The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Prostaatkanker – Ons Ontmasker die Stille Bedreiging  

English Media Release

26 Oktober 2023 – Dis Manlike Gesondheidsmaand en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) skyn die kollig op ’n onopvallende maar belangrike kwessie wat ’n substansiële gedeelte van die Suid-Afrikaanse manlike bevolking affekteer. Prostaatkanker, ’n subtiele maar formidabele vyand, het stil-stil een van die mees algemene kankers onder die nasie se mans geword. Laai prostaatkanker infografiek af…

#ProstateCancer #MensHealth #CANSACares 

Die prostaat is ’n klier net onder die blaas, met die funksie om voedingstowwe te besorg aan sperma, wat deel uitmaak van saad. Prostaatkanker kan ontwykend wees, en ontwikkel soms sonder vroeë herkenbare tekens of simptome. Latere simptome kan insluit gereelde urinering, veral saans; ’n gesukkel om te begin urineer of om dit stop te sit; ’n swak of onderbroke urinestroom; pyn of ’n brandgevoel tydens urinering of ejakulasie; bloed in die urine of saad. Gevorderde kanker kan hewige pyn in die lae rug, heupe of bobene veroorsaak. Hierdie subtiliteit en die feit dat die meeste prostaatkankers stadig ontwikkel, beklemtoon die belangrikheid van gereelde siftingstoetse. 

Soos met baie kankers, is ouderdom ’n belangrike risikofaktor vir prostaatkanker. Die risiko om hierdie kanker te ontwikkel word groter soos mans ouer word. Etnisiteit speel ook ’n groot rol, met studies wat wys dat mans van kleur meer vatbaar is. ’n Familiegeskiedenis van hierdie siekte asook genetiese faktore verhoog ook die risiko. Leefstylkeuses soos vetsug en ’n sittende roetine, dra boonop verder by tot die moontlikheid vir prostaatkanker. 

Laer urinêre traktussimptome soos ’n onderbroke urinestroom of swakker vloei kan prostaatkanker aandui, indien die dokter infeksie as ’n moontlikheid uitgeskakel het. Goedaardige prostaathiperplasie (BPH) is ’n vergrote prostaat wat dieselfde simptome as prostaatkanker kan oplewer. Omdat die vergrote prostaat die urinebuis vernou, moet die blaas harder werk om van urine ontslae te raak. Prostaatkanker hou ook van die skelet. Daarom moet gesondheidsorg-personeel prostaatkanker uitskakel wanneer mans, veral ouer mans, van rugpyn kla.   

Lorraine Govender, KANSA se Nasionale Bestuurder: Gesondheidsbevordering sê, “Die probleem met ’n kanker wat stadig ontwikkel, soos prostaatkanker, is dat dit reeds ver gevorder kan wees teen die tyd dat jy simptome ervaar. Daarom is dit noodsaaklik om vir jaarlikse prostaat siftingstoetse te gaan.”  

Daar is nou selfs ’n gemakliker manier – ’n eenvoudige bloedtoets – wat enige ongemak en onaangenaamheid uitskakel. Dis ’n groot stap vorentoe in terme van prostaatgesondheid, en bied ’n minder indringende benadering. Die Prostaatspesifieke Antigeen (PSA)-bloedtoets meet die PSA-vlakke, ’n stof wat deur die prostaatklier geproduseer word. Buiten prostaatkanker, kan hoë vlakke van PSA ook vergroting, inflammasie of infeksie van die prostaatklier aandui. PSA-toetse is per afspraak by KANSA Sorgsentrums landwyd beskikbaar teen bekostigbare tariewe, om te help om vir die verbruiksartikels wat tydens die toets gebruik word, te betaal. Pasiënte met mediese fonds-voordele kan by hulle mediese fonds terug eis nadat hulle vir die toets betaal het. Die toetse kan ook by plaaslike gesondheidsklinieke gedoen word, of by gesondheidsorg praktisyns, indien die pasiënt simptome het. 

Indien ’n gesondheidsorg praktisyn prostaatkanker vermoed as gevolg van ’n hoë PSA-vlak, moet ’n biopsie gedoen word. Daar is drie maniere om ’n biopsie uit te voer: trans-uretraal, trans-rektum en trans-perineaal. Na diagnose, sluit tipiese behandelings die verwydering van een prostaat-lob in, asook bragiterapie en eksterne bestraling. In gevalle waar prostaatkanker reeds ver gevorderd is, verwyder dokters gewoonlik die testis en begin behandeling met sistemiese hormoonblokkers. Indien hormoonterapie nie werk nie, skryf dokters meestal chemoterapie voor.    

Govender voeg by, “Indien jy ’n prostaatkanker-diagnose in die gesig staar, kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum. Ons toegewyde span is hier om jou en jou geliefdes sorg en ondersteuning te bied, en daardie ekstra myl te loop om jou ervaring te vergemaklik. Hulle kan met mediese toerusting help, gratis teleberading en ondersteuningsgroepe in persoon of aanlyn bied, en daar is ook ’n verskeidenheid hulpmiddels om te gebruik. Vir diegene wat behandeling ver van die huis af ontvang, is daar die gasvryheid van KANSA Sorgtuistes vir jou gemak.”  

“Vir KANSA gaan dit nie net oor plekke en dinge nie; ons verstaan die publieke gesondheidsorgstelsel en staan gereed om jou gids te wees. Want in die wêreld van prostaatkanker, is jy nie alleen nie. KANSA is hier om die paadjie saam met jou te loop,” sluit sy af.   

Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie, by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230. 

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: