The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Ons Bemagtig Adolessente en Jong Volwassenes met Kanker: KANSA Free2Bme Diens

English Media Release

23 Augustus 2023 – September is Kinderkanker Bewusmakingsmaand, en KANSA is opgewonde om ’n inspirerende inisiatief bekend te stel wat beoog om ’n groot impak te maak in die lewens van mid-adolessente en jong volwassenes (ook bekend as AYA) tussen die ouderdomme van 13 en 25 jaar wat die uitdagings van ’n kankerdiagnose in die gesig staar. Die KANSA Free2Bme program bring hoop en ondersteuning, nommerpas vir die unieke behoeftes van jong individue op hulle kankerreis.

Adolessensie kan veeleisend wees. Wanneer ’n kankerdiagnose egter bygevoeg word, bring dit nog meer uitdagings. KANSA het die Free2Bme program sorgvuldig ontwerp om hierdie uitdagings aan te spreek. Dis ’n platform waar AYA-individue gemeenskap, hulpbronne en inspirasie kan kry om hulle te help om hul individualiteit te aanvaar en die struikelblokke wat kanker bring met sekerheid te oorkom.

Mariska Schultz

Mariska Schultz (27) was 15 jaar oud toe dokters haar met Hodgkin-limfoom gediagnoseer het. “Die eerste jaar van kanker was vir my die ergste, want alles was nuut en onseker. Ek het baie vriende verloor omdat ek vir dae nie in die skool was nie, en later vir weke lank.”  Haar kankerreis het vier jaar lank geduur. “Ek het vir ’n lang tyd nie daaroor gepraat nie. Maar na ’n rukkie het ek van plan verander en dit wat met my gebeur het aanvaar. ’n Program wat tieners en jong volwassenes ondersteun sou my in staat gestel het om stres, familie en die emosionele aspekte van hierdie siekte baie beter te hanteer.”

Met die fokus op holistiese welstand, bied KANSA Free2Bme dienste en aktiwiteite aan wat persoonlike groei, emosionele herstelvermoë, en sosiale uitreiking aanwakker. Van hanteringstrategieë en selfsorg-gewoontes tot aanlyn ondersteuningsgroepe wat gesprekke en die deel van ondervindings aanmoedig, is KANSA vasberade om ’n omgewing te skep waar jong vegters ten spyte van hulle omstandighede kan floreer.

Die 21-jarige Fortune Monama is ’n voorgraadse student in Biologiese Wetenskap by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Hy was 12 toe dokters hom met Akute Limfoblastiese Leukemie gediagnoseer het. Hy was vir nege maande in die hospitaal voordat hy huis toe kon gaan. “Dit het my geduld, moed en hoop geleer. Vandag weet ek dat ek enigiets kan bereik met die regte hoeveelheid hoop.”

Fortune Manama

“Ons verstaan dat om as ’n adolessent of jong volwassene met kanker gediagnoseer te word ’n uitdaging kan wees terwyl mens die alledaagse lewe ook moet aanpak, sê Anina Meiring, Nasionale Bestuurder: Kinderkanker-dienste by KANSA.

“In 2019 is byna 800 vrouens onder die ouderdom van 25 jaar met kanker gediagnoseer bevattende 1,8% van alle vroulik-verwante kanker. Met die KANSA Free2Bme program, wil ons hê dat adolessente en jong volwassenes ondersteun moet word en gereed moet voel terwyl hulle behandeling kry of die lewe as ’n kankeroorwinnaar aanpak. KANSA kan jong mense wat met kanker gediagnoseer is help om die siekte te hanteer en te verstaan, asook die diagnose, behandeling en uitdagende psigososiale ervarings tydens behandeling en daarna.”

Die bekendstelling van KANSA Free2Bme dien as ’n opwindende mylpaal vir KANSA, aangesien dit hul missie om bewusmaking, opvoeding en ondersteuning vir diegene wat deur kanker geaffekteer word, bevorder. Hierdie projek simboliseer die organisasie se toegewydheid om bemagtiging en veerkrag onder jong AYA-individue aan te wakker, en hulle in staat te stel om hulle uniekheid te aanvaar en ten spyte van hulle diagnose te floreer.

Adolessente (tieners) en jong volwassenes wat kanker in die gesig staar, hulle versorgers, en die professionele mense wat hulle behandel kan meer inligting oor KANSA Free2Bme en KANSA se voortdurende pogings om jong AYA met kanker te ondersteun, op die KANSA webwerf kry.

(Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan: lbalona@cansa.org.za – skakel 011 616 7662 of sel 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: