The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Wêreld Kankerdag-veldtog ‘In Uniekheid Verenig’ 

English Media Release

21 Januarie 2025KANSA beklemtoon Wêreld Kankerdag wat jaarliks op 4 Februarie gevier word. Die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (UICC) is aan die stuur van sake, en die nuwe Wêreld Kankerdag veldtog-tema vir 2025-2027 is ‘Verenig in Uniekheid’ (‘United by Unique’).” Dit vra vir ’n fundamentele verandering in kankersorg en gesondheidstelsels wêreldwyd, na ’n mens-gesentreerde benadering.  

Die veldtog herken dat elke ervaring met kanker uniek is, en dat almal unieke behoeftes en perspektiewe het, asook ’n storie het om te vertel. Tog deel mense wat deur kanker geraak word ’n ambisie om te sien dat regerings beleid implementeer om kankervoorkoming te verbeter, en gesondheidstelsels voorsien wat pasiënte met kanker effektief en suksesvol behandel, sodat meer mense kanker kan oorwin en langer, gesonder lewens kan lei.   

 

Kanker is ’n groot en groeiende openbare gesondheidsprobleem wêreldwyd. In 2022 was daar ongeveer 20 miljoen nuwe gevalle van kanker, en 9.7 miljoen sterftes as gevolg van die siekte. Omtrent 1 in 5 persone ontwikkel kanker in hulle leeftyd en elkeen wat daardeur geaffekteer word, se ervaring sal anders wees.*  

Elize Joubert, KANSA se Uitvoerende Hoof, sê, “In Suid-Afrika, met ongeveer 60 miljoen mense, word daar voorspel dat die kanker-insidensie teen 2030 gaan verdubbel. Dit word voorspel dat daar dan ’n insidensie van 220 000 nuwe gevalle sal wees. Dit is as gevolg van die toename in die ouderdom-spesifieke voorkoms-syfer van kanker, asook die groei en veroudering van die Suid-Afrikaanse bevolking.”**  

Kanker bevat nie net 200 tipes siektes wat spesifieke behandeling benodig nie, maar elke persoon se omstandighede is ook anders, in terme van hulle sosio-ekonomiese agtergrond, waardes en voorkeure. Om hierdie verskille beter aan te spreek, fokus mens-gesentreerde sorg op individue en gemeenskappe, in plaas van net op die siekte. Dit stel mense in staat om ’n meer aktiewe rol in hulle eie gesondheid te speel. Diegene wat deur kanker geraak word verenig in ’n gedeelde ambisie om die kankerlas te verlaag, om te sien dat kanker suksesvol behandel word, en om beter lewens te lei met kanker.  

Joubert voeg by, “Om kankersorg in Suid-Afrika te verbeter, kan gesondheidsorgverskaffers sensitief wees teenoor pasiënte se persepsies. Hulle kan ook mense oor kanker en behandeling opvoed. ’n Mens-gesentreerde benadering lei tot verbeterde welstand vir pasiënte, ’n hoër kwaliteit van sorg en meer vertroue in gesondheidsorgverskaffers. Dit veroorsaak meer tevredenheid onder pasiënte en families, en verbeter ook gesondheidsgelykheid en die algemene effektiwiteit van gesondheidsorgstelsels. Kanker is steeds ’n taboe-gesprek in sommige kulture en is universeel vir baie van ons steeds moeilik en ongemaklik. Om openlik oor kanker te praat skep egter bewusmaking, verbeter resultate en kan ook lewens red.”  

“Deur die behoeftes en voorkeure van individue en gemeenskappe te verstaan en dit in die lewering van gesondheidsorg te integreer, kan gesondheidstelsels meer regverdige toegang tot sorg bied, in lae- sowel as hoë-inkomste gebiede. Dis belangrik dat mense wat met kanker saamleef voel dat hulle gesien, gehoor en bemagtig word,” sê dokter Cary Adams, Uitvoerende Hoof van UICC.   

Stories Dra Krag

Op Wêreld Kankerdag, het almal die vermoë om ’n positiewe impak te maak. KANSA slaan ag op UICC se uitnodiging en vra individue van oral in die samelewing om hulle persoonlike kankerstories te deel deur skryfwerk, kuns of deur ’n video op Deel jou storie | Wêreld Kankerdag te plaas. Nes mens-gesentreerde sorg beoog om die persoon agter die siekte raak te sien, beoog die veldtog om regte stories met unieke perspektiewe ten toon te stel.   

“Geen twee kanker-ervarings is dieselfde nie. Hetsy jy met kanker saamleef, ’n geliefde, ’n versorger, ’n mediese praktisyn, ’n ondersteuner of voorstander is, jy besit iets belangrik: ’n unieke perspektief. Wanneer jy jou mening deel, bring jy waardevolle insigte en menslikheid tot die gesprek. Jou storie kan inlig, aanwakker en inspireer,” sê Joubert.  

Vir iemand wat met kanker gediagnoseer word, kan vriende, familie en kollegas ’n belangrike rol speel in terme van emosionele, sosiale en praktiese ondersteuning. KANSA het ’n lys met wenke en riglyne oor hoe om diegene wat met kanker saamleef, te ondersteun.   

KANSA is toegewyd om deur middel van verskeie platforms, omvattende ondersteuning aan kankeroorwinnaars en versorgers te bied. Ondersteuningsgroepe is op Facebook en ander sosiale media-kanale aktief, en sorg sodoende dat hulp maklik verkrygbaar is. KANSA se Sorgsentrums bied ook in-persoon ondersteuning vir diegene wat dit benodig. Vir persoonlike hulp, is KANSA se Teleberadingsdiens beskikbaar – dis ’n vertroulike en professionele diens wat kankerpasiënte, versorgers en hulle families met ervare KANSA-beraders in kontak bring. Hierdie belangrike ondersteuning is gratis en in sewe tale beskikbaar, en sorg dat almal toegang het tot die sorg wat hulle benodig.  

Kyk hier na ons veldtogplakkate in Engels, Afrikaans, isiXhosa, isiZulu en seSotho

*https://gco.iarc.fr/today/en 

**Percept-report-on-the-Cost-of-Cancer-in-South-Africa-v1.pdf 

Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.) 

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: