The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Magdelena J J (Charlotte) Wolmarans – Kanker Stories van Hoop #CANSA90

Wat is jou huidige kankerdiagnose?

Borskanker.

Hoe lank lewe jy al saam met die kanker?

Gediagnoseer in 2011 op ouderdom 60 en behandeling tot 2013. Gedurende COVID in 2020 het ek naar gevoel, lighoofdig en gesukkel met gesondheid. My Algemene Dr het verwys vir scan en die kanker het versprei na my kopbeen en nek. Van 2013 tot Oktober 2021 nooit enige afsprake elke 5 maande gemis nie en elke jaar ‘n Mammogram gedoen. Nooit enige iets gevoel nie en ook nie die onkoloog nie.

Hoe affekteer die kanker jou daaglikse lewe?

Ek het chemo gebruik van Desember 2020 tot April 2021. Op 7 Junie het ek 25 sessies van bestraling klaar gemaak. So dankbaar. Sukkel geweldig met hoofpyn, naarheid en lighoofdigheid. Ek sal 71 op 25 Junie 2021 wees en was heeltemal onafhanklik. Nou mag ek nie bestuur of by myself woon nie. Dit is ‘n groot ommekeer en oorweldigend. My twee dogters sien om na my tuis tans en daar lê groot besluite voor. Gebede en vriendskaps, WhatsApps en oproepe dra my.

Is daar ‘n familie geskiedenis van kanker?

Ja. Beide my ouers en 1 broer van verskeie kankers en twee niggies met borskanker oorlede op jong ouderdomme.

Hoe het die feit dat jy kanker het jou tydens COVID-19 affekteer?

Dit het net eensaam met tye gevoel.

Wat is jou boodskap aan die regering m.b.t. voorkoming, bestuur en behandeling van kanker?

Dat meer fondse bewillig word om hierdie siekte te bekamp.

Wat is jou boodskap aan ander kankeroorwinnaars? 

Bly biddend.

Is pyn deel van jou daaglikse lewe, en indien so, hoe hanteer jy dit?

Ja tans beslis. Voel lam en tam. Hoofpyne.

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: