Verminder Kankerrisiko by die Werk
6 Julie 2016: Gedurende Julie sal KANSA fokus op die risiko van kanker by die werk, as deel van sy Omgewingsgesondheidsveldtog fokus. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê dat longkanker, mesothelioom en blaaskanker van die mees algemene vorme van kanker by die werksplek is.
KANSA se doelwitte sluit in hulp met die identifisering van potensiële gevare (wat verband hou met die oorsaak van kanker) in die werksplek en om nakoming van gesondheids- en veiligheidstandaarde vir die vermindering van beroepsverwante kankerrisiko aan te moedig.
“Ons hoop om elke werker wat betrokke is by gevaarlike en karsinogeniese (kanker veroorsakende) agente aan te moedig om te voldoen aan die noodsaaklike veiligheid praktyke wat in plek is. Beskermende maatreëls is van kritieke belang vir die vermindering van die kankerrisiko in die werksplek. Ons hoop dat werkgewers en werknemers sal saamwerk in hierdie saak,” sê Elize Joubert, Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA.
Daar is regulasies en wette wat voorsiening maak vir die beheer van stowwe wat besering, swak gesondheid of dood van die mens kan veroorsaak, as gevolg van hul giftige, bytende, irriterende, sensitiewe of vlambare aard.
Laai PPT af: “Karsinogeniese Agente in die Werksplek”
Beroepsverwante Kankers en Werkgewers se Verantwoordelikhede
Daar is meer as 130 chemikalieë en verbindings wat betrokke is by beroepsverwante kankers. Voorbeelde van die mees algemeen in Suid-Afrika is:
- Asfalt dampe (koolteerpek): pad teer werkers
- Benseen: werkers wat met petrochemiese stowwe werk, soos diesel dampe
- Heksavalente chroom: werkers wat met verbindings werk soos elektroplatering, sweiswerk, en chromaat verf
- Formaldehied: werkers wat in die sintetiese chemiese nywerhede en in skoonheidsalonne werk
- Kooksoond uitstoot: werkers by staalnywerhede
KANSA moedig die gebruik van sonskermmiddels vir sekere kategorieë van werkers aan wat blootgestel word aan ultravioletbestraling bv: plaaswerkers, vissermanne, padwerkers ens.
Volgens ‘n regsmening deur KANSA verkry “Werkgewers moet hul werknemers met sonskerm voorsien in die omstandighede soos genoem, en as hulle nie – kan hul blootgestel word aan sekere sanksies, soos aanspreeklikheid ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (COIDA). Hierdie wet bepaal dat ‘n werkgewer aanspreeklik gehou word vir skade wat ‘n werknemer gely het as gevolg van siektes / beserings indien daar bevind word dat so ‘n werkgewer nalatig was. ’n Geregshof kan beslis dat ‘n werkgewer wat versuim om sy werknemers met sonskerms en / of ander beskermende klere te voorsien nalatig gevind kan word en verantwoordbaar gehou kan word.”
Werknemers se Verantwoordelikhede
Werknemers se pligte en verantwoordelikhede, soos uiteengesit in die Gesondheid en Veiligheid Wet, sluit in, maar is nie beperk tot (http://www.labourguide.co.za/health-and-safety/379-health-a-safety-and-the-employee):
- Neem van die nodige sorg vir haar/sy eie veiligheid by die werk
- Dra voorgeskrewe beskermende klere en toerusting
- Voldoen aan werkgewers prosedures en veiligheidsmaatreëls
- Rapporteer onveilige of ongesonde toestande aan die werkgewer
- Werknemers moet altyd wettige bevele uitvoer en die gesondheid en veiligheidsreëls en prosedures wat deur die werkgewer neergelê is gehoorsaam
- Geen werknemer mag doelbewus of roekeloos inmeng met, skade aanbring of dinge misbruik vir gesondheid of veiligheid nie; dit sluit veiligheidstoerusting en persoonlike beskermende toerusting in
KANSA het meer as 200 feiteblaaie en posisie stellings wat verband hou met kanker. Hierdie feiteblaaie bied insig oor kankerrisiko’s (karsinogene & moontlik karsinogene), tipes kanker, die vermindering van die risiko van kanker, onder andere.