The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

KANSA Stel ’n Addisionele Ondersteuningsdiens Bekend vir Kinders met Kanker

English Media Release

7 Februarie 2024 – “Ouers en voogde van kinders met kanker moet ’n lang en moeilike paadjie loop, van diagnose tot herstel,” sê  Anina Meiring, die Nasionale Bestuurder: Kankerdienste vir kinders, by KANSA.

#CANSATLC #ChildhoodCancer #CANSACares

“Behalwe dat hulle emosionele steunpilare vir hul kinders moet wees, moet hulle ook die behandelingsplan verstaan en maniere vind waarop die kinders hierdie moeilike tyd kan hanteer,” sê sy.

Internasionale Kinderkankerdag vind in Februarie plaas en die kollig is juis op hierdie uitdagings. KANSA verstaan dat dit vir ’n ouer van ’n kind met kanker ’n baie moeilike en oorweldigende tyd kan wees. Nadat ’n kind ’n kankerdiagnose ontvang het, moet ouers die behandelingsplan verstaan asook die moontlike impak wat dit op die kind se daaglikse lewe en familie kan hê. Dit kan hulle help om die situasie beter te hanteer en vir die toekoms te beplan.

’n Ma wat onlangs gehelp was sê, “Dit het my baie gehelp toe die behandelingspan die kankerbehandeling op ’n verstaanbare manier aan my verduidelik het. Ek moes leer om vir hulp te vra, wat ek veral van KANSA TLC (Tough Living with Cancer) ontvang. Dis ook belangrik om na jouself te kyk. Dis belangrik om jouself soms te bederf, al is dit net vir ’n kort tydjie.”

Nuwe Aanlyn Diens

Omdat KANSA weet hoe oorweldigend dit kan wees om ’n kind se kankerdiagnose te ontvang, het hulle addisionele ondersteuning bekend gestel deur hul TLC-program. Die aanlyn program, wat ’n nominale R270 kos, fokus op brein-profielsamestelling en is gemik op kinders tussen vier en nege jaar oud wat met kanker gediagnoseer is.

“Brein-profielsamestelling gee begrip aan ouers en voogde oor die kind se denkvoorkeure, besluitnemingsprosesse, kommunikasiestyl en benadering ten opsigte van verhoudings bou,” verduidelik Meiring. “Die resultate van die aanlyn assessering verskaf insigte oor waarom die kind anders kan kommunikeer, speel en leer.”

Hierdie insigte sal help om ouers en voogde se konneksie met hulle kinders te verbeter en hulle welstand tydens die kanker-ervaring te ondersteun. 

So Werk Dit

Ouers en voogde wat belangstel, kan na www.quicket.co.za/events/251254-cansa-tlc-brain-profiling-service/ gaan en op die veilige platform vir die brein-profielsamestelling betaal. Vyf dae nadat hulle die aanlyn assessering voltooi het, sal hulle ’n gedetailleerde verslag ontvang wat die jong pasiënt se unieke denkvoorkeure en kommunikasiestyl beskryf. Dit is ’n nie-indringende en nie-bedreigende proses wat hulle in die gemak van hulle eie huis kan voltooi. Die insigte wat die program lewer sal hulle en die jong kankerpasiënt bemagtig om op pad na herstel te floreer.

Meiring voeg by, “Dis natuurlik vir ouers en voogde om oorweldig te voel wanneer hulle uitvind dat hulle kind kanker het, asook deur die behandelingsopsies en prosedures wat betrokke is. Met die regte ondersteuning en leiding, kan ouers en voogde egter hierdie moeilike tyd hanteer en vir hul kind die sorg en liefde gee wat hulle nodig het. Deur sterk te staan, kan ouers hoop aan hulle kind en familie bring en hulle ook bemoedig.”

KANSA se TLC-program bied verskeie dienste en aanbiedinge vir kinders met kanker en hulle ouers/voogde en families, wat hulle help met die uitdagings van hierdie gevreesde siekte. Dit sluit in fisiese, spirituele, sielkundige, sosiale en algemene welstand-metodes en ondersteuning. Vind meer uit by https://cansa.org.za/how-referrals-to-cansa-tlc-work/

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA, per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: