The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

KANSA maak Mandela Dag voordelig vir Kankeroorwinnaars

English Media Release

6 July 2018 – Hierdie jaar is dit die honderdste jaar sedert Nelson Mandela se geboorte #Mandela100 en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) maak seker dat kankeroorwinnaars voordeel trek op Nelson Mandela Internasionale Dag wat op 18 Julie gevier word.  #BeTheLegacy #CANSACares

“Ons personeel en vrywilligers landwyd doen ‘n beroep op die publiek om donasies te skenk vir KANSA Versorgingpakkette wat op 1 Julie en gedurende die betrokke week afgelewer sal word aan alle kankerpasiënte in plaaslike hospitale, KANSA SorgTuistes en KANSA TLC-Tuistes. KANSA hoop om ‘n minimum van 100 Versorgingpakkette aan elke KANSA SorgSentrum te verskaf,” sê Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering.

Strauss voeg by: “Kanker is ‘n groot las om te dra, maar baie kankerpasiënte dra boonop die bykomende las van armoede saam met hul siektetoestand. Ons poog om verligting te bring en om Hoop te inspireer deur die skenking van ons KANSA Versorgingpakkette. Ons verwelkom ook skenkings by alle plaaslike KANSA SorgSentrums  en ons moedig almal aan om kankerpasiënte te besoek.”

Artikels wat benodig word om ‘n KANSA Versorgingpakket saam te stel, sluit die volgende in: waslappe, seep, handreiniger, tandeborsels, klein pakkies sneesdoekies en ‘n bottel vir vrugtesap. ‘n Volledige lys is beskikbaar op die KANSA webwerf.

KANSA doen ook ‘n beroep op die publiek om hulp aan te bied met die bestuur van plaaslike KANSA SorgTuistes.   Artikels kan geskenk word of mense kan as vrywilligers help om kankeroorwinnaars in KANSA SorgTuistes in staat te stel om optimale versorging te ontvang. Gedetailleerde wenslyste kan verkry word op die KANSA Webwerf.

KANSA verskaf huisvesting vir pasiënte wat ver weg van die huis behandeling vir kanker by onkologie-behandelingklinieke ondergaan. Gaste wat tuisgaan by KANSA SorgTuistes is meestal pasiënte wat daagliks bestraling ontvang en hulle bly gewoonlik by die SorgTuiste vir ‘n gemiddelde periode van ses tot agt weke. Pasiënte geniet voedsame maaltye en word na en van behandelingklinieke vervoer.

Strauss sê: “Ons oorwinnaars en pasiënte – veral kleintjies en jonger pasiënte – sal ook so gelukkig wees om enige boodskappe van hoop en inspirasie as deel van hul versorgingpakket te ontvang. ”

Diegene wat nie tyd het om tyd en aandag aan kankerpasiënte op Mandela Dag te gee nie of om ‘n bydrae vir KANSA Versorgingpakkette te lewer nie, is welkom om ‘n algemene donasie te skenk. Hierdie skenkings sal gebruik word om programme vir pasiënte te ondersteun. .

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.)

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing (meer as R12miljoen jaarliks spandeer) word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. KANSA bied meertalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA (http://www.twitter.com/CANSA), sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: