Kies om te BEWEEG
26 March 2019 – KANSA moedig almal aan om te kies om genoegsame fisiese aktiwiteit te beoefen as deel van die 365 Dae Gesondheid Uitdaging wat ‘n aanvang geneem het op Wêreldkankerdag. Die inisiatief bevorder ook persoonlike toewyding tot die #IAmAndIWill verlaag my kankerrisiko tema. Navorsing dui daarop dat gereelde fisiese oefening in kombinasie met ‘n gesonde dieet en voedsame kos en drankies kan help om die risiko vir kanker en nie-oordraagbare siektes soos hartsiektes, beroerte en diabetes te verminder.
Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Dit is baie kommerwekkend dat navorsing gedoen oor die laaste 15 jaar in Suid Afrika, hoë vlakke van fisiese onaktiwiteit oor die lewensduur aandui.” ’n Onlangse studie het bevind dat slegs 57% van kinders ouderdom 8-14 jaar matig akief is terwyl 31% nie aan die aanbevole norme van matig tot strawwe fisiese aktiwiteit voldoen nie. Dis ‘n feit dat fisiese onaktiwiteit die vierde hoofoorsaak is van sterftes wêreldwyd. Fisiese aktiwiteit neig om af te neem met ouderdom, en dit word aangedui in ander studies met tieners en jong volwassenes, sowel as ouer volwassenes in Suid-Afrika. Selfs meer kommerwekkend is die feit dat fisiese onaktiwiteit geassosieër word met kolon- en borskanker.
KANSA moedig die publiek aan om die groen “Stap” voetganger verkeerslig te gebruik as ‘n herinnering om aan te hou beweeg. Fisiese onaktiwiteit speel ‘n groot rol in die beheer van jou liggaamsmassa en kan indirek tot obesiteit lei wat weer verband hou met sekere kankers (wat 40% van alle gediagnoseerde kankers insluit). Onaktiwiteit en obesiteit dra ook by tot die vermeerdering van gesondheidkostes. Fisiese aktiwiteit verminder die risiko vir kolorektale-, bors- en endometriale kanker. Obesiteit in kinders word verbind met ‘n groter kans vir langdurige obesiteit, voortydige dood en ongeskiktheid as volwassenes. Ouers en voogde moet verantwoordelikheid aanvaar en toesien dat kinders fisiese oefening kry en hulle moet slim keuses maak oor watter kossoorte en drankies obesiteit sal bevorder en watter nie.”
Die doel van die veldtog is om fisiese aktiwiteit te inkorporeer met daaglikse roetines – dit sluit in aktiwiteite wat verband hou met sportsoorte of gesondheidswelsyn aktiwiteite soos loop of draf. Deur aktief te bly wees kan vir kankeroorwinnaars help om moegheid, depressie en hartskade teë te werk.
“Ondersteun asseblief KANSA se bewusmaking van fisiese aktiwiteit en deelname aan sport deur deel te neem aan ons KANSA Aktief program. Dit samel fondse in vir bewusmaking oor die handhawing van ‘n gebalanseerde leefstyl, deelname aan sport, veiligheid in die son sowel as die verskaffing van opvoeding rakende alle aspekte van kanker en deur KANSA se bemoediging om ‘n gesonde dieet te volg en om goeie keuses oor jou leefstyl te maak. Werkplekke en die korporatiewe wêreld kan deelneem aan die Fit4Good Planet Fitness Kankeruitdaging en spanne kan inskryf om te hardloop of om teenmekaar op fietse te ry,” voeg Joubert by.
#StartWhereYouAre
- Maak die besluit en maak seker jy is elke dag aktief.
- Bespreek jou oefenprogram en dieet met ‘n geregistreerde gesondheidpraktisyn voordat jy daarmee begin, veral as jy vir ‘n lang tyd onaktief was of as jy ‘n bestaande mediese toestand het.
- Kies bewegings wat jy geniet om te doen en wat jou hart vinniger laat klop.
- Kies ‘n praktiese tyd om elke dag jou oefeninge te doen. Maak seker dit pas in jou skedule.
- Wees op die uitkyk vir geleenthede om te kan beweeg in jou alledaagse lewe. Kies byvoorbeeld om eerder die trappe op te stap as om in die hysbak/roltrap te ry. Loop werk of kafee toe eerder as om te ry as jy kan. Dra jou sakke kruideniersware eerder as om dit in ‘n trollie te stoot na jou kar toe. As jy die hele dag by ‘n lessenaar sit en werk, staan gereeld op en strek jou spiere. Maak self jou tuin en huis skoon, ens.
- Besluit hoe lank jy elke dag wil oefen en besluit watter soort oefeninge jy wil doen. Maak seker dat die oefeninge wat jy wil doen vir jou moontlik is in jou huidige graad van fiksheid. Doen stadig maar seker strawwer en moeiliker oefeninge soos jy fikser en fikser word. Verleng jou oefensessies en opgradeer die moeilikheidsgraad van jou oefeninge. Begin deur stadige oefeninge te doen, verander dan na matige oefensessies en probeer strewe om ‘n strawwe oefensessie te volg (dit is as jy dit geniet en jy sterk voel). Jou einddoel behoort so te lyk: 30 minute se matige* oefensessies vyf keer per week vir volwassenes of 60 minute matige tot strawwe* oefensessies daagliks (kinders en tieners).
- As dit vir jou moeilik is om alleen oefeninge te doen, vra vriende, lede van die gemeenskap, kollegas of jou gesinslede om saam met jou te oefen. Sluit aan en neem deel aan gemeenskapsessies of oefensessies soos jou plaaslike parkrun, Run Walk for Life, klim berg, gaan swem, speel rolbal of sluit aan by ‘n dansklub.
- Motiveer jouself om jou daaglikse fisiese aktiwiteite ‘n deel van jou lewe te maak en daag jou gesinslede uit om dit saam met jou te doen.
* Voorbeelde van matige oefeninge sluit in: vinnig stap, stadig fietsry en tuinwerk. Voorbeelde van strawwe oefensessies is om vinnig en ver te hardloop/fiets te ry of om aan kompeterende sport deel te neem.
Kry meer inligting oor hoe om ‘n gebalanseerde lewenstyl te handhaaf op KANSA se webwerf
#IAmAndIWill #ChooseToMove #LowerCancerRisk #CANSAactive
Vir meer inligting kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: