The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Ons Plaas die Sorg in KANSA Sorgmaand

English Media Release

25 Julie 2023 – Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) vier gedurende Augustus KANSA se ondersteuningsaanbiedinge van praktiese en psigososiale versorging en ondersteuning aan kankeroorwinnaars (pasiënte en dié wat in remissie is) asook hulle geliefdes en versorgers om hulle fisies en emosioneel te ondersteun.

#CANSACares #CANSACareAndSupport

Gerda Strauss, KANSA se hoof van Dienslewering, verduidelik, “KANSA is toegewyd om diegene wat deur kanker geaffekteer word in hulle gemeenskappe te ondersteun, om sodoende te verseker dat hulle dit nie alleen hoef aan te pak nie en dat hulle die nodige kennis en hulpbronne kry om probleme die hoof te bied terwyl hulle met kanker saamleef.”

“Ons is opgewonde om ons wonderlike nuwe inisiatief aan te kondig, naamlik KANSA se Inligtings- en Ondersteuningstoonbanke by sommige openbare hospitale. Dit word deur personeel en opgeleide vrywilligers behartig, en verskaf inligting aan pasiënte en verwys hulle ook na ondersteuningsgroepe, Teleberading, kliniese berading en ander dienste,” voeg Strauss by.

KANSA het tans Inligtings- en Ondersteuningstoonbanke by Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg, Inkosi Albert Luthuli Akademiese Hospitaal in Durban en Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. KANSA het ook goedkeuring gekry om hierdie diens by Klerksdorp Hospitaal en die Universitas Hospitaal in die Vrystaat aan te bied, en hulle hoop om binnekort na ander dele van die land uit te brei.

KANSA het verder ’n reeks ‘Verwerking van Kanker’-plakkate ontwikkel wat deur Pfizer geborg word. Dit sal binnekort by die Inligtings- en Ondersteuningstoonbanke, die onkologie-eenhede van openbare hospitale, openbare klinieke en KANSA Sorgsentrums regoor Suid-Afrika versprei word. Dit is beskikbaar in English Afrikaans | seSotho | seTswana | isiXhosa | isiZulu.

Die plakkate verskaf inligting oor hoe om die newe-effekte van behandeling te hanteer, hoe om na behandeling aan te pas, algemene emosies wat kankerpasiënte ervaar, die hantering van pyn, die impak van kankerbehandeling op intimiteit, en hoe om die immuunstelsel te beskerm.

Dr. Duvern Ramiah, kliniese en akademiese afdelingshoof van bestralingsterapie en onkologie by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg, sê “KANSA lewer ’n ongelooflike diens aan die onkologie-bestralingspasiënte by Charlotte Maxeke. Hulle Inligtings- en Ondersteuningstoonbank by die eenheid gee aan ons pasiënte die nodige praktiese en sielkundige ondersteuning om die tol wat die siekte self asook die behandeling van hulle eis, te hanteer.”

Laai Skyfievertoning af (PDF)

“Ons bied steeds gratis emosionele ondersteuning aan pasiënte, versorgers, en geliefdes deur middel van ’n Teleberadingsdiens (beskikbaar in sewe tale), ’n verskeidenheid ondersteuningsgroepe en Facebook-ondersteuningsgroepe. Gratis aanlyn ondersteuningshulpbronne is ook op die KANSA-webwerf beskikbaar,” verduidelik Strauss.

KANSA se kliniese spesialis-verpleegkundiges gee ook steeds gratis advies aan pasiënte en versorgers aangaande die newe-effekte van die tipes kanker, behandeling, voeding, die hanteer van pyn en palliatiewe sorg. Hulle reël boonop Stoma-teleberading vir pasiënte aan wat dit moeilik vind om aan ’n stoma gewoond te raak of ander probleme met die stoma ervaar. Stoma-produkte is ook vir pasiënte deur Stoma-klinieke beskikbaar.

Sekere KANSA Sorgsentrums bied ook dienste aan soos die verhuur van mediese toerusting, bors-prostese en bra’s, limfedeem-kledingstukke, pruike en hoofbedekkings, en inkontinensie-ondersteuning. KANSA se nasionale hulplyn bied aanlyn ondersteuning tolvry by 0800 22 66 22, per e-pos by info@cansa.org.za en ’n meertalige diens via WhatsApp by 072 197 9305 in Afrikaans en Engels, en by 071 867 3530 in isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho en Setswana.

(Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan: lbalona@cansa.org.za – skakel 011 616 7662 of sel 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: