The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Die Verborge Tol van Alkohol

English Media Release

Infografieke

7 Mei 2019 – Gedurende Junie vanjaar gaan KANSA die boodskap van sy 365-dag Gesondheidsveldtog verskerp. Die boodskap is dat individue die mag het om risiko’s vir kanker te verlaag deur gesonde en ingeligte keuses oor hul lewensstyl te maak.

Die meeste mense weet nie dat die inname van enige tipe alkohol (selfs in klein hoeveelhede) die risiko van kanker verhoog nie. KANSA beklemtoon die tol wat alkohol van die liggaam eis en hoe dit diegene rondom hulle beïnvloed.

Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Die gebruik van alkohol word verbind met belangrike en ernstige publieke gesondheid- en veiligheidsprobleme en kan ‘n verskeidenheid van verskillende kankers veroorsaak.”

PDF

“In 1988 is alkohol deur Die Internasionale Agentskap van Navorsing oor Kanker (International Agency for Research on Cancer (IARC)), verklaar as ‘n middel wat kanker in mense kan veroorsaak. In 2007 en 2009 is hierdie bevindinge bevestig. Daar bestaan sterk bewyse dat alkohol kanker van die kolon, rektum, bors, mond, keel, larinks of strottehoof en die slukderm kan veroorsaak.

Daar is ook toenemende bewyse dat oormatige inname van alkohol moontlik verband hou met kanker van die pankreas (Kankernavorsing VK 2016). Daarbenewens dui bewyse daarop dat die inname van alkohol maag- en borskanker kan veroorsaak in vroue voor die aanvangs van menopouse. Alkohol kan gewigstoename veroorsaak wat ook die risiko vir kanker kan verhoog. In Suid-Afrika word alkohol beskou as die mees algemene en skadelike dwelmmisbruik.”

Die Jeugrisiko Gedragsopname (2011) wat gedoen is met Graad 8 tot 11 leerders wat openbare skole in al nege provinsies van Suid-Afrika bygewoon het, dui daarop dat die gebruik van alkohol tydens die jeugjare in besonder kommerwekkend is.

Ongeveer die helfte (49%) van hierdie leerders het aangedui dat hulle reeds alkohol in hul lewe gebruik het. 32% van die leerders het die maand voor die opname alkohol gebruik. Een uit elke vier leerders het aangedui dat hulle die maand voor die opname vyf of meer alkoholiese drankies gedrink het. Hulle het ook erken dat hulle ten minste een of meer drankies per dag gedrink het.

Dit is ‘n bewys dat die alkoholgebruik van hierdie leerders duidelik te hoog is en daarom kommerwekkend is. Die studie het ook bevind dat hoe hoër die graad en die ouderdom van die leerder is, hoe meer waarskynlik is dit dat hy of sy gereeld alkohol gebruik.

“Ons het toekomstige geslagte nodig wat gesonder en slimmer keuses moet maak. Ouers word aangeraai om kommunikasiekanale tussen hulle en hul tieners oop te hou, asook om verantwoordelike gedrag te demonstreer oor hoe hulle stres positief bestuur om so goeie rolmodelle vir ‘n jonger generasie te word. Hulle moet ook met hulle kinders in hul jeugjare praat oor die nadele van alkoholgebruik. Jongmense moet weet dat die gebruik van alkohol iemand persoonlik kwesbaar maak, dat die inname van alkohol die risiko van kanker, ongeskiktheid en selfs die dood verhoog,” voeg sy by.

“Hoe meer alkohol jy drink, hoe hoër is jou risiko vir kanker. Dit is hoekom KANSA poog om mense aan te moedig om hul alkoholinname te verlaag of selfs te staak. En om te veel op dieselfde tyd te drink (vyf of meer standaard alkoholiese drankies per enkele geleentheid) vergroot die risiko aansienlik. Ons moet publieke bewustheid skep oor die negatiewe impak wat alkohol op die liggaam het. Ons moet waarsku dat die inname van alkohol verskeie kankers en ander gesondheidsprobleme kan veroorsaak,” sê Joubert.

Die verhoging van die koste van alkohol deur belasting en die beperking of verbod op bemarking en advertensies van alkoholiese produkte word as koste effektiewe strategieë in die beheer van alkohol beskou. Suid-Afrika oorweeg tans ‘n drankwetsontwerp om die gebruik van alkohol per capita te verminder. Dit sluit ook in dat die verhoging van die nasionale minimum ouderdom van iemand wat alkohol koop van 18 tot 21 jaar verander sal word.

KANSA het ‘n voorlegging gemaak en verwelkom die voorgestelde wysigings en die verbod op die verkoop van alkohol aan persone onder die ouderdom van 21. KANSA het ook ‘n versoek gerig aan die Minister om bykomende inligting op etikette van alkoholprodukte te wettig. Hierdie inligting moet verbruikers waarsku teen die gevaar van alkoholverbruik asook die feit dat dit kanker kan veroorsaak. Verder het KANSA die Minister ook aangemoedig om alkoholverbruik in openbare en privaat instansies van onderrig en by funksies wat ten doel stel om fondse in te samel, te verbied. Ten laaste het KANSA gevra vir ‘n regstreekse verbod op alle vorme van reklame en bevordering van alkohol op alle mediaplatforms en dat dit in alle provinsies gestandaardiseer sal word. #CANSAadvocacy

Vir meer inligting kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA of stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: