The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Ons Help Jong Kankeroorwinnaars om die Lewe te Vier  

English Media Release

6 Junie 2023 – Gedurende Junie, as deel van internasionale Kanker Oorwinnaarsmaand, vier die KANSA alle kankeroorwinnaars en hulle uithouvermoë, met die fokus op kinders, tieners, jong volwasenes en hulle ouers en voogde. Elke kankerdiagnose kan ’n pasiënt en hulle geliefdes negatief beïnvloed, en KANSA verskaf die praktiese en emosionele ondersteuning wat hulle tydens kankerbehandeling nodig het. Dit is vir volwassenes swaar om met kanker gediagnoseer te word, en dis selfs moeiliker in die geval van ’n kind of tiener, en spesifiek vir die ouers van pediatriese pasiënte. Wanneer ’n kind of tiener met kanker gediagnoseer word, bied KANSA TLC (Tough Living with Cancer) ondersteuning aan pediatriese pasiënte, ouers en geliefdes terwyl hulle hul ergste vrees in die gesig staar.

Anina Meiring, KANSA se Nasionale Bestuurder: Kankerdienste vir Kinders (TLC) s, “Onkologie-ouers en pediatriese pasiënte het tyd nodig om hulself te geniet, en met vriende en familie te ontspan. KANSA TLC-personeel help pediatriese kankerpasiënte om die lewe te vier, deur oomblikke van geluk te skep te midde van chemoterapie, bloedoortappings en oorplantings. Ons werk saam met speelterapeute en reël sessies by behandelingsfasiliteite, asook pret- en optooi-dae. Ons vier ook hulle verjaardae en help om goeie herinneringe vir ons pasiënte en hulle geliefdes te skep. Boonop is ons TLC-ondersteuning prakties, en ons werk saam met pediatriese onkoloë en ander onkologie-personeel om aan die jong pasiënte se behoeftes te voldoen soos dit nodig is.”

KANSA TLC verskaf kospakkies en toiletware, asook verblyf vir pediatriese pasiënte wat behandeling ver van die huis af ontvang en hulle ouers, deur hulle te huisves in TLC Nicus Lodge in Pretoria by Steve Biko Akademiese Hospitaal, Family Lodge (Durban) en die Pediatriese Onkologie-afdeling (Pietersburg Provinsiale Hospitaal) in Limpopo. ’n TLC Tiener Ondersteuningskamer (Tygerberg Hospitaal) is ook vir tieners beskikbaar.

Verder word ondersteuning ook aan pediatriese onkologie-afdelings gegee by Charlotte Maxeke, George Mukhari, Steve Biko, Polokwane, Kimberley Provinsiale-, Port Elizabeth- en Tygerberg Hospitale. KANSA verskaf ook ‘ports’ en ‘broviacs’ wat help met behandeling met minimale toegang; korttermyn lyne; nood-ondersteuning deur middel van mediese toerusting, naalde of verbande soos benodig; medikasie (ingeval dit wat die pediatriese onkoloog voorskryf nie genoeg is om erger naarheid, vomering, diarree of hardlywigheid te behandel nie); rolstoele of stootwaentjies vir pasiënte wat blind is as gevolg van kanker of ’n been-amputasie gehad het; asook prostese (kuns oë.) Kospakkies word aan Port Elizabeth Provinsiale Hospitaal in Qqeberha geskenk en voedingsaanvullers aan Parklands Hospitaal in Durban.

Meiring voeg by, “Emosionele ondersteuning is vir TLC baie belangrik, met gratis teleberading vir pediatriese pasiënte, sibbe, ouers en ander geliefdes, en individuele berading by TLC-fasiliteite en in-persoon ondersteuningsgroepe. Ons het ook ’n ondersteuningsgroep vir ouers wat ’n kind aan kanker afgestaan het en ’n WhatsApp-ondersteuningsgroep vir tiener kankerpasiënte of tieners wat geliefdes met kanker het. ’n Facebook-ondersteuningsgroep vir ouers en geliefdes – TLC Childhood Cancer Support – is ook beskikbaar. Tieners wat by ‘n ondersteuningsgroep wil aansluit kan die aanlyn vorm voltooi.”

Meiring verduidelik hoe KANSA TLC kon ingryp om ’n baie jong pasiënt, Liam (4 jaar), te help toe hulle ’n versoek van mediese personeel gekry het om ’n skenkerslyn vir sy suster, Payton (14 jaar), vir sy beenmurgoorplanting te verkry. “Die skenkerslyn was op kort kennisgewing versoek en die oorplanting sou binne ‘n paar dae by Rooi Kruis Kinderhospitaal plaasgevind het. Daarom het die TLC-personeel die versoek met dringendheid hanteer. Die skenkerslyn was binne ’n dag verkry en Liam se oorplanting kon plaasvind. Ons is dankbaar dat ons hierdie vasbeslote jong man en sy familie op hierdie wyse kon ondersteun. Liam lewe al van die ouderdom van twee jaar af met kanker en moes ’n stoma dra, as gevolg van die skade wat chemoterapie aan sy rektum aangerig het. Hy het baie uitdagings aangaande sy gesondheid deurleef, maar hy is ’n vegter en laat nie toe dat enigiets hom terughou nie.”

Liam Fagan se ma voeg by, “Toe ek uitgevind het dat Liam kanker het, het dit gevoel asof my bene ingee. Ek het myself probeer oortuig dat ek droom en het aanhou hoop dat ek uit hierdie nagmerrie sou wakker word. Dit was regtig ’n baie moeilike situasie.”

“Ons jong pasiënte inspireer ons daagliks. Hier onder is wat sommige van hulle oor hul kanker-ervaring te sê het,” sluit Meiring af.

Agrippa Ngobeni (in graad 10 gediagnoseer), “Ek het nie gedink dat ek ouer as 18 sou word nie; nou is ek 25! Dit lyk asof daar meer lewe vir my voorlê as wat ek verwag het.”

Fortune Manama (op 13 jaar gediagnoseer en nou op universiteit), “Ek het so baie van my saal-maats sien sterf, en voel ek moet daarom vir hulle my lewe elke dag ten volle uitleef!”

Modiphonso Maema (17 jaar – uittreksel uit haar gedig ‘I Refuse’), “Ek weier om my wil om te lewe weg te gee … Ek weier dat die lewe my verbygaan … Ek weier om my droom te laat vaar … my bestaan maak saak … Ek weier om moed te verloor, om tou op te gooi!”

Om KANSA TLC met finansiele of in-goedere donasies te ondersteun, kontak asseblief info@cansa.org.za

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: