The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Neem Aksie vir Wêreld Kankerdag  

English Media Release

18 Januarie 2023KANSA en die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (UICC) plaas die kollig op Wêreld Kankerdag op 4 Februarie. Die fokus is op slim eet en drink, die deelname aan gereelde fisiese aktiwiteite soos die ‘Wêreld Kankerdag 5K-uitdaging’ en die vermy van produkte wat kanker veroorsaak soos alkohol en tabak.

#CloseTheCareGap #WorldCancerDay #BalancedLifestyle #LowerCancerRisk

Lorraine Govender, KANSA se Nasionale Bestuurder vir Gesondheidsbevordering, maak dit duidelik dat Suid-Afrikaners die mag het om hul eie welstand te beïnvloed.

Sy sê, “Vanjaar se tema vir Wêreld Kankerdag, ‘Close the Care Gap’, gaan daaroor om ons stemme te verenig en aksie te neem. Ongeag wie jy is, jy het die mag om die impak van kanker op jouself en die mense vir wie jy lief is te verlaag. Die top drie bekende veranderbare risikofaktore vir kanker wêreldwyd is rook, alkoholgebruik en ’n hoë gewig (LMI van 30 en meer). Byna die helfte van kankerverwante sterftes wêreldwyd kan aan hierdie faktore toegeskryf word. Dit beteken dat individue ’n belangrike rol kan speel om hul kankerrisiko te verlaag, deur hierdie kankerverwekkende stowwe te vermy, ’n gebalanseerde dieet te volg en gereeld aan fisiese aktiwiteite deel te neem.”

In Suid-Afrika is probleme met gewig en obesiteit ’n groeiende kommer vir publieke gesondheid. Die frekwensie is besig om te styg en onder die hoogste in sub-Sahara Afrika.* KANSA moedig die publieke gesondheidsowerhede aan om verbruikers in te lig aangaande die gesondheidsrisiko’s wat ongesonde produkte inhou, insluitend geprosesseerde kosse en versoete drankies, en om gesonder alternatiewe voor te stel. Dit is veral omdat kolorektale kanker die tweede mees algemene kanker onder mans en die derde mees algemene kanker onder vroue in Suid-Afrika is (Nasionale Kankerregister 2019), en omdat daar bewyse is dat hierdie faktore die risiko vir hierdie tipe kanker verhoog.

Cary Adams, die uitvoerende hoof van die Unie vir Internasionale Kankerbeheer, maak voorspraak vir hervorming en verandering: “Miljoene voorkombare kankersterftes word deur ongesonde produkte veroorsaak. Soos ons Wêreld Kankerdag vier, staan UICC gereed om regerings te ondersteun om mense se blootstelling aan tabak, alkohol en geprosesseerde kosprodukte te verminder.” 

Uitdaging vir Wêreld Kankerdag

“As jy nie weet waar om te begin nie, bied ons CANSA Active-veldtog ’n goeie geleentheid aan jou om aan die beweeg te kom en jou kankerrisiko te verlaag. Bring ’n vriend(in) en neem deel aan ’n 5km-aktiwiteit vir KANSA om die aandag op Wêreld Kankerdag te vestig. Dis eenvoudig; kies ’n lengte van 5km en stap, hardloop, swem of dans. Neem dit op, op jou gunsteling fiksheid-slimtoestel, plaas dit op sosiale media en nomineer nog vyf mense om die uitdaging te aanvaar en mense aan die praat te kry. Ons moedig jou ook aan om R50 aan KANSA se gesondheidsopvoeding-inisiatiewe en sorg- en ondersteuningsprogramme te skenk,” verduidelik Govender.

KANSA beoog om die publiek bewus te maak van eetbare produkte wat help om kankerrisiko te verlaag, en bevorder fisiese aktiwiteite deur hul Seël van Erkenning-program. Produkte moet streng toetse slaag om as seëlvennote goedgekeur te word. Kopers kan uitkyk vir die KANSA-seël op etikette met die wete dat hulle slim koop wanneer hulle hierdie produkte kies.

Verder leer KANSA die publiek deur hul gebalanseerde leefstyl-veldtog wat fokus op die belangrikheid van ’n gebalanseerde dieet en gereelde fisiese aktiwiteite. Die gratis aanlyn Leefstyl Risikobepalingsmiddel help om faktore te identifiseer wat bedreigings inhou vir individue om kanker te kry.

Govender voeg by, “As ’n trotse vennoot van Wêreld Kankerdag, is dit vir ons ’n prioriteit om te help dat almal toegang tot kankersorg het. Deel van ons voortgaande opleiding is met Tradisionele Gesondheidspraktisyns aangaande die mees algemene kankers wat mans en vroue in Suid-Afrika affekteer, om sodoende vir vroeë opsporing en vroegtydige behandeling te sorg. Ons probeer ook om op regeringsvlak vir verandering te motiveer. KANSA het ook die instelling van die wetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels ondersteun, om sodoende ons burgers se gesondheid te verbeter.”

KANSA moedig jou aan om in jou gesondheid te belê en deur te druk vir die jaar wat voorlê. Eenvoudige aksies kan die volgende insluit:

  1. Neem KANSA se gratis aanlyn Leefstyl Risikobepaling.
  2. Neem deel aan die Lace Up for Cancer-geleentheid deur Life Healthcare in vennootskap met die Kanker Vennootskap en Hospice se Palliatiewe Sorgvereniging, wat op 4 Februarie 2023 op Stellenbosch in die Wes-Kaap plaasvind.
  3. Beweeg ’n bietjie – 150 minute per week is al wat dit verg (sien KANSA se seëlvennote in die fisiese aktiwiteit-kategorie vir idees).
  4. Pak ’n gesonde middagete in – insluitend vrugte en groente (sien KANSA se seëlvennote in die eetbare kategorie vir idees. Meer inligting op die KANSA webwerf).
  5. Gaan vir gereelde kanker siftingstoetse by ’n KANSA Sorgsentrum, mediese instituut of publieke kliniek.

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos by lbalona@cansa.org.za of skakel 082 459 5230).

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: