Die Ware Prys van Tabak
29 Mei 2023 – Die tema vir Wêreld Geen Tabakdag 2023 is “Ons benodig kos in plaas van tabak.” Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) ondersteun die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) se veldtog om bewusmaking te skep rondom die negatiewe gevolge van tabakboerdery en die gebruik van tabak ten volle. Die regering en beleidsvormers word aangemoedig om die voordele om tabak met voedsame en volhoubare alternatiewe gewasse te vervang te bevorder, en om hulpbronne vir plaaslike tabakboere wie na gewasse wil oorskakel, beskikbaar te maak.
Lorraine Govender, KANSA se Nasionale Bestuurder: Gesondheidsbevordering, verduidelik, “Die ware prys van tabak is rampspoedig. Dit beskadig die omgewing, en affekteer landbou en voedselsekuriteit; (1), persoonlike gesondheid (die oorsaak van 17 rookverwante- en nie-oordraagbare siektes en 14 tipes kanker – van hierdie is kolorektale, long en serviks onder die top vyf kankers wat Suid-Afrikaners affekteer); (2) (3), en die ekonomie. Tabakverwante siektes kos die Suid-Afrikaanse ekonomie ongeveer R42 miljoen per jaar weens ’n verlies aan produktiwiteit, verwante gesondheidsorgkostes en voortydige sterftes.” (4)
KANSA daag individue uit om hulself af te vra of die prys wat hulle met hul beursies, die ekonomie, hulle persoonlike gesondheid of die gesondheid van geliefdes deur tweedehandse rook (5) betaal, dit die moeite werd maak om tabakprodukte te gebruik. Rokers word ook aangemoedig om op te hou rook. Volgens Statistieke SA (2017), was 6.8-million mense in Suid-Africa honger sonder toegang tot genoeg of goeie gehalte kos. Die Globale Tabak-meningsopname vir Volwassenes 2022, het bevind dat Suid-Afrikaanse rokers ongeveer R263 per maand aan sigarette spandeer.
Dr Catherine Egbe, ’n spesialis-wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing se eenheid vir alkohol en ander dwelms, voeg by, “’n Siek nasie is ’n arm nasie. Ons gemeenskappe wil vry wees van tabak en die skade wat dit aan ons gesondheid, ons omgewing en die ekonomie aanrig.” (6)
Govender voeg by, “Tabak-plaaswerkers loop die risiko om deur plaagdoders en ander chemikalieë geaffekteer te word, aangesien oeswerk per hand steeds die verkose metode is, omdat blare wat meganies gepluk word van ’n laer gehalte is (7). Tabak beskadig ook die omgewing en veroorsaak ontbossing (bome in woude word afgekap om ruimte te maak vir tabakproduksie en om brandstof vir die bewerking van tabakblare te maak). Ontbossing bedreig die biodiversiteit van plante en diere en dra grotendeels by tot koolstofemissie en klimaatverandering. (1) (8). Tabakboerdery veroorsaak ook die wegsyfering van grond voedingstowwe en die uitstorting van giftige plaagdoders en kunsmis in die grond en waterstelsels, wat veroorsaak dat waardevolle natuurlike hulpbronne gemors word.” (1) (8)
“Die wetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels wat deur die Parlement goedgekeur moet word, sal dit vir Suid-Afrikaners makliker maak om rookvrye lewens te kies en sal die bedreiging wat tabakgebruik vir die omgewing inhou, stopsit. Die nuwe wet sal binnekort voor die Parlement ter tafel gelê word, om die huidige Tabakbeheer-wet aan te pas, met 100% van die fokus op rookvrye binne-areas; advertensievrye verpakking en gesondheidswaarskuwings in prentvorm; die verban van advertensies by betaalpunte in winkels en die verkoop van tabak en verwante produkte in outomatiese verkoopmasjiene; en die regulasie van e-sigarette. Verder sal die nuwe wet help om die impak van tweedehandse rook op nie-rokers te verminder en sal die jeug aanmoedig om nie te begin rook nie. Indien jy wil help om die nuwe voorgestelde Suid-Afrikaanse Tabakwet (2018) te laat goedkeur, kontak asseblief vir Minenhle Dlamini op mdlamini@cansa.org.za of 031 2059525,” voeg Govender by.
Diegene wat ophou rook verlaag hulle rookverwante kankerrisiko’s, met byna onmiddellike gesondheidsvoordele. KANSA moedig rokers aan om op te hou rook en hulle gesondheid en die gesondheid van ander eerste te stel.
KANSA se bewusmakingsveldtogte wat by skole en universiteite ontplooi is wil boodskappe skep om die begin van tabakgebruik te voorkom en is veral op die jeug en jong volwassenes gemik. KANSA is opgewonde om ’n vennootskap met die Wild en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika (WESSA) in die Wes-Kaap te sluit, en oor die Wêreld Geen Tabakdag-geleentheid wat by Bellville-Suid Hoërskool gehou sal word. Almal word uitgenooi om ’n ‘geen rook en tabak’ belofte te maak om hulle ondersteuning vir die nuwe Suid-Afrikaanse Tabakwet (2018) te wys, nadat leerders en personeel van die gevare wat rook, damprokery en die gebruik van okkapype (Hubbly Bubbly) inhou, bewus gemaak was. Die hoop is dat ander skole dieselfde sal doen en die ooreenkoms sal teken. Skole wat wil deelneem kan ’n e-pos stuur aan info@cansa.org.za
Govender sê, “Rook is die hoof-oorsaak van longkanker en ons longkanker bewusmakingsvideo wys die waarskuwingstekens en hoe om kankerrisiko te verlaag. Ons werk tans saam met die Universiteit van KwaZulu-Natal aan die Multi-Nasionale Longkanker Projek om bewusmaking oor longkanker in geteikende gemeenskappe deur middel van deur-tot-deur besoeke te skep. Ons doel is om te wys dat vroeë opsporing van longkanker lewens kan red en die langtermyn lewenskwaliteit kan verbeter. MLCCP-vrywilligers sal in Mei die Umlazi- en Savannah-klinieke (Durban) asook die Embalenhle-kliniek (PMB) besoek, om mense van die gevaar van tabak en longkanker te vertel, en bewusmaking te skep oor die voorgestelde Suid-Afrikaanse Tabakwet. Pasiënte sal ook die geleentheid kry om die ooreenkoms te teken om hulle ondersteuning vir die nuwe wet te toon.”
“Nog ’n inisiatief bied ondersteuning aan diegene wat wil ophou rook via KANSA se aanlyn eKickbutt ondersteuningsprogram met nuttige inligting oor hoe om rook stop te sit. Verder werk KANSA ook saam met eendersdenkendes in Suid-Afrika soos die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Navorsing, Die Nasionale Raad teen Rook en internasionale vennote, Veldtog vir Tabakvrye Kinders, om die wetenskaplike bewyse te verskaf om te help met die ontwikkeling van effektiewe tabakbeheer-wette wat tabakgebruik drasties kan verminder, en kankerrisiko en gesondheidsverwante ongelykhede kan verlaag.
Bronne:
- (1) Geist HJ. Global assessment of deforestation related to tobacco farming. Tobacco Control [Internet]. 1999 Spring;8(1):18–28. Available from: http://dx.doi.org/10.1136/tc.8.1.18 / Slaughter E, Gersberg RM, Watanabe K, Rudolph J, Stransky C, Novotny TE. Toxicity of cigarette butts, and their chemical components, to marine and freshwater fish. Tobacco Control [Internet]. 2011 May;20 Suppl 1(Suppl_1):i25–9. Available from: http://dx.doi.org/10.1136/tc.2010.040170
- (2) Boachie MK, Rossouw L, Ross H. The Economic Cost of Smoking in South Africa, 2016. Nicotine and Tobacco Research [Internet]. 2021 Jan 22;23(2):286–93. Available from: http://dx.doi.org/10.1093/ntr/ntaa162 / Koegelenberg CFN, Dorfman S, Schewitz I, Richards GA, Maasdorp S, Smith C, et al. Recommendations for lung cancer screening in Southern Africa. Journal of Thoracic Disease[Internet]. 2019 Sep;11(9):3696–703. Available from: http://dx.doi.org/10.21037/jtd.2019.08.66 / Centers for Disease Control and Prevention. What are the risk factors for lung cancer? [Internet]. Centers for Disease Control and Prevention. 2022 [cited 2022 Dec 8]. Available from: https://www.cdc.gov/cancer/lung/basic_info/risk_factors.htm / National Center for Chronic Disease Prevention and Health Promotion (US) Office on Smoking and Health. The Health Consequences of Smoking—50 Years of Progress: A Report of the Surgeon General [Internet]. Atlanta (GA): Centers for Disease Control and Prevention (US); Available from: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/24455788
- (3) National Cancer Registry 2019
- (4) Boachie MK, Rossouw L, Ross H. The Economic Cost of Smoking in South Africa, 2016. Nicotine and Tobacco Research [Internet]. 2021 Jan 22;23(2):286–93. Available from: http://dx.doi.org/10.1093/ntr/ntaa162.
- (5) Yousuf H, Hofstra M, Tijssen J, Leenen B, Lindemans JW, van Rossum A, et al. Estimated Worldwide Mortality Attributed to Secondhand Tobacco Smoke Exposure, 1990-2016. JAMA Network Open [Internet]. 2020 Mar 2;3(3):e201177. Available from: http://dx.doi.org/10.1001/jamanetworkopen.2020.1177 / Centers for Disease Control and Prevention. Secondhand Smoke Facts [Internet]. Centers for Disease Control and Prevention. 2022 [cited 2022 Dec 8] / Centers for Disease Control and Prevention. The Health Consequences of Involuntary Exposure to Tobacco Smoke: A Report of the Surgeon General [Internet]. Centers for Disease Control and Prevention. 2006 [cited 2022 Dec 8]. Available from: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK44324/ / Centers for Disease Control and Prevention. Health Effects of Secondhand Smoke [Internet]. Centers for Disease Control and Prevention. 2010 [cited 2022 Dec 8]. Available from: https://www.cdc.gov/tobacco/data_statistics/fact_sheets/secondhand_smoke/health_effects/index.htm / Centers for Disease Control and Prevention. There is No Risk-Free Level of Exposure to Secondhand Smoke [Internet]. Centers for Disease Control and Prevention. 2021 [cited 2022 Dec 8]. Available from: https://www.cdc.gov/tobacco/data_statistics/sgr/2006/pdfs/no-risk-free.pdf
- (6) https://cansa.org.za/towards-freedom-from-tobacco-and-nicotine-the-tobacco-control-bill/
- (7) Schmitt NM, Schmitt J, Kouimintzis DJ, Kirch W. Health risks in tobacco farm workers—a review of the literature. Journal of Public Health [Internet]. 2007 Aug 1;15(4):255–64. Available from: https://doi.org/10.1007/s10389-007-0122-4. / Centers for Disease Control and Prevention. Green Tobacco Sickness [Internet]. Centers for Disease Control and Prevention. 2014 [cited 2022 Dec 8]. / International Development Research Centre. Tobacco Control and Tobacco Farming: Separating Myth from Reality [Internet]. Wardie Leppan NLADB, editor. Anthem Press; 2014 [cited 2022 Dec 9]. Available from: https://idl-bnc-idrc.dspacedirect.org/bitstream/handle/10625/53191/IDL-53191.pdf.
- (8) World Health Organisation. Tobacco and its environmental impact: an overview [Internet]. World Health Organisation; 2017 [cited 2022 Dec 10]. Available from: https://apps.who.int/iris/bitstream/handle/10665/255574/9789241512497-eng.pdf%3Bjsessionid=780410F000CD0F6D5A07E8BB49E8196C?sequence=1.
- (9) chrome-extension://efaidnbmnnnibpcajpcglclefindmkaj/https://www.health.gov.za/wp-content/uploads/2022/05/Global-Adult-Tobacco-Survey-GATS-SA_FS-Populated__28-April-2022.pdf
- (10) The Extent of Food Security in South Africa | Statistics South Africa (statssa.gov.za)
(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230).
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: