KANSA vra Oorwinnaars om die Goeie Nuus te deel en so ook Andere te Help
27 Mei 2020 – KANSA kon gedurende die grendeltyd aanhou om noodsaaklike dienste te voorsien aan kankerpasiënte, en nooi diegene wat deur die ondersteuning baat gevind het uit om ander ook te help gedurende die Internasionale Oorwinnaars Maand (Junie), deur te deel hoe KANSA hulle gehelp het, en ook ‘n donasie te skenk om die organisasie te ondersteun.
Gerda Strauss, KANSA Hoof van Dienslewering verduidelik: “Internasionale Oorwinnaars Maand is ‘n geleentheid om diegene wat met kanker saamleef te erken – dié wat teen kanker baklei, dié wat in remissie is asook diegene wat die stryd verloor het. Ons waardeer elke een en is hard aan die werk gedurende grendeltyd om seker te maak pasiënte is veilig en word ondersteun gedurende die COVID-19 krisis. Meeste van ons 11 KANSA Sorgtuistes kon operasioneel bly, en kon pasiënte help wat ver van behandelingsentrums is, asook ons KANSA TLC Tuistes wat akkommodasie kon voorsien aan ouers van kinders wat behandeling ontvang.”
KANSA kan ook aanhou om stomadienste te lewer, asook aanlyn ondersteuning deur Facebook ondersteuningsgroepe, ons tolvry lyn en die aanlyn platform, iSurvivor. Vele individue met kanker en kroniese toestande het die ondersteuning nodig want hulle is veral kwesbaar vir COVID-19. Die COVID-19 pandemie en die daaropvolgende grendeltydbeperkings het KANSA geaffekteer, asook menige ander besighede.
“Ons doen ‘n beroep op alle kankeroorwinnaars wat baat gevind het by ons dienste in die verlede en gedurende die grendeltyd, hulle families, vriende en kollegas, om ‘n R50 donasie te skenk aan KANSA sodat ons kan voortgaan om noodsaaklike dienste te verskaf aan kankerpasiënte. Ons het nou, meer as ooit tevore, jou finansiële ondersteuning nodig,” voeg Strauss by.
Strauss sê: “As jy baat gevind het by KANSA berading, ondersteuningsgroepe, tuisversorging, kospakkie ondersteuning, Sorgtuistes, TLC Tuistes, aanlyn ondersteuningsgroepe, ons kankersorg omgee pakkies of iSurvivor program, kankersifting of werknemergesondheidsprogramme – moedig ons jou aan om te vertel hoe ons jou gehelp het gedurende jou kanker-reis op jou sosiale media platforms. Gebruik die hutstekens #CANSAcares en #InternationalCancerSurvivorsMonth, en maak ‘n donasie om hierdie dienste te ondersteun by https://cansa.org.za/personal-donation-options/. Jy weet beter as enige ander persoon watter waardevolle aandeel KANSA kan maak in die lewe van ‘n kankerpasiënt, so help ons asseblief om meer pasiënte te kan ondersteun deur ‘n donasie te maak.
Pasiënte bedank KANSA
Carin Juanita Hendricks kankeroorwinnaar: “Die KANSA ondersteuningsgroep help my ook baie want ek woon praatjies by en dis altyd aangenaam om na ander se stories te luister want dit gee weer nuwe hoop.”
Liz Uys borskankeroorwinnaar: “Ek is van dag een ondersteun met oproepe, boodskappe en besoeke. Ek is ingelig oor die siekte. Ek het nie ‘n familiegeskiedenis van kanker nie, en het nie geweet wat om te verwag nie. My man is ook ingelig oor die behandeling en verloop daarvan, wat vir hom ook baie beteken het. Ons kon ons vrese en bekommernisse met haar deel, en sy kon ons van inligting voorsien wat ons gemaklik laat voel het. Ons is KANSA ewig dankbaar.”
Miranda Fisher: “Ek is verwys na die KANSA Sorgtuiste waar ek 4 weke en 6 dae gaan bly het, sodat ek daagliks bestraling kan kry. Ek moet spog met die Sorgtuiste, die plek en die programme wat aangebied word, die personeel wat sulke lekker kos maak en gunsies doen. Ons was een groot familie!”
Danie van Tonder: “My vrou was Januarie 2020 huis toe geskuif vir tuisversorging. KANSA het uit hul pad gegaan om ons toe te rus met die nodige om te verseker dat ons haar so gemaklik moontlik kan maak. My vrou het ongelukkig haar stryd teen kanker op 3 Maart 2020 verloor. Dankie is so klein woordjie, maar dankie KANSA dat julle ons in ons tyd van nood gehelp het.”
Charmaine borskankeroorwinnaar: “My hare het na ‘n paar dae na my eerste chemo begin uitval. Dit was vir my baie traumaties en ek was baie emosioneel. Elke keer wanneer ek my hare moes kam was dit maar ‘n tranedal. Ek het gevrees hoe ek die buitewêreld in die gesig sou kyk. Ek besoek toe KANSA en na ‘n wonderlike opbeurende gesprek, bied hulle my ‘n pruik aan. Net daar kom verander dit my selfvertroue en my uitkyk op die wêreld daar buite.”
Lees nog stories van bedanking op die KANSA webtuiste…
Vrywaring: Die verantwoordelikheid lê by kankerpasiënte om KANSA te kontak vir hulp. Lees verder….
(Vir verdere inligting, kontak asb Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per epos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selfoon 082 459 5230).
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: