Mans Takel Saam Prostaatkanker
1 November 2021 – Prostaatkanker is die mees algemene kanker onder mans wêreldwyd en die nommer een kanker wat Suid-Afrikaanse mans affekteer (Nasionale Kankerregister 2017), met 1 uit 17 mans wat die risiko loop om in hul leeftyd hiermee gediagnoseer te word. Internasionale en plaaslike navorsing wys dat die risiko vir aggressiewe prostaatkanker hoër is in swart mans. Dis belangrik om te weet dat prostaatkanker gewoonlik in families aanwesig is. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) moedig mans aan om hul familiegeskiedenis rakende kanker asook die simptome te leer ken, en om nie ouderdomspesifieke prostaat siftingstoetse te vertraag nie, aangesien baie mans onnodig sterf as gevolg van laat diagnose van die siekte. Sien infografieke…
Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering, verduidelik die belangrike rol wat mans kan speel om mekaar aan te moedig om in beheer van hul gesondheid te wees. “Ons weet dat kanker gewoonlik in families aanwesig is, daarom moedig ons mans met ’n familiegeskiedenis van kanker aan om nie net vir prostaat siftingstoetse te gaan en sodoende vir hul eie gesondheid verantwoordelikheid te neem nie, maar om ook ander manlike familielede (en vriende) aan te moedig om dieselfde te doen.”
Prostaatkanker word deur ’n prostaatspesifieke antigeen (PSA) bloedtoets bespeur. Prostaatspesifieke antigeen (PSA) is ’n normale ensiem wat deur die klierweefsel van die prostaat vervaardig word – dis altyd in die bloed aanwesig, maar ’n lesing van drie of meer kan op inflammasie of selfs kanker dui. Indien ’n pa, broer, of seun prostaatkanker gehad het moet hy ander mans in sy familie aanmoedig om vanaf ten minste 40 jaar oud vir toetse te gaan, aangesien hulle dan ’n hoër risiko loop. Indien hulle ma’s, oumas, susters of tantes borskanker gehad het, is dit ook ’n risikofaktor. Daar is ’n verhouding tussen ’n dieet wat baie dierevet en proteïne (veral rooivleis) bevat, en prostaatkanker.”
Strauss sê ook, “Seuns wie se pa’s nie prostaatkanker gehad het nie, moet hul pa’s aanmoedig om vanaf 45-jarige ouderdom gereeld vir PSA-toetse te gaan, asook hul oupas, ooms, familie, vriende, bure en selfs kollegas. PSA-toetse is landwyd per afspraak by KANSA Sorgsentrums teen R180 beskikbaar. Die pryse word laag gehou en help om die koste van verbruikersgoedere te dek wat tydens die siftingstoetse benut word. Mediese pasiënte kan van hul mediese fonds terug eis nadat hulle vir die siftingstoets betaal het. Die toetse kan ook by plaaslike gesondheidsklinieke en gesondheidsorgpraktisyns gedoen word indien jy simptome het.
Professor Riana Bornman, ’n navorser deur KANSA befonds en die skrywer van Research Detective Booklet ‘South African Prostate Cancer Study Survey’ sê, “Dis belangrik vir mans om jaarliks vir ’n prostaat siftingstoets te gaan aangesien dit die kanse verhoog om prostaatkanker in die vroeë stadium op te spoor, voordat dit buite die prostaat versprei het. Gevestigde risikofaktore vir prostaatkanker sluit in hoër ouderdom, ’n familiegeskiedenis van die siekte en Afrika-afkoms. Siftingstoetse moet op die ouderdom van 45 jaar begin; maar vanaf 40-jarige ouderdom in swart mans en mans met ’n familiegeskiedenis van prostaat- / of borskanker in ’n eerstegraadse familielid.
Strauss voeg by, “KANSA hou op 18 November 2021 ’n webinar oor prostaatkanker om die ervaring van ’n prostaatkanker-pasiënt in Suid-Afrika te bespreek, met kundiges wat hul leiding en ervaring sal deel. Ons verwelkom alle prostaatkanker-pasiënte, oorwinnaars en geliefdes om by ons aan te sluit. Inligting sal volg en registreer by www.cansa.org.za.”
“Ons is ook trots om ons eerste KANSA ‘Mans ondersteun Mans’ Kanker-ondersteuningsgroep op Saterdag, 27 November 2021, bekend te stel. Hierdie ondersteuningsgroep is spesiaal omdat die fasiliteerders en bywoners almal verskillende tipes kanker het. Die behoefte vir mans wat in ’n plek byeen kan kom waar hulle gemaklik en verstaan voel, sal vir baie ’n geleentheid wees om uit te reik en by hierdie maandelikse aanlyn sessies aan te sluit. Ons verwelkom alle mans wat kanker het, in remissie is of al vir ’n tyd lank ’n oorwinnaar is.”
KANSA bied ook verskeie aanlyn ondersteuningsdienste deur ons virtuele en aanlyn ondersteuningsgroepe asook ons teleberadings-lyn vir mans wat deur kanker geaffekteer word.
(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: