The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Jou Welwillendheid-Nalatenskap is in Jou Hande  

English Media Release

26 Junie 2023 – Op Internasionale Nelson Mandela Dag (18 Julie) kan ons oor Madiba se waardes en beginsels nadink en kies om ’n positiewe impak in ons gemeenskappe te maak. Die KANSA nooi almal uit om ’n KANSA Sorgtuiste te ondersteun sodat pasiënte wat ver van onkologie-sentrums af is, die geleentheid kry om by so ’n sentrum in te woon sodat hulle behandeling kan ontvang.

Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, voel sterk oor die diens wat KANSA deur middel van hul agt Sorgtuistes verskaf: “Ons KANSA Sorgtuistes verseker dat pasiënte wat ver van behandelingsentrums af woon, nie behandeling hoef mis te loop nie. Ons kan pasiënte vir ongeveer ses weke lank akkommodeer terwyl hulle behandeling ontvang en kan ook vervoer na en vanaf behandelingsentrums verskaf. Die meerderheid van ons Sorgsentrums voorsien etes (daar is ook ’n paar selfsorg-sentrums), asook emosionele ondersteuning en inligting rakende kanker, aan pasiënte.”

Joubert voeg by, “Ons wil hê dat ons Sorgtuistes ’n tuiste weg van die huis af vir pasiënte moet wees, deur hierdie fasiliteite selfonderhoudend te maak. Soos met baie ander besighede, het beurtkrag en droogtes die diens wat ons lewer negatief beïnvloed. Ons vra vir die publiek en werksplekke om sonpanele, kragopwekkers en watertenks aan hulle naaste KANSA Sorgtuiste te skenk, sodat pasiënte hier so gerieflik as moontlik kan wees. Die voertuie wat pasiënte na en vanaf die behandelingsentrums vervoer moet ook in stand gehou word. Verder wil ons graag ons eie groente by elke Sorgtuiste begin groei, indien daar tuinsentrums, kwekerye, of gemeenskapslede is wat bereid is om ons te help om hierdie projek af te skop.”

Meneer Sebudi het tydens sy behandeling by die KANSA Olea Katleho Sorgtuiste in die Vrystaat-provinsie tuis gegaan en het die volgende te sê, “Om mense met dieselfde siekte as ek te sien, help my om my kanker beter te aanvaar. Olea het vir my hoop, respek en kultuur geleer.”

Stembile voeg by, “KANSA Tipuana Care Home (in Pretoria) het weer vir my hoop en gemoedsrus gegee. Hulle het vir vyf weke tydens my ma se behandeling mooi na haar gekyk. Ons was reeds op dag een verwelkom en het dadelik tuis gevoel.”

Tydens ses weke van bestralingsterapie by Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad, het ek by die KANSA Eikehof Sorgtuiste gewoon. Ek woon omtrent sewe ure se ry vanaf Groote Schuur Hospitaal en dis nooit maklik om ver weg van die huis af te wees nie, veral tydens ’n krisis soos hierdie. Die ondersteuning vanaf die personeel by Eikehof het dinge egter vir my baie makliker gemaak. Eikehof is my tuiste weg van die huis af, en dit het my in staat gestel om lewenslange vriende te maak,” sê kankeroorwinnaar Chris Hougaard van sy verblyf hier.

Joubert sê verder, “As ’n e nie-winsgewende organisasie maak KANSA staat op die vrygewigheid van die publiek vir skenkings in natura of geldelike donasies om die koste van ons dienste so laag as moontlik te hou. Dit help ons ook om voort te gaan om gratis psigo-sosiale ondersteuning aan pasiënte, asook versorgers en geliefdes te bied deur ons KANSA Teleberadingsdiens (beskikbaar in sewe tale) en ondersteuningsgroepe (insluitend WhatsApp en Facebook-ondersteuningsgroepe). Jou welwillendheid-nalatenskap is in jou hande, en ons vra dat jy dit oorweeg om met een van ons behoeftes te help. Kontak info@cansa.org.za indien jy hulp kan verleen.”

  • Borg oorfone en skootrekenaars aan KANSA Teleberaders en gemaklike stoele vir pasiënte tydens individuele beradingsessies met maatskaplike werkers. Ons benodig ook pro bono ondervragingsessies vir beraders, maatskaplike werkers en verpleegpersoneel deur sielkundiges en welstandsafrigters.
  • Help met die opknap van Mobiele Gesondheidsklinieke asook die installeer van lugverkoelers om te help met kanker siftingstoetse in afgeleë landelike gebiede.
  • Borg ’n voertuig om toerusting vir kanker siftingstoetse na Welstandsgeleenthede aan te ry.
  • Borg die drukkoste van opleidingsmateriaal vir geregistreerde verpleegkundiges en diegene wat vrywillig as tuisgebaseerde versorgers
  • Die KANSA Kaapse Metro Sorgsentrum deel tans ’n perseel met die KANSA Eikehof Sorgtuiste en benodig donasies om die huur van hulle eie perseel te kan betaal.

Ander maniere om betrokke te raak sluit in die deelname aan, of borg van koste verbonde aan nasionale geldinsamelingsgeleenthede vir die volhoubaarheid van sorg- en ondersteuningsdienste: Shavathon, Cuppa For CANSA, Relay For Life en CANSA Active. Die CANSA Active-veldtog moedig die verlaging van persoonlike kankerrisiko aan deur ’n aktiewe en gebalanseerde leefstyl te lei. KANSA wil ook graag ’n voertuig aanskaf om ekspo-toerusting en opvoedkundige materiale na sportgeleenthede te vervoer om bewusmaking te help skep.

“Dalk werk jy voltyds en kan nie tyd afstaan om met instandhoudingsprojekte te help nie. Daarom nooi ons jou uit om ’n aanlyn donasie te maak om met die instandhouding van ons Sorgtuistes te help. Selfs al voel dit asof jou donasie klein is, help elke sent om jou welwillendheid-nalatenskap te bou en maak dit ’n verskil in die lewens van diegene in jou gemeenskap wat deur kanker geaffekteer word,” sluit Joubert af.

As jy op enige manier ’n bydrae wil maak, kontak info@cansa.org.za of skakel die KANSA Hulplyn tolvry op 0800 22 66 22.

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za – skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: