DINK Voor Jy Eet en Drink
26 February 2019: KANSA bou voort op sy 365-Dae Gesondheidsuitdaging en moedig almal aan om slim te eet en te drink. Navorsing dui sterk daarop dat slim keuses oor voeding gekombineer met gereelde oefening ‘n positiewe effek kan hê, nie net op ‘n individu se welstand nie, maar ook op individuele kankerrisko. #BalancedLifestyle
Elize Joubert KANSA HUB, sê “Laat verkeersligte jou lei en daaraan herinner om slim, ingeligte besluite te neem wat jou só bemagtig om deur ‘n gebalanseerde leefstyl jou kankerrisiko te verlaag. Groen wys gaan daarvoor – probeer elke dag vyf tot sewe porsies nie-styselagtige groente en vrugte in seisoen te eet, sluit volgraan en minimaal geprosesseerde grane in as bronne van vesel (30g daagliks) en wees aktief en oefen gereeld. Oranje is ‘n waarskuwing om bewus te wees van eetgewoontes wat jou kankerrisiko kan beïnvloed. Vermy kos wat hoog is in kilojoules, suiker en/of vet wat, indien gereeld geëet, jou gewig kan laat optel. Sny die inname van geprosesseerde- en kitskos. Laastens, rooi lei jou om bewus te wees van die verhoogde kankerrisiko – beperk jou inname van rooivleis tot minder as drie porsies ‘n week, eet minder kossoorte wat met groot hoeveelhede sout gepreserveer is soos byvoorbeeld biltong, en vermy alkohol.” Sien Infografieke…
KANSA se Smart Choice program van goedkeuring is deel van ‘n voortdurende poging van KANSA om blootstelling aan karsinogene te verminder en ook om ander risikofaktore wat verband hou met die ontwikkeling van kanker te verlaag. Die CANSA en B-well Smart Choice kookboek is ‘n versameling resepte wat fokus op kankerrisikoverlaging. Die hoofstukke dek ontbyt, middagete, aandete en peuselhappies, sowel as ‘n vegetariese opsie in elke afdeling. Al die resepte is ontwikkel in konsultasie met Megan Pentz-Kluyts, KANSA se dieetkundige konsultant (geregistreerd), bekend vir haar kennis oor die rol wat voeding speel om by te dra tot die verlaging van kankerrisiko.
Faktore soos voeding en oefening beïnvloed biologiese prosesse asook kankers geassosieër met dieet. Hierdie word oor die algemeen gevind in die spysverteringstelsel wat die slukderm, maag en dermkanaal insluit. Swak eetgewoontes word verbind met verhoogde kankerrisiko en kan tot probleme met gewigsbeheer of obesiteit lei – wat weer positief dui op ‘n verhoogde risiko van 11 soorte kanker. Die Nasionale Kankerregister (2014) dui op ‘n bestendige toename in die aantal pasiënte gediagnoseer met kolorektale kanker – een van die top 4 in Suid-Afrika (velkankers uitgesluit).
“Drankies versoet met suiker asook alkoholiese drankies is hoog in kilojoules en by ‘n hoë inname hiervan kan dit gewigstoename of obesiteit bevorder wat weer kankerrisiko verhoog. In 2017 het KANSA voor die Parlementêre Gesondheidsportefeulje Komitee aangebied ter ondersteuning van die indirekte belasting op suikerversoete drankies en in 2018 was ons verlig om te sien dat hierdie gesondheidsbevorderingsmaatreël wel in plek gestel is,” voeg Jourbert by.
Volgens KANSA se dieetkundige konsultant (geregistreerd) Megan Pentz-Kluyts, “kan die kookproses tydens die voorbereiding van kossoorte chemikalieë vorm wat die risiko van kanker verder kan verhoog, veral wanneer vleis gebraai word om dit gaar te maak. Dit is ook belangrik om die inname van die hoeveelheid energie wat jy inneem, te balanseer met die hoeveelheid energie wat jy elke dag verbrand. Min oefening en obesiteit [‘n verhoogde Liggaamsmassa Indeks (LMI / BMI) asook ‘n vergrotende middellyfomtrek (meer as 80cm vir vroue en meer as 94cm vir mans)] is risikofaktore vir kanker.”
Besoek gerus die KANSA webwerf vir wenke oor slim, gebalanseerde voeding.
#IAmAndIWill #StartWhereYouAre #LowerCancerRisk
Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: