KANSA stel Mobiele Kliniek in Bethlehem bekend
Op Dinsdag, 3 Augustus, het KANSA se Bethlehem kantoor ‘n bekenstellingsgeleentheid gehad van hul KANSA Mobliele Kliniek.
Die Mobiele Kliniek stel die KANSA personeel in staat om gratis Papsmere en borsondersoeke op plattelandse vroue uit te voer.
Die Mobiele Kliniek is ook belangrik in die verspreiding van inligting en vir die opvoeding van plattelandse gemeenskappe.
Foto regs: Agter – Sr Aletta Zulu, Lerato Sekhosana (KANSA HPC), Linda Kruger (KANSA HPC) en van die dames wat die bekendstellingsfunksie bygewoon het.