KANSA en SACRS stel Kolorektale Kanker Bewusmaking en Ondersteuning Bekend
7 April 2021 – KANSA in vennootskap met die South African Colorectal Society (SACRS) stel sy Kolorektale Kanker Bewusmakings- en Ondersteuningsprogram bekend ter ondersteuning van Wêreld Gesondheidsdag op 7 April 2021. As gevolg van COVID-19 is siftingstoetse en behandeling vertraag, maar KANSA moedig almal aan om hul gesondheid te prioritiseer.
#LowerCancerRisk #ColorectalCancer #ActiveBalancedLifestyle #CANSAscreening #CANSAcares #WorldHealthDay
Elize Joubert, KANSA se hoof uitvoerende beampte sê, “Kolorektale kanker affekteer mans en vroue in Suid-Afrika aansienlik. Dis die tweede mees algemene kanker onder mans en die derde mees algemene kanker onder vroue (volgens die Nasionale Kanker Register 2017). Ongelukkig word die simptome van kolorektale kanker nie altyd erken vir wat dit werklik is nie. Dit lei tot verkeerde diagnose en ’n meer gevorderde fase van kanker. Ons Kolorektale Kanker Bewusmakings- en Ondersteuningsprogram sal mense help om die tekens van kolorektale kanker te herken, hul kennis rondom siftingstoets-opsies uit te brei om vroeë opsporing te fasiliteer, en mik daarna om die risiko van kolorektale kanker te verlaag. Ons hoop ook om pasiënte met kolorektale kanker te ondersteun sodat hulle die diagnose en behandeling beter kan hanteer, deur ondersteuningshulpbronne regdeur die jaar bekend te stel. Die doel van die hulpbronne is om hulle te help om publieke- en private gesondheidsondersteuningsdienste beter te verstaan en daartoe toegang te kry, en ook om te help met pynbeheer, stoma-produkte en -sorg.”
KANSA en die SACRS sal ook by beleidsbepalers voorspraak maak vir ’n Nasionale Kolorektale Kanker-beleid. Hierdie beleid moet die regte van pasiënte met kolorektale kanker bevorder; bevolkingsgebaseerde siftingstoetse lei; asook publieke gesondheidsdienste wat met risikovermindering, behandeling, sorg, ondersteuning en die beheer van kolorektale kanker verwant hou.
Dr Adam Boutal, hoof van kolorektale sjirurgie by Groote Schuur Hospitaal en President van die SACRS sê, “Die SACRC sien uit na die vennootskap met KANSA soos dit die kolorektale veldtog bekend stel. Vroeë diagnose van kolorektale kanker verbeter die kanse op oorlewing en toenemende bewusmaking en opvoeding rondom kolorektale kanker is krities om dit te bereik.”
KANSA Stoma-ondersteuning
In sommige gevalle moet ’n gedeelte van kolorektale kanker-pasiënte se ingewande en / of kolon verwyder word, wat beteken dat hulle dan ’n permanente stoma het. ’n Stoma is ’n opening op die buik wat tot die spysvertering- of urinestelsel verbind kan wees sodat gifstowwe uit die liggaam verwyder kan word. Dit kan ’n rukkie neem vir ’n pasiënt om aan ’n stoma gewoond te raak, daarom is dit belangrik om ondersteuning by KANSA te kry.
KANSA se stoma-dienste bied uitstekende stoma-produkte en -bykomstighede, asook ondersteuning vir pasiënte aan. Ons het onlangs die KANSA Stoma Tele-ondersteuningsdiens bekend gestel. Dit bied aanlyn konsultasies vir stoma-pasiënte en hul families om te help met uitdagings of navrae oor stoma,” voeg Joubert by.
’n Stoma-pasiënt in ’n afgeleë area het onlangs haar dank betuig nadat sy deur die KANSA Stoma Tele-ondersteuningsdiens advies gekry het oor hoe om die stoma-sak om te ruil. Sy het ook raad ontvang oor hoe om die newe-effekte van behandeling te hanteer. “Julle het my werklik gehelp. Ek het niks geweet nie en die konsultasie het my baie gehelp. Nou weet ek ten minste hoe om iets te doen en as ek hulp benodig, kan ek julle vra. Ek weet nou ook wat om te doen as ek ’n uitslag kry.”
Simptome
Dis belangrik om KANSA te kontak of na ’n plaaslike kliniek of dokter toe te gaan sodat hulle die simptome kan ondersoek. Simptome van kolorektale kanker kan soos volg voorkom: ’n volgehoue verandering in opelyf-gewoontes (insluitend diarree of hardlywigheid of ’n verandering in die vastheid van die ontlasting); die bloei van die rektum of bloed in die ontlasting; volgehoue abdominale ongemak (krampe, winde of pyn); ’n gevoel dat die ingewande nie heeltemal leeg word nie; swakheid of moegheid; of gewigsverlies sonder verduideliking.
Siftingstoetse
Deur die aanwesigheid van bloed in die ontlasting te identifiseer, kan kolorektale kanker vroeg opgespoor word. KANSA bied fekale okkult tuistoetse aan (teen R100), wat tuis gedoen kan word. Indien die toets positief is (sigbare rooi lyn op die toetsstrepie) vir die aanwesigheid van bloed in die ontlasting, gee KANSA ’n verwysingsbrief vir ’n kolonoskopie.
‘n Koloskopie in simptomatiese pasiënte of pasiënte oor die ouderdom van 50, kan voor-kankeragtige poliepe in die ingewande opspoor. Wanneer hierdie poliepe verwyder word kan die kanse vir kolorektale kanker dramaties verminder word.
KANSA bied ’n aanlyn Leefstyl Risikobepalingsinstrument aan, wat help om leefstylfaktore te identifiseer wat die risiko van kanker kan verhoog. Dit gee dan aanbevelings vir hoe om die gedrag te verander om die kankerrisiko te verlaag. Dit kan ook by KANSA Sorgsentrums gedoen word.
(Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan: lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of sel 082 459 5230.)
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: