ken die Tekens

Vroeë-stadium borskanker mag geen merkbare simptome veroorsaak nie, daarom is gereelde sifting krities. Wanneer simptome wel voorkom, kan dit insluit:

  • Borsknoppe: ‘n nuwe, dikwels pynlose, harde knop of massa in die bors of oksel.
  • Velveranderinge: kuiltjies (lyk soos ‘n lemoenskil), plooie, rooiheid, of skubbe van die borsvel.
  • Tepelveranderinge: ‘n tepel wat na binne draai (inversie), rooiheid, korsvorming, of ongewone afskeiding (anders as borsmelk), wat bloedig kan wees.
  • Vorm- / grootteveranderings: enige onverklaarbare verandering in die grootte, vorm of kontoer van die bors.
  • Aanhoudende pyn: pyn in ‘n spesifieke area van die bors of oksel wat nie weggaan nie.

KANSA Aanbevole Sifting

Borsselfondersoek (BSE) – Kontroleer jou borste maandeliks om te weet wat vir jou normaal is. Let op veranderinge en ken die waarskuwingstekens. Reël ‘n ondersoek deur ‘n verpleegster as jy bekommerd is. Kyk na stappe om ‘n BSE te doen.

Kliniese Borsondersoeke (CBE) – KANSA bied ‘n bekostigbare CBE by KANSA Sorgsentrums om enige onreëlmatighede op te spoor. Pasiënte met mediese hulpvoordele kan van hul mediese hulp eis nadat hulle vir die sifting betaal het. Regeringsgesondheidsklinieke bied ook gratis kliniese borsondersoeke aan. ‘n Jaarlikse CBE word aanbeveel.

Mammogramme – Vroue kan by openbare hospitaalborsklinieke gesif word as hulle ‘n verwysingsbrief van ‘n mediese professionele- of KANSA-verpleegkundige het. Alternatiewelik kontak die Radiologiese Vereniging van SA ( RSSA) www.rssa.co.za om ‘n mammogram te reël.

  • KANSA beveel elke jaar ‘n mammogram aan vir alle vroue vanaf 40 jaar vir doeleindes van nie-simptomatiese borssifting.
  • Vroue van 55 jaar en ouer moet oorskakel na ‘n mammogram elke 2 jaar – of die keuse hê om voort te gaan met ‘n jaarlikse mammogram.
  • Elke vrou met ‘n naaste vroulike familielid wat met borskanker gediagnoseer is, behoort 10 jaar vroeër as die ouderdom waarop die naaste familielid met borskanker gediagnoseer is, ‘n mammogram te ondergaan.

Minnaar sluit af: “Elke vrou is ‘n unieke, waardevolle individu en kanker verander dit nie – kom ons herinner vroue wat deur kanker gaan dat hul waarde nie verander het nie.”

Verwysings:

(Vir meer inligting, kontak asseblief Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of mobiel 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

Media Queries

How can CANSA Improve its Service

About Us | Get in Touch

Sign up to receive news and updates:

Sign up for our eNewsletter
– stay updated on: