The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Kasia – Ai my Pel – Cancer Stories of Hope #CANSA90

Die glasbak val uit my hande en versplinter op die koue wit steriele teels van die chirurg se spreekkamer. En EK weet. Hierdie is ‘n alleen pad. Net JY loop in daardie skoene, al loop almal saam met jou. My bestaan, my bekende en my wese se herstel, aanmekaar gom, vasplak en heel is ‘n onmoontlike. En EK is magteloos.

Met die uiting van die alom gevreesde diagnose, ‘drop’ die pennie nie, maar jou lewe as ‘n spreekwoordelike glasbak, wel.
En JY is skerwe, splinters. Maar JY is nie alleen. SY is nou saam met jou.

22 Augustus 2016 is die dag wat Mamma se vyfjaar lange sterfte plaasvind. Borskanker. Drie jaar lyding. Versprei na brein. Twee jaar marteling. 5 weke – verlossing.

5 Desember 2016. Knop in my bors, is ook borskanker. Gaan oor 2 dae mastektomie doen, kan nie rekonstruksie doen op die dorp. Dadelik chemo. Later bestraling.

Glasbak val. Bel huilend my vriendin.

‘Ai my Pel…’

Bel huilend my sussie. Sal jy v Pappa se?

‘Ai my sussie…’

Een uur later. Kalmer. Verplettered. Verlore.

Pappa bel. Huilend. Hartseer. Nie weer nie?

‘Ai my liefste kind…’

Twee ure later. Sussie bel. Kom asb vir tweede opinie. Ses ure later. Lughawe. Tweede opinie spreekkamer. Eerste chirurg bel. Verkeerde diagnose. Nie borskanker maar iets anders. Nee! Wil nie biopsie vir tweede opinie stuur nie. Tweede opinie neem my op. Toetse begin. Operasies volg. Nog toetse. Nog operasies. Skerwe word bestudeer. Splinters word bespreek. Sterflike, feilbare dop word beproef.

En dan die wag, wag, wag. En die diagnose wag saam met jou. SY hou jou hand vas.

Dit is nie borskanker nie. Velkanker. Adenoom. Aggresief. Deur sweetgaatjie in bors gedring. Gaan alles verloor regs. Verwyder albei. Eie keuse. Geen chemo. Geen bestraling. Chirurgie.

Skoon!

En dan is JY dankbaar.

Tussen hier en die hemel le ‘n lang reis vol genade. EK gee myself drie jaar. Jaar een om fisies te genees. Jaar twee om myself jammer te kry. Jaar drie om emosioneel te genees.

Maar die skerwe en splinters pas net nie reg nie. JY weet as kanker lug en lig kry hardloop HY. JY weet HY wag. JY weet HY kom terug.

En SY, die diagnose, leef saam met jou. Nader as jou skaduwee. Alomteenwoordig.

En SY word jou pel, jou metgesel, jou kruk, jou go-to person, jou studie, jou vrees, jou leef.

En JY leef om te sterf; saam met HAAR…

Drie jaar snel verby voelend slakkepas. Toets na toets, jaar na jaar, alles bly skoon. JY is gesond. JY mag maar weer waag om te droom. JY mag maar toekoms planne maak. En jy leef om te leef; sonder HAAR…

JY moet skielik afskeid neem van jou pel. JY voel onvolkome sonder haar. JY is hartseer. JY is weer alleen. SY beweeg aan, en maak nuwe pelle. JY moet weer trauma verwerk. JY moet weer leer leef. Net met ‘n nuwe nogsteeds sterflike, feilbare, geskende maar gesonde dop. Die nuwe normaal is ‘n ander mens, ‘n ander bestaan, ‘n ander wese, ‘n ander EK as die ou JY.

Maar JY treur dankbaar oor die vriendskap. En nou en dan dan dink JY aan HAAR, en JY herdenk HAAR verjaarsdag op 5 Desember nogsteeds en vier dit met bloedtoetse, ondersoeke en sonars.

En JY kan nou vir ander help skerwe optel, en JY kan met dankbaarheid se:

‘Ai my pel…gooi weg die skerwe en splinters. JY is baie meer as ‘n net ‘n glasbak.’

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: