The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Waarskuwings op tabakprodukte deur die gebruik van prente sal lewens red

Die grafiese gesondheidswaarskuwings wat ingevolge nuwe wetgewing op tabakprodukte vertoon moet word, sal volgens die Kankervereniging van Suid Afrika (KANSA) se Mei tabakbewustheids veldtog, baie lewens red.

Wysigings aan die Wet op Beheer van Tabakprodukte van 1993 wat na verwagting op 31 Mei 2009 gepromulgeer sal word, sal openbare gesondheid ‘n groot hupstoot gee aangesien dit verdere beperkings op rook in openbare plekke en op die advertering van tabakprodukte sal lê. Voorgestelde maatreëls sluit onder meer in die ouderdomsverhoging na 18 vir kinders wat toegelaat sal word om tabakprodukte te koop, ‘n verbod op rook in voertuie waarin daar kinders onder 12 is, ‘n verbod op kinders onder 18 om in toegelate rookareas te wees, rookvrye sportstadions en die aanbring van prente op tabakprodukte om mense te ontmoedig om sulke produkte aan te koop of te gebruik.

Die Wêreldgesondheids Organisasie (WGO) het “Tabak Gesondheidswaarskuwings” as hulle tema vir vanjaar se “Wêreld Geen-rookdag” op 31 Mei 2009 gekies. Prente wat as waarskuwings dien het reeds in meer as ‘n dosyn lande verskyn, onder meer in Australië, Brasilië, Kanada en Singapoer.

Tabak is die voorste voorkombare oorsaak van dood wêreldwyd, wat jaarliks tot meer as 5.4 miljoen sterftes lei. In Suid Afrika sterf meer as 44 000 mense jaarliks van tabakverwante siektes, insluitende verskeie soorte kankers. Tabak is die enigste wettige verbruikersproduk wat mensedood veroorsaak indien dit gebruik word presies soos wat die vervaardiger dit beoog. Tot helfte van alle rokers sal aan ‘n tabakverwante siekte sterf. Rook rig skade aan aan almal wat dit selfs net inasem.

Volgens KANSA “spandeer tabakmaatskappye tiene der miljoene dollars jaarliks om nuwelinge te verslaaf en die reeds verslaafdes te keer om op te hou. Deur hulle advertensie- en reklameveldtogte, wat doelbewuste listige verpakkingsontwerpe insluit, hou die tabakindustrie aan om die aandag van hulle dodelike produk af te lei”.

Al hoe meer lande baklei nou hierteen deur te vereis dat tabakverpakkings grafiese uitbeeldings van die gevare daarvan uitbeeld. Dit is in pas met die WGO se Raamwerk Ooreenkoms op Tabakbeheer.

“Dit is bewys dat effektiewe gesondheidswaarskuwings, in besonder dié wat prente insluit, gebruikers motiveer om op te hou en nuwelinge ontmoedig om te begin”. KANSA sê verder “dat nieteenstaande hierdie bevindinge, 9 uit 10 mense in lande leef wat nie waarskuwings deur prente op hulle tabakverpakkings vereis nie”.

Nikotien is ‘n hoogs-verslawende middel. Om mense hieroor te waarsku kan ver gaan om tabakverslawing te verminder. Om waarskuwingsprente op tabakverpakkings ‘n verpligting te maak, is ‘n goedkoop, eenvoudige en effektiewe manier om tabakverbruik te verminder en lewens te red.

Vir meer inligting, kontak info@cansa.org.za Kyk ook by www.cansa.org.za of op http://www.who.int/tobacco/en/

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: