Oorwinning – ‘n Gedig deur Magdaleen Goosen
Oorwinning
Met so baie seer,
Wat niemand kon keer,
Alles was buite beheer,
Help my Liewe Heer!
Dag vir dag,
Nag vir nag,
Geen pyn,
Dis waarvoor ek smag,
Eendag op ‘n slag,
Waarheen is my mag?
Stap vir stap,
Tree vir tree,
So neem ek beheer,
Hier is Jy Liewe Heer,
Jy dra my,
Ek voel hoe niks my kan verlei,
Skielik het ek vrede,
Meet geen rede,
Ek is een van min,
Ek het oorwin,
Hier op moeder aarde,
Met die Here se Genade!
– Deur Magdaleen Goosen (geïnspireer deur vriende wie kanker oorwin het)