Aanlyn ondersteuning vir Metastatiese Borskanker Pasiënte
KANSA stel sy iSurvivor Metastatiese Borskanker (MBK) e-pos ondersteuningsprogram bekend as deel van Borskanker-bewusmakingsmaand in Oktober. Buiten reeds-bestaande aanlyn ondersteuningsdienste en -programme vir kankerpasiënte, is hierdie program meestal daarop gemik om MBK-pasiënte te help met die uitdagings wat hulle ervaar.
Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering sê, “Die langtermyn diagnose van MBK-kankerpasiënte beteken hulle verduur daagliks baie newe-effekte en uitdagings. Die beperkings wat hulle toestand inhou, beteken dis nie altyd vir hulle moontlik om in-persoon ondersteuningsgroepe by te woon nie. So dis belangrik om iets betekenisvol en nuttig aanlyn aan te bied. KANSA se bestaande iSurvivor e-pos ondersteuningsprogram was met behulp van kenners en MBK-pasiënte herskryf om op die behoeftes van MBK-pasiënte te fokus. Pasiënte sal oor ’n tydperk van 16 weke weeklikse e-posse ontvang wat leiding en ondersteuning sal bied oor die hantering van hul situasie.”
“Novartis is trots om deur hierdie wonderlike inisiatief met KANSA ’n vennootskap te vorm om sodoende pasiënte met Metastatiese Borskanker te ondersteun. Hierdie digitale ondersteuningsinisiatief vir pasiënte, om e-pos as ’n kommunikasiemiddel te gebruik, is ’n uitstekende verbetering van die ondersteuning wat KANSA reeds bied. Dit laat pasiënte veral in hierdie tye toe om die nodige ondersteuning te kry sonder dat hulle nadelig blootgestel word,” se dr. Gary Sopher, die Mediese Direkteur van Onkologie by Novartis Suid-Afrika.
Kenners en pasiënte wat met MBK saamleef was geraadpleeg en betrokke by die proses om die finale program te vervaardig. ’n Paar vroue wat met MBK saamleef deel hul menings hier onder.
Rianda van Wyngard sê, “Daar is ’n behoefte vir inligting wat Google nie kan voorsien nie. Hierdie is ’n nuwe en vreesaanjaende paadjie vir ons en ons benodig al die hulp wat ons kan kry. Ek sal enige MBK-pasient wat pas gediagnoseer was aanmoedig om aan te sluit en van hierdie wonderlike program gebruik te maak.”
Lizbe Schaanick voeg by, “Ondersteuning van iemand wat in dieselfde situasie as jy is, is die beste tipe ondersteuning. Ons het baie liefde en sorg in hierdie program gestort en weet dat dit ’n verskil kan maak.”
Rayghanah Cassim se, “MBK-pasiënte moet hulself bemagtig en hierdie program is die ideale instrument vir inligting en opvoeding. As jy probleme deel, word die las ligter.”
“Wanneer ons positiewe stories van kanker-‘oorwinnaars’ hoor, is dit gewoonlik van mense wat kanker ’n ruk gelede ‘oorkom’ het en nou voor ons kan staan en kan sê: ‘Daar is hoop. Ek is genees. Jy kan ook gesond word’. Ons hoor nie altyd van die ‘onsigbare’ pasiënte wat nie altyd siek lyk, maar tog terminaal is nie. So ons het hierdie program geskep om hoop en inspirasie aan hulle te bring te midde van dit wat hulle deurmaak. Ons wil vir diegene wie ongelukkig nie vroeg genoeg gediagnoseer was nie of wat van ’n vroeë fase tot by MBK gevorder het, dat daar steeds hoop is en dat daar steeds lewe is – selfs na ’n gevorderde fase 4 Metastatiese Borskanker (MBK) diagnose!” voeg Mari Bezuidenhout by.
MBK-pasiënte kan hier by die program aansluit. Deel dit asseblief met ander pasiënte wat hierby kan baat vind. Sluit asseblief ook by KANSA aan vir die MBK Webinar, 28 Oktober 2020 om 6nm. Kyk regstreeks op ons Facebook blad vir insigte en om meer oor MBK te hoor van pasiënte en mediese kenners as gaste.
“Dankie aan Pamela Randall, Rianda van Wyngaard, Rayghanah Cassim, Washiela Rawoot, Lizbe Schaanick, Mari Bezuidenhout en Sandra Janeiro-Nienaber (RIV) dat hulle tyd bestee het om ander MBK-pasiënte te help, ten spyte van die uitdagings wat hulle daagliks ervaar. KANSA wil ook dankie sê aan Novartis dat hulle in hierdie program glo en ons gehelp het om dit ’n realiteit te maak,” se Strauss.
(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)
Navrae KANSA
0800 22 6622 Tolvry
072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
KANSA Versorgsentrums
Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms: