The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Gee 67 minute van Hoop: Ondersteun KANSA Liefdadigheidswinkels hierdie Mandeladag 

English Media Release 

Terwyl Suid-Afrikaners voorberei om die nalatenskap van Nelson Mandela op 18 Julie te vereer, doen die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) ‘n beroep op die publiek om hul 67 Minute te laat tel deur KANSA se liefdadigheidswinkels regoor die land te ondersteun.  

Hierdie Mandelamaand nooi KANSA individue, gesinne, skole, besighede en gemeenskapsgroepe uit om deel te neem aan die ’67 Minute vir KANSA’-veldtog deur kwaliteit goedere (soos klere – veral mans- en kinderklere, huishoudelike items, boeke, werkende toestelle of opvou tafels) te skenk, vrywilligerstyd te gee om voorraad te help sorteer en organiseer en inkopies by KANSA Liefdadigheidswinkels om ‘n betekenisvolle saak te ondersteun.  

KANSA Liefdadigheidswinkels is geleë in Pretoria (Gauteng); Mbombela (Mpumalanga); Durban (KwaZulu-Natal); Bloemfontein (Vrystaat) en George (Wes-Kaap). 

“Ons KANSA Liefdadigheidswinkels is meer as net plekke om te koop of te skenk – dit is reddingsboeie,” sê Makoma Raolane, KANSA Volhoubaarheidsbestuurder.  

“Die fondse wat deur hierdie winkels ingesamel word, ondersteun KANSA se sorg- en ondersteuningsprogramme vir kankerpasiënte en hul gesinne direk. Deur te skenk of inkopies te doen, help jy ons om vervoer en verblyf te bied aan ons kanker pasiente wat by ons KANSA Sorgtuistes bly tydens behandeling, asook gratis berading en noodsaaklike ondersteuning te bied aan diegene wat kanker beveg.”  

Suid-Afrikaners word aangemoedig om die 67 Minute vir KANSA-uitdaging aan te pak as ‘n manier om terug te gee en in solidariteit met kankerpasiënte te staan. Elke skenking, uur van vrywilligerswerk of aankoop dra by tot die skep van ‘n sorgsame en veerkragtige gemeenskap.  

“Dit is ‘n eenvoudige dog kragtige manier vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika om betrokke te raak. Jy kan ‘n verskil maak deur jou kaste skoon te maak, jou tyd vrywillig aan te bied, of te kies om tweedehands, met ‘n doel, te koop,” voeg Raolane by.  

Hoe om betrokke te raak: 

  • Laai skenkings af by jou naaste KANSA Liefdadigheidswinkel 
  • Reël ‘n skenkingsveldtog by jou werkplek, skool of gemeenskapsorganisasie 
  • Doen vrywilligerswerk op of om Mandeladag om in die winkel te help 
  • Deel die veldtog op sosiale media en moedig ander aan om te ondersteun

 

“Miskien werk jy voltyds en kan jy nie van jou tyd gee om te help met die Liefdadigheidswinkel projek nie, dan ons nooi jou uit om ‘n aanlyn skenking te maak vir die instandhouding van ons KANSA dienste om te verseker dat ons kan voortgaan om sorg en ondersteuning te verskaf.  

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

Media Queries

How Can CANSA Improve its Service

About Us | Get in Touch

Sign up to receive news and updates:

Sign up for our eNewsletter
– stay updated on: