KANSA se Top Dieetwenke vir Oorwinnaars
26 Julie 2018 – Gedurende Augustus val die kollig van KANSA op dienslewering aan kankeroorwinnaars, versorgers en geliefdes en daar word in besonder gekyk na die hantering van ‘n diagnose sowel as die hantering van newe-effekte van kankerbehandeling – hetsy van fisiese of sielkundige aard. #CANSACares
‘n Belangrike aspek hiervan sluit inligting, riglyne en raad oor die pasiënt se dieet in – voor, gedurende, en na afloop van behandeling.
KANSA deel ‘n paar top wenke met kankeroorwinnaars aangaande die algemene newe-effekte wat verband hou met voeding van die pasiënt sowel as voedsame en bekostigbare resepte vir pasiënte wat behandeling ondergaan – sien infografieke. Verdere dieetwenke aangaande die hantering van hardlywigheid, naarheid, diarree en verlies aan aptyt is ook beskikbaar. KANSA moedig kankerpasiënte ook aan om die raad en leiding van professionele gesondheidpraktisyn in te win vir individuele raad, hulp en leiding. Pasiënte kan ook hul naaste KANSA SorgSentrum kontak.
Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering verduidelik dat dit so belangrik is om pasiënte te ondersteun. “Ons is bewus van die feit dat dit die newe-effekte en die hantering van die behandeling van kanker besonder moeilik vir kankeroorwinnaars (pasiënte) is. Newe-effekte van kankerbehandeling kan tot onaangename eet- en drinkgewoontes lei. Benewens die uitdaging om ‘n voldoende en voedsame dieet te volg, is daar boonop ook die bykomende psigososiale effekte wat van belang is. So byvoorbeeld mag kankeroorwinnaars – afhangende van watter newe-effekte hulle ondervind – verkies om byvoorbeeld nie hul maaltye saam met ander te eet nie. Kankerpasiënte mag ook te bang of onwillig wees om te eet as gevolg van die newe-effekte wat hulle kan ondervind.”
Die behandeling van kanker maak kankerselle dood, maar ongelukkig kan gesonde selle ook in die proses beskadig word. Dit veroorsaak verskeie newe-effekte wat van persoon tot persoon kan verskil. Newe-effekte van kankerbehandeling soos mondsere, ‘n seer keel, ‘n droë mond en/of die agteruitgang van die pasiënt se tande en tandvleis kan die smaak of reuk van kos verander. Dit kan ook lei tot naarheid, braking, diarree of hardlywigheid. Die gevolg daarvan kan wees dat die kankerpasiënt maaltye vermy of probleme ondervind om genoeg kos, voedingstowwe en vloeistowwe in te neem. Dit op sy beurt kan tot wanvoeding lei en kan ‘n verdere negatiewe effek op die persoon se gesondheid veroorsaak.
Megan Pentz-Kluyts, KANSA se Raadgewende en Geregistreerde Dieetkundige, sê: “Dit is belangrik vir Kankeroorwinnaars wat behandeling ondergaan om ‘n verskeidenheid kossoorte te eet om hulle liggame in staat te stel om genoegsame voedingstowwe in te neem om kanker te beveg. Goeie voeding lei tot meer krag en energie en verminder die risiko van infeksie. Dit help ook die pasiënt om ‘n gesonde en geskikte liggaamsgewig te handhaaf. ‘n Verdere komplikasie is dat die behandeling van kanker die manier waarop die liggaam kos hanteer, kan affekteer. Die liggaam het genoegsame en gesonde voedingstowwe tydens en na afloop van behandeling nodig. Om hierdie rede moedig KANSA pasiënte aan om ‘n geregistreerde dieetkundige te raadpleeg as hulle enige probleme aangaande hul dieet ondervind.”
Pasiënte, versorgers en geliefdes wat raad en ondersteuning nodig het, kan vir dienslewering, raad en inligting gaan aanklop by hul naaste KANSA SorgSentrum of die KANSA webwerf besoek. Klik op SorgSentrums vir meer besonderhede.
Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: