The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

KANSA se Seël van Erkenning Toegeken aan red espresso®

redespresso postEnglish Press Release

31 March 2015 – red espresso®, ‘n Wêreld Eerste en trots Suid-Afrikaanse produk wat rooibostee in ‘n espresso vernuwe, is sopas bekroon met die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se  Seël van Erkenning as erkenning van die produk se unieke gesondheidseienskappe.

Die produk is kafeïenvry en word slegs van 100% suiwer rooibos gemaak. red espresso® is ‘n uitstekende alternatief vir diegene wat inname van kafeïen wil verminder of totaal wil uitskakel. Dit is ‘n splinternuwe produk vir ‘n nuwe en toenemende groep mense wat op soek is na gesonder keuses, maar wat nie  ‘n cafe-lewenstyl, wil prysgee nie.

‘n Gereelde inname van vloeistof is nodig om ons liggame goed gehidreer te hou en alle liggaamsfunksies is afhanklik van water om goed te funksioneer. Gereelde inname van rooibostee help nie net om ons liggame na behore te hidreer nie, maar is ook ‘n bron van verskeie toegevoegde voordele vir ons gesondheid. Noudat red espresso® met die KANSA Seël van Erkenning bekroon is, word dit ook gesertifiseer as ‘n Smart Choice, wat Suid-Afrikaners in staat stel om beter keuses te maak oor wat hulle drink met die wete dat ‘n betroubare organisasie soos KANSA die produk intensief ondersoek het en dat dit aan KANSA se kriteria voldoen.

Benewens die feit dat red espresso® van nature kafeïenvry is, bevat dit ook die konsentraat van antioksidante en gesondheidsvoordele van rooibostee. Een koppie (60 ml) red espresso® bevat 10 keer soveel antioksidante as tradisionele rooibos en 5 keer soveel antioksidante as groen tee. Rooibostee verhoog die vlakke van bloed glutatioon (die belangrikste antioksidant in die liggaam) wat die proses van veroudering, die verswakking van die immuunstelsel en hartsiektes teewerk en die risiko van kanker verminder  (Lees KANSA se Feiteblad oor Rooibostee hier.)

Die KANSA Smart Choice Seël van Erkenning help verbruikers om produkte te identifiseer wat nie karsinogene bevat nie en/of produkte wat eienskappe bevat wat die risiko van kanker kan verminder.  KANSA se Seël van Erkenning moedig Suid-Afrikaners aan om etikette op produkte te lees en om hulle te help om ingeligte keuses te maak – die hoofdoel is om slim, gesonde en gebalanseerde leefstyle te bevorder. Deur kennis te neem van KANSA se Smart Choice voorstelle (insluitend produkte soos red espresso®), moedig mense aan om ‘n proaktiewe poging aan te wend om hul risiko vir kanker te verminder. Om te kwalifiseer vir die KANSA Seël van Erkenning, moet verbruikersprodukte streng toetse slaag wat in lyn is met die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) en/of soortgelyke Internasionale Standaarde.

“KANSA bevorder produkte met die Smart Choice Seël van Erkenning intensief en KANSA is in 2014 deur ‘n Readers Digest-opname aangewys as die mees betroubare NGO, wat baie waarde toevoeg tot produkte wat die Seël van Erkenning ontvang. Die produk red espresso® is ‘n hoogs gekondenseerde vorm van rooibos wat gekonsentreerde vlakke van antioksidante bevat en ‘n natuurlike produk wat hierdie seël verdien,” sê Elize Joubert, Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA.

Monique Ethelston, red espresso® se Bemarkingsbestuurder, sê dat die ontwikkeling van ‘n produk wat by die geledere van ander produkte aansluit wat die risiko van kanker verminder, naby was aan die harte van die red espresso® -span. “Ons het baie ure deurgebring om mense vir wie ons lief is, te troos en te ondersteun deur die swaarkry nadat hulle met kanker gediagnoseer is. Die geleentheid om ‘n bydrae te lewer – hoe klein dit ook al mag wees – en om verligting vir iemand te bring, beteken baie vir ons, ” voeg sy by.

red espresso® kapsules is in kleinhandel-eenhede van 10 Nespresso-aanpasbare kapsules aanlyn by www.redespresso.com, Yuppiechef, in winkels by @home, The Tea Merchant, Wellness Warehouse en Montagu Dried Fruits & Nuts beskikbaar.

Meer oor red espresso®

red espresso® is van nature kafeïenvry en gemaak van 100% suiwer rooibos. Dit bied aan jou ‘n nuwe keuse: ‘n manier om meer gesonde opsies te kies sonder om die smaak van ‘CAFÉ SOPHISTICATION’ of die lewenstyl waarvoor jy so lief is, prys te gee. red espresso® vervang kafeïen se skop met ‘n natuurlike gesonde hupstoot en die heerlike smaak van rooibos. Dit gebruik espresso om meer as net algemene en bekende drankies te maak wat soos koffie proe; dit word gebruik om gesonde koue teedrankies en “smoothies” te maak- propvol suiwer, smaaklike en natuurlike goedheid uit die grond. Dit is ‘n wonderlike alternatief vir koffie vir diegene wat minder koffie wil drink of dit glad nie meer wil drink nie. Die produk is 100% natuurlik en daarom ook geskik vir die hele gesin. red espresso® is ‘n internasionale bekroonde en trots Suid-Afrikaanse produk gemaak van rooibos uit eie bodem – ‘n revolusionêre produk en die pionier van ‘n nuwe globale keuse van ‘n  gesonde “koffiekultuur”. Ons is trots om ons plaaslike innovasie en erfenis na meer as 25 lande oor die wêreld te versprei en om waarde toe te voeg tot van ons land se puikste uitvoerprodukte – vanaf die vervaardiging tot die finale produk.

Lees meer oor red espresso®: Besoek www.redespresso.com, kontak ons: 021 863 1060 of stuur ‘n epos aan info@redespresso.com. Volg red espresso® op Twitter, Facebook, Instagram, YouTube en Pinterest.

Leave a Comment

PLEASE NOTE:
Comment moderation is enabled and may delay your comment from showing. There is no need to resubmit your comment.
Comments will be made public, should they be approved.

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: