The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Stories van Kankeroorwinnaars Inspireer Hoop

English Media Release

25 Mei 2021 – KANSA vier in 2021 90 jaar van diens en sien daarna uit om in Junie Internasionale Kankeroorwinnaarsdag met kankerpasiënte en geliefdes te vier. KANSA besef dat diegene wat deur kanker geaffekteer word baie moed weerspieël soos hulle diagnose, behandeling en newe-effekte ervaar, asook die voordeel wat die ondersteuning van mede-oorwinnaars vir hulle inhou. KANSA nooi 90 of meer pasiënte wat deur die organisasie bygestaan is uit om hul storie van Hoop te deel om ander te inspireer. {Deel jou storie hier…#CANSAcares #CANSA90 #InternationalCancerSurvivorsDay

Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering sê, “Almal weet watter impak ’n persoonlike getuienes kan hê, veral wanneer iemand by so ’n ondervindng kan aanklank vind en dit met gebeure in hul eie lewe kan vergelyk. Dit is veral die geval met kankeroorwinnaars. Húlle stories oor hoe hulle die diagnose, behandeling en die lewe daarna hanteer het, kan hoop bring aan diegene wie sopas die kanker-paadjie begin stap het. Deur hulle stories te lees, voel ander pasiënte en versorgers minder alleen en dat iemand hulle verstaan. In Junie sal ons ’n versameling stories, ingedien deur pasiënte wat deur KANSA gehelp was, op ons webwerf plaas. Ons hoop dat ons ten minste 90 stories sal ontvang ter viering van KANSA se 90ste en Internasionale Kankeroorwinnaarsdag.”

Hoe KANSA help

“Baie van die kankeroorwinnaars word ons vrywilligers. Wanneer hulle as deel van die gesondheids- en diensspan vrywilligerswerk doen, kan hulle kankerpasiënte, -oorwinnaars en hul geliefdes help om die hulpbronne wat hulle benodig in die hande te kry,” verduidelik Strauss.

KANSA herinner diegene wat met kanker saamleef aan hul sorg- en ondersteuningsaanbod, wat ook aanlyn ondersteuning insluit, en nooi hulle uit om hul plaaslike KANSA Sorgsentrum te kontak.

Kankerpasiënt Lindiwe Ntuli deel wat KANSA se ondersteuningsdiens vir haar beteken het, “KANSA is ’n Nie-Regeringsorganisasie waarop mens kan staatmaak. Personeel op alle vlakke is daartoe verbind om die kanker-ervaring te vergemaklik deur inligting wat verskaf word asook ingeligte ondersteuningsgroepe. Hulle is ‘engele van hoop’ en deur al die uitdagings wat die siekte bring, bied hulle liefde en hoop deur die hele kankerreis. KANSA maak seker dat ons genoegsame inligting kry.”

KANSA het KANSA Sorgtuistes landswyd vir pasiënte wat kankerbehandeling ver weg van die huis af kry. Dit bied verblyf, vervoer en etes aan. Stoma-klinieke bied op hul beurt ondersteuning aan pasiënte deur middel van produkte, emosionele ondersteuning en advies. Dit sluit in die gratis Tele-Stoma ondersteuningsdiens wat pasiënte deur middel van video-oproepe bystaan.

“Aangesien sosiale kontak as gevolg van die verspreiding van COVID-19 beperk is, is ons aanlyn ondersteuning verbeter en ons KANSA-Teleberadingsdiens bekendgestel. Hierdie gratis kanker-spesifieke berading word in sewe tale aangebied (Afrikaans, Engels, isiXhosa, isiZulu, siSwati, seSotho en Setswana),” voeg Strauss by.

Verder het KANSA inligting en materiaal vir kankerpasiënte en diegene wat met onderliggende nie-oordraagbare siektes saamleef vervaardig om hulself teen COVID-19 te beskerm.

Strauss verduidelik, “Ons bied ondersteuning deur ons Facebook-ondersteuningsgroepe CANSA Survivors – Champions of Hope en CANSA Caring for the Caregivers, asook deur ons KANSA-hulplyn via e-posse, telefoonoproepe en WhatsApp in Afrikaans, Engels, isiXhosa, isiZulu, SeSotho en siSwati.”

Ander dienste sluit in ’n 20-week-lange e-pos reeks genaamd die iSurvivor-program wat ondersteuning en leiding aanbied, asook ’n spesifieke program vir pasiënte met metastatiese borskanker.  Pynbeheer-boekies is ook beskikbaar om pasiënte, geliefdes en versorgers met pynbeheer te help.

KANSA se Tough Living with Cancer (TLC)-ondersteuning is by KANSA Sorgsentrums beskikbaar: dit bied emosionele ondersteuning aan kinders, tieners en families wat deur kanker geaffekteer word asook verblyf vir ouers/voogde wie se kinders behandeling ontvang. TLC-tuistes is in Pretoria en Durban, met ’n TLC Pediatriese Onkologie-saal in Polokwane. TLC-ondersteuningskamers is in Port Elizabeth, Kimberley en in Kaapstad (vir tieners).

Stories kan hier ingedien word https://cansa.org.za/cancer-stories-of-hope-cansa90

Nota: Dit is die verantwoordelikheid van pasiente om KANSA vir bystand te vra. Lees meer…

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: