The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Die Hantering van ’n Borskanker-operasie  

English Media Release

19 September 2024 – As deel van Borskanker-bewusmakingsmaand, deel die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) nuttige wenke om borskanker-pasiënte te ondersteun wat operasies ondergaan. Borskanker bly die mees algemene kanker wat vroue van alle rasse in Suid-Afrika affekteer, met ’n leeftydrisiko van 1 in 26 volgens die Nasionale Kankerregister van 2022. Dit affekteer vroue van alle ouderdomme, alhoewel die risiko verhoog namate vroue ouer word. (1)  

#BreastCancerAwareness #MentalHealthAwarenessMonth

’n Operasie is soms deel van die behandelingsplan, afhangend van die tipe borskanker, die grootte van die gewas(se) en die fase van die siekte. Dit kan ’n operasie om die bors te behou (lumpektomie) insluit, of ’n operasie om die hele bors te verwyder, bekend as ’n mastektomie, of ’n ondersoek om vas te stel of die kanker na die limfkliere onder die arm versprei het. (2)  

Gretchen Minnaar, KANSA se Bestuurder van Dienslewering: Psigososiale Ondersteuning, sê, “Om die verwydering van ’n gedeelte van die bors of die hele bors, en soms beide borste te hanteer, is ’n persoonlike en uitdagende ervaring. Saam met die fisiese newe-effekte na die operasie, byvoorbeeld die versorging van wonde, dreinering, pynbeheer en in sekere gevalle, limfedeem en om jou beweeglikheid te verloor, kan pasiënte ook erge psigiese kommer ervaar. Hulle kan ’n negatiewe selfbeeld ervaar of sukkel om die verlies te hanteer. Pasiënte wat deur chemoterapie, bestraling, hormoon- of geteikende terapie voor of na die operasie moet gaan, sukkel ook met die newe-effekte wat aan hierdie behandelings verbonde is, asook dit wat deur die operasie self veroorsaak word. Daarom is dit belangrik om wenke te gee om hierdie pasiënte op ’n praktiese en psigososiale wyse te ondersteun.”   

Praktiese en Psigiese Ondersteuning

“Vroue moet essensiële items pak voordat hulle hospitaal toe gaan en moet behoorlik voorbereid wees vir dit wat tydens die operasie gaan gebeur. Dis belangrik dat hulle dit met hul mediese span bespreek. Hulle kan ook reëlings tref om hul plek tuis vir die herstel na die operasie voor te berei. Na die operasie, is dit nuttig as vroue weet hoe om die mees algemene newe-effekte van die operasie te hanteer,” sê Vlooi Venter, KANSA se Nasionale Opleiding- en Kliniese Verpleegspesialis.   

KANSA bied gratis kliniese advies aan pasiënte oor hoe om die newe-effekte van behandeling en pynbeheer te hanteer, bekostigbare opsies vir borsprostese, limfedeem-kledingstukke, pruike en hoofbedekkings, alles via hulle Sorgsentrums beskikbaar. Pasiënte wat vêr van behandelingsentrums af woon kan by Sorgtuistes tuisgaan terwyl hulle behandeling ontvang. 

Pasiënte kan ook voordeel trek uit berading of deur met ander borskanker-oorwinnaars kontak te maak. Die KANSA Teleberadingsdiens is

Linah Makoena

gratis, met berading wat in sewe tale aangebied word. Daar is ook baie ondersteuningsgroepe (in-persoon; WhatsApp en Facebook). Pasiënte met metastatiese borskanker kan op iSurvivor MBC vir ondersteunende e-posse inteken. 

Borskanker-oorwinnaar Linah Makoena deel hoe sy gevoel het nadat haar bors verwyder was, “Die operasie het regtig my selfvertroue geaffekteer. Ek het voorheen bloese met deurskynende gedeeltes gedra, maar nou dra ek groot bloese om my voorkoms weg te steek. Ek is altyd van die ‘valse’ bors bewus en bekommer my dat dit dalk geskuif het. Wanneer ek in die spieël kyk, kan ek nie glo dat ek nou net een bors het nie. Ek het ’n groot letsel wat nie wil weggaan nie. Ek probeer om dinge een dag op ’n slag te neem… 

Yumna Booran

Yumna Booran, lewensafrigter en borskanker-oorwinnaar wat ’n mastektomie ondergaan het, deel, “Skryf help my om te genees. Ek het geskryf ‘Haar letsels vertel ’n storie, sy’s kankervry; haar liggaam, al het dit verander, is meer as genoeg, ’n simbool van moed, taaiheid en sterkte. Perfek op maniere wat sy nooit geken het nie, haar pragtige self, nou op ’n nuwe reis’. Om te teken en te krabbel help my ook om te ontspan.”  

KANSA moedig vroue aan om bors self-ondersoeke en siftingstoetse vir borskanker te prioritiseer. Vroeë opsporing verbeter die effektiwiteit van behandeling drasties en verhoog ook die kanse op herstel, veral vir diegene met ’n familiegeskiedenis van kanker. KANSA bied bekostigbare Kliniese Bors-ondersoeke by hulle Sorgsentrums aan om enige klonte of onreëlmatighede te identifiseer. Pasiënte met mediese fonds kan na betaling die koste van hulle mediese fonds terug eis.

Boonop bied publieke gesondheidsklinieke gratis kliniese bors-ondersoeke aan. 

Vrouens kan toegang tot mammogramme kry by die publieke hospitale se borsklinieke, met ’n verwysingsbrief van ’n dokter of ’n KANSA-verpleegster. Alternatiewelik kan hulle die Radiologiese Vereniging van SA (RSSA) by www.rssa.co.za kontak om ’n mammogram te reël. Vroue ouer as 40 word aangeraai om jaarliks getoets te word. 

Sien ons Infografiek en PPT m.b.t. Vrouekankers in SA.

In Oktober, hou KANSA geleenthede om fondse vir hulle Vrouegesondheidsbewusmakingsveldtog in te samel, om sodoende te verseker dat siftingstoetse en dienste bekostigbaar bly. Ondersteun hulle deur ’n ‘Doek with a Difference’ of oorbelle te koop, of aan die Pink Trees for Paulineveldtog by plaaslike KANSA Sorgsentrums deel te neem. Hou ’n Cuppa for CANSA-geleentheid of woon een by of selfs een van die KANSA Tee-geleenthede. Vir meer inligting, e-pos info@cansa.org.za of maak ’n donasie op KANSA se veilige aanlyn platforms. 

  1. CANSA Fact Sheet and Position Statement Breast Cancer (females) NCR 2022 
  2. Breast Cancer Surgery – Cleveland Clinic 

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: