Beskerm Jou Belange Wanneer Jy Donasies Maak
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) waardeer en wil ons ondersteuners beskerm, daarom doen ons ‘n beroep op die publiek om te alle tye bewus te wees van swendelaars wat moontlik poog om organisasies soos KANSA na te boots en voordeel te probeer trek uit guns teenoor mense wat deur kanker geraak word.
Elize Joubert, KANSA HUB sê: “Die probleem is dat swendelaars op ‘n hoogs oortuigende manier hulself as wettige organisasies voordoen, byvoorbeeld deur gebruik te maak van nie-amptelike webwerwe, sosiale media, aanlyn donasie blaaie of direkte pos, deur organisasie handelsmerke na te maak. Dit is belangrik dat die publiek KANSA se fondsinsameling projekte op ons amptelike webwerf verifieer https://cansa.org.za, of deur direk kontak te maak met die naaste KANSA Sorgsentrum. Ons beveel ook aan dat KANSA vrywilligers geverifieer word by die KANSA Sorgsentrum waar hul geaffilieer is.
Hier volg ‘n paar waarskuwingstekens om van kennis te neem en stappe om seker te maak dat jy wettiglik aan KANSA gee:
KANSA sal slegs jou persoonlike en finansiële details, soos ID nommer, geboortedatum of bankrekeningnommer, vra as ons ‘n debietorder moet instel deur die telebemarkingspan of as jy gevra word om die debietordervorm in te vul.
Moet nooit onder druk voel om onmiddellik ‘n donasie te maak nie. Ons verwelkom jou donasie wanneer dit jou pas om te gee. Indien jy onseker voel, verifieër eers en maak dan ‘n donasie.
Geheimsinnigheid – swendelaars is nie heeltemal seker of duidelik oor hoe jou donasie aangewend word nie. KANSA is deursigtig oor hoe ons geld gebruik word.
Indien jy ‘n oproep ontvang wat jou bedank vir ‘n donasie, maar jy onthou nie dat jy dit gemaak het nie, dan kan dit ‘n swendelaar wees wat jou wil mislei om wel ‘n donasie te maak. KANSA doen wel Telebemarking, maar as jy ongemaklik voel, meld asseblief die voorval aan by info@cansa.org.za. Maak notas met wie jy gepraat het, wanneer en van watter telefoonnommer jy die oproep ontvang het.
Neem kennis van ons amptelike fondsinsamelingsprojekte en Act4CANSA initiatief en gebruik wettige en veilige metodes om betalings aan KANSA te maak – sien ons persoonlike donasieblad, wenslys, aanlyn fondsinsameling en KANSA Sorgsentra bank details op ons amptelike webwerf.
Moet nooit op skakels druk van onbekende eposadresse, Facebook, Twitter, Instagram of WhatsApp fondsinsameling boodskappe nie, dit kan wan-sagteware op jou rekenaar oopmaak. Maak altyd seker dat jy op skakels druk wat van ons amptelike KANSA sosiale network platforms kom – sien KANSA Webwerf.
Maak altyd seker dat aanlyn fondsinsamelingsprojekte vir KANSA wettig is en nie ‘n swendelaar bevoordeel nie. KANSA maak gebruik van die GivenGain, BackaBuddy, Forgood, Quicket and Payfast platforms om fondse in te samel. Verifieer elke profiel / projek om seker te maak dat fondse na KANSA gaan en nie na ‘n individu nie.
“Aan die einde van die dag wil ons verseker dat die fondse wat jy gee, wel die beoogde doel bereik – om dié wat deur kanker geaffekteer word te ondersteun deur KANSA se sorg- en ondersteuningsprogramme. Ons moedig jou aan om paraat te wees en enige aktiwiteit wat agterdog wek by info@cansa.org.za aan te meld,” sluit Joubert af.
(Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan: lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of sel 082 459 5230.)
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: