The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

KANSA loods Eerste Vrywilligersdag ooit om toegewyde vrywilligers te vereer

English Media Release

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) is trots om die bekendstelling van sy heel eerste KANSA Vrywilligersdag aan te kondig – 26 Julie 2025, wat vorentoe jaarliks in Julie gevier sal word. Hierdie nuwe tradisie is toegewy aan die verering van KANSA se ongelooflike vrywilligers wat onbaatsugtig diegene wat deur kanker geraak word, hul gesinne en gemeenskappe regoor Suid-Afrika dien.

Terwyl Internasionale Vrywilligersdag wêreldwyd in Desember herdenk word, het KANSA erken dat baie van sy vrywilligers gedurende hierdie tyd nie beskikbaar is nie. Gevolglik het KANSA in Julie sy eie viering gevestig om te verseker dat meer vrywilligers aan die feestelikhede kan deelneem en die erkenning kan ontvang wat hulle so ryklik verdien.

Vieringe sal regoor die land plaasvind, met streeksgeleenthede wat vrywilligers nooi om vermaak, inspirerende praatjies te geniet en met geskenksakkies bederf te word. Die meeste van hierdie vieringe is moontlik gemaak danksy die vrygewigheid van skenkers wat die geweldige waarde verstaan wat vrywilligers vir KANSA se missie bring.

Die tema vir die eerste KANSA Vrywilligersdag is ‘Verlig die Pad, Lei die Verandering’ – ‘n kragtige huldeblyk aan die vrywilligers wat die ekstra tree gee in hul diens.

“Ons vrywilligers is die hart van KANSA – hulle is instrumenteel in die werk wat ons doen,” sê Carien Hamman, Vrywilligersprogrambestuurder. “Hulle help nie net ons personeel nie – hulle neem die leiding in hul gemeenskappe, skep bewustheid, begin uitreikpogings en ondersteun kankerpasiënte met ongeëwenaarde deernis en toewyding. Hulle is ware baanbrekers.”

Nono Zwane, vrywilliger, getuig, “Vrywilligerswerk vir my is ‘n diep vervullende ervaring wat deernis, toewyding en gemeenskappe beliggaam. Om ‘n vrywilliger te wees, beteken om my tyd en energie te wy daaraan om individue en gesinne wat deur kanker geraak word, te ondersteun. Dit gaan daaroor om vriendelikheid, empatie en begrip te toon, en om saam te werk om bewustheid te skep, fondse in te samel en noodsaaklike dienste te lewer.”

“‘n KANSA Vrywilligersdag is ‘n viering van hierdie onbaatsugtige gees. Dit is ‘n dag om erkenning te gee aan die harde werk en toewyding van alle vrywilligers wat KANSA se missie onvermoeid ondersteun. Dit inspireer ons om voort te gaan met ons pogings en moedig ander aan om by hierdie belangrike saak aan te sluit,” sluit Zwane af.

Elise Fourie, kankeroorlewende en leiervrywilliger deel, “Ek is ‘n vrywilliger vir KANSA, want ek wil ‘n verskil maak. Maak nie saak hoe klein nie, ek weet wat ek doen het ‘n positiewe impak. Ek wil so lank as wat ek kan ‘n vrywilliger vir KANSA wees, want ek is dankbaar vir die geleentheid om te doen wat ek doen. By KANSA se Vrywilligersdag kan die vrywilligers mekaar ontmoet en hoor wat hulle doen. Dit is wonderlik dat die vrywilligers erken word vir hul bydrae.”

KANSA-vrywilligers bied kritieke ondersteuning in ‘n wye reeks rolle, insluitend: geselskap vir kankerpasiënte, fasilitering  van KANSA Inligtings- en Ondersteuningstoonbanke by openbare hospitale, die leiding van ondersteuningsgroepe, die bevordering van gesondheidsinligting in gemeenskappe, die ondersteuning van administratiewe funksies by KANSA Sorgsentrums en siftingsgeleenthede, die voltooiing van virtuele administratiewe take, bemarkings- en kommunikasiefunksies, die verkryging van nie-monetêre skenkings vir pasiënte en hulp met KANSA fondsinsamelingsinisiatiewe.

“Met die groeiende aantal kankerdiagnoses in ons land, neem die vraag na ons dienste toe,” voeg Hamman by. “Ons vasberade span personeel kan nie alleen in hierdie behoefte voorsien nie. Vrywilligers is ons ruggraat en lewensbloed – hulle brei ons reikwydte uit en bring hoop vir so baie.”

KANSA doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om by sy vrywilligersfamilie aan te sluit. As jy passievol is om ‘n verskil te maak in die stryd teen kanker, doen aansoek om ‘n KANSA vrywilliger te word deur ons webwerf te besoek by: https://cansa.org.za/become-a-volunteer/

Kom ons vier die onbaatsugtige helde wat die weg verlig en die verandering lei in die lewens van diegene wat deur kanker geraak word.

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

Media Queries

How Can CANSA Improve its Service

About Us | Get in Touch

Sign up to receive news and updates:

Sign up for our eNewsletter
– stay updated on: