Die Impak van Borskanker op Geestesgesondheid
Borskanker affekteer baie Suid-Afrikaanse vroue en is die mees algemene kanker onder vroue in die land. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se hulp en ondersteuning is wel beskikbaar.
Om ’n kankerdiagnose te hanteer
Gretchen Minnaar, KANSA se Bestuurder van Dienslewering: Psigososiale ondersteuning, verduidelik, “Dit is nie malik om te hoor dat jy kanker het nie. Dit gaan nie net oor die liggaam nie, maar ook oor die verstand. Dit affekteer jou en jou familie se geestestoestand. Alhoewel borskanker nie noodwendig depressie veroorsaak nie, kan dit jou emosies affekteer soos jy die diagnose en behandeling moet hanteer. Sommige kan posttraumatiese stresversteuring ervaar, met tot 32% van borskankerpasiënte wat tekens hiervan toon.”
#BreastCancerAwareness #MentalHealthAwarenessMonth
“Chemoterapie kan dalk skielike persoonlikheidsveranderinge teweeg bring, wat as ‘chemo-woede’ bekend staan. Dit het te doen met die steroïede wat tydens behandeling gebruik word. Pasiënte kan ook ‘chemo-brein’ ontwikkel wat dit moeilik maak om te konsentreer en te onthou, en dus aan te hou werk en met die daaglikse lewe voort te gaan. Wanneer jy ’n bors verloor of probleme as gevolg van die operasie ervaar, byvoorbeeld limfedeem, kan dit uitmergelend wees en jou selfbeeld aantas. Indien jy te veel stres of gemoedskommelings ervaar, is dit belangrik om emosionele ondersteuning te kry. Ons bied gratis psigososiale ondersteuning aan,” voeg sy by.
Laai skyfievertoning af (PDF)
Deur jou geesteswelstand te prioritiseer, kan die borskankerervaring meer hanteerbaar maak. KANSA verstaan dit, en bied beradingsdienste en ondersteuningsgroepe om kankeroorwinnaars en versorgers emosioneel te ondersteun. Daar is wagperiodes om afsprake by sielkundiges in die openbare sektor te kry. Daarom het KANSA gekwalifiseerde maatskaplike werkers wat via hulle Teleberadingslyn met berading kan help. Tot hede trek 78% van vroue voordeel uit hierdie gratis diens wat hulle help om dinge baas te raak. Die diens is in sewe tale beskikbaar (Afrikaans, Engels, isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho en Setswana).
“Op nasionale vlak bestuur ons ses aanlyn (WhatsApp) ondersteuningsgroepe wat ook ondersteuning vir metastatiese borskankerpasiënte insluit. Pasiënte kan baat vind van beide individuele- of groepsterapiesessies. Studies wys dat vir groepsessies om effektief te wees, moet vroue met ander vroue wat op dieselfde of ’n soortgelyke stadium van behandeling is, wees. Dit laat hulle toe om emosionele ondersteuning te gee en te kry en van ander se ervarings te leer. Hetsy dit individuele of psigososiale ingryping vir groepe is, beoog dit om vroue te help om aan hulle diagnose gewoond te raak, hulle behandeling te hanteer, en die impak van kanker op hulle lewens te aanvaar,” sê Minnaar.
KANSA stel ook voor dat jy hierdie eenvoudige stappe neem om na jou geestestoestand om te sien: Kom in voeling met die natuur deur tyd buite deur te bring of aanlyn na natuurgeluide te luister; skryf gevoelens neer om met stres en hartseer te help; probeer verskillende metodes van meditasie en gesels met jou mediese span oor die regte tipes beweging. Moenie huiwer om hulle te vra vir verwysings na geestesgesondheidkenners nie.
Hoe om die gesondheidstelsel te hanteer
Kanker gaan gepaard met baie papierwerk en prosesse, veral as mens op openbare gesondheidsorg staatmaak. Maar selfs vir diegene met gesondheidsversekering of ’n mediese fonds, is daar steeds belangrike stelsels om te verstaan. Pasiënte moet by ’n diensleweraar oor die onkologie-voordele leer sodat hulle dit verstaan (selfs met ’n basiese hospitaalplan), asook oor jou regte as ’n pasiënt.
Siftingstoetse dra krag
Minnaar sê, “Siftingstoetse is baie belangrik, veral vir vroue. Dit help om kanker vroeg te ontdek, wanneer dit makliker is om te behandel. Ons weet dat vroeë opsporing effektiewe behandeling moontlik maak en aan jou ’n beter kans gee om van kanker te herstel. Dis ook belangrik om te weet watter toetse vir jou beskikbaar is, veral as jy ’n familiegeskiedenis van kanker het.”
- Kliniese Borsondersoeke – ’n Ondersoek om enige tekens van borskanker vroeg op te spoor. KANSA bied bekostigbare Kliniese Borsondersoeke by KANSA Sorgsentrums om enige onreëlmatighede te ontdek. Pasiënte met mediese fonds-voordele kan van hulle mediese fonds eis nadat hulle vir die siftingstoets betaal het. Publieke gesondheidsklinieke bied ook gratis borsondersoeke aan.
- Mammogramme – Mammogramme is gedetailleerde borsprente. Vroue kan dit by publieke hospitale se borsklinieke laat doen met ’n verwysingsbrief van ’n mediese beroepspersoon of KANSA-suster. Of, kontak die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika www.rssa.co.za om ’n mammogram te reël.
- Bors–selfondersoek – Doen gereelde ondersoeke op jou borste. Die KANSA-webwerf het inligting oor hoe om dit te doen. Kyk uit vir tekens soos klonte of veranderinge in die vorm van jou borste. Leer ook oor die ander gevaartekens.
KANSA hou geleenthede in Oktober om fondse in te samel om hulle Vrouegesondheidsveldtog te ondersteun en siftingstoetse bekostigbaar te hou. Koop ’n ‘Doek with a Difference’ of ’n paar oorbelle. Of draai ’n boom toe as deel van die Pink Trees for Pauline-veldtog – by plaaslike KANSA Sorgsentrums beskikbaar. Hou ’n Cuppa for CANSA-geleentheid of KANSA teemaaltyd of woon een by. Kontak info@cansa.org.za om ’n skenking te maak of besoek KANSA se veilige aanlyn platforms. www.cansa.org.za
Verwysing
* https://www.healthline.com/health/metastatic-breast-cancer/ask-the-expert-metastatic-mental-health