The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

KANSA Maak die Gaping in Kankersorg Toe

English Media Release

24 Januarie 2022 – Hierdie Wêreld Kankerdag (4 Februarie), doen KANSA en die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (Union for International Cancer Control [UICC]) ’n beroep op almal om hulle invloed te gebruik om te help om die ‘gaping in kankersorg toe te maak’. Hierdie nuwe drie jaar lange-veldtog vra vir aksie om die kwessie van onregverdige toegang tot kankerdienste aan te spreek. Die veldtog beoog om regverdigheid van gesondheidsorg te bevorder vir alle mense wat deur kanker geaffekteer word, ongeag wie hulle is of waar hulle woon. Sien infografiek…

#CloseTheCareGap #WorldCancerDay #CANSACares

Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte (HUB), verduidelik hoe KANSA hard daaraan werk om die gaping toe te maak wanneer dit by kankersorg kom. “Kankerpasiënte in ons land het dalk ’n heel ander ervaring rakende toegang tot kanker siftingstoetse, tydige diagnose, kankerbehandeling en -ondersteuning, afhangend van hulle sosio-ekonomiese status en waar hulle woon. Dit kan moontlik lei tot groot verskille in die risiko van die kankerontwikkeling en oorlewing. Hierdie gaping moet oorkom word en KANSA werk hard daaraan om hierdie onregverdigheid te verminder.

Vroeë opsporing is noodsaaklik wanneer dit by die oorkoming van ’n kankerdiagnose kom, maar diegene in afgeleë areas het nie altyd toegang tot die inligting oor hoe om kankerrisiko te verminder of tot siftingstoetse nie. KANSA help om die gaping in kankersorg toe te maak deur met organisasies soos Hollard Daredevil, Avon Justine en ILoveBoobies hande te vat. Hierdie organisasies borg besoeke aan mobiele gesondheidsklinieke in afgeleë areas om dienste aan te bied wat andersins ontoeganklik sou wees.”

Joubert voeg by, “Baie pasiënte woon baie ver en kan nie vervoer na of verblyf naby die kankerbehandelingsentra bekostig nie. Ons KANSA Sorgtuistes voldoen aan hulle vereistes deur ’n huis weg van die huis af te skep, wat etes en vervoer insluit. Dit maak dit moontlik vir pasiënte wat andersins nie behandeling sou kon kry nie. Verder bied ons TLC-tuistes akkommodasie aan die ouers van kinders wat behandeling ontvang, en bied kos- en sorgpakkies aan families om hulle te help weens hul finansiële druk.

KANSA bied gratis berading deur hul teleberadingsdiens in sewe tale, asook telestoma-ondersteuning, wat beteken berading en stoma-ondersteuning is vir almal beskikbaar. Die KANSA-webwerf bied ook gratis aanlyn hulpmiddels en skakels na ondersteuningsgroepe vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes.

Saam Beveg ons Kanker

Lorraine Govender, KANSA se Nasionale Bestuurder: Gesondheidsbevordering, stem saam dat vennootskappe krities is om KANSA te help om die versorgingsgaping toe te maak deur die bewusmakingsboodskap te versprei rakende simptome, vroeë opsporing en hoe om die kankerrisiko effektief te verminder.

“Ons bied inligting rakende die top-kankers wat Suid-Afrikaanse mans en vroue affekteer en ons is dankbaar vir die vennote wat ons help om dit te doen. Servikskanker is die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue, maar ook die kanker waaraan die meeste vroue in ons land sterf. Die stigma en uitsluiting rondom servikskanker kan veroorsaak dat vroue huiwerig is om vir siftingstoetse te gaan. Ons help om die stigma deur opvoedkundige veldtogte, wat radio-insetsels en video insluit, af te breek.”

Longkanker, nog ’n algemene kanker onder mans en vroue, word gereeld te laat gediagnoseer. As gevolg hiervan het KANSA ’n vennootskap met die Universiteit van KwaZulu-Natal aangegaan vir ’n Multinasionale Longkanker Beheerprogram (Multinational Lung Cancer Control Programme [UKZN-MLCCP]). Die doel is om die plaaslike gemeenskappe se kennis te verbeter en bewustheid van longkanker en die risikofaktore en simptome te skep, deur MLCCP-vrywilligers wat deur KANSA opgelei is. Verder moet mense se houding teenoor longkanker, siftingstoetse en palliatiewe sorg positief beïnvloed word. ’n Longkanker bewusmakingsvideo is beskikbaar om sodoende meer mense te bereik met inligting oor vroeë opsporing.

“Mans kom ook te staande teen die negatiewe effekte van geslagsdiskriminasie en dit wat volgens die gemeenskap en kultuur verbode is. Sosiale norms rakende manlikheid kan veroorsaak dat hulle nie gesondheidskwessies wil bespreek nie of prosedures wat hul lewens kan red vir vroeë-stadium prostaatkanker sal oorweeg nie. KANSA het onlangs ’n maandelikse Mans Ondersteun Mans aanlyn ondersteuningsgroep bekend gestel om mans te help om ’n kankerdiagnose en -behandeling beter te hanteer,” voeg Govender by.

Opleiding om die Versorgingsgaping Toe te Maak

KANSA se Hoof van Pasiëntvoorspraak, Zodwa Sithole, bied opleiding aan Tradisionele Gesondheidsorgpraktisyns regoor die land van 26 Januarie tot 23 Maart 2022, om hulle te leer oor algemene kankers, behandeling, newe-effekte, en die belangrikheid van vroeë opsporing en vinnige verwysing na behandeling. Sodoende beoog KANSA om die versorgingsgaping toe te maak rakende vertragings in kankerdiagnose en tydige behandeling in gemeenskappe wat advies van Tradisionele Gesondheidspraktisyns kry. Kursusmateriaal sal in Suid-Afrika se amptelike tale beskikbaar gestel word om hierdie inligting vir almal toeganklik te maak.

WCD-uitdaging: 21 dae om ’n Impak te Maak

Sluit aan by een van drie 21-dae uitdagings om daaglikse inspirasie en praktiese leiding per e-pos te ontvang: maak die versorgingsgaping toe; fokus op jou gesondheid of elimineer servikskanker. Tydens die 21 dae lange uitdaging om ’n impak te maak, sal jy elke dag bemoedig word om ’n impak deur klein, maar betekenisvolle aksies te maak.

Besoek https://cansa.org.za/category/world-cancer-day-4-feb/ vir besonderhede rondom Wêreld Kankerdag en KANSA aktiwiteite.

(Vir meer inligting, kontak asseblief info@cansa.org.za of skakel die KANSA Hulplyn by 0800 22 66 22).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: