Jeremy Prins Prostaat Kanker Oorwinnaar Prys KANSA Vrywilligers
“Ek is in 2013 gediagnoseer met prostaat kanker, wat voorafgegaan is deur vele PSA en DRE-toetse, en ‘n biopsie.
In Oktober 2013 het ek my operasie, ń TURP (Transurethral Resection of the Prostate) gehad. Gedurende hiedie jaar het KANSA oor my pad gekom en gedurende hierdie tyd het hul vrywilligers my meer ingelig oor wat kanker is en dat dit ‘n geneeslike siekte is as dit vroeg gediagnoseer word.
Ek kon agterkon dat hierdie vrywilligers goed opgelei is. Die kalm manier waarop hulle my behandel en bedien het, het my die gemoed kalmeer. Ek kon sien dat hul besoek aan my meer as net ń besoek is, maar dat hulle intens in my welstand belangstel, en ook besorgd was oor die impak wat my siekte op my gesinslewe het.
Hul maatskaplike werkster het ń paar gesprekke met ons as gesin gevoer wat veral vir my vrou Jenny baie beteken het.
Ek dink die waarde wat KANSA en sy vrywillige werkers tot ons lewens en welstand toevoeg, baie onderskat word.
Ek voel bevoorreg om steeds in my tyd van remissie, besoeke van hulle te ontvang. Ek weet dit is somtyds ń ondankbare werk, maar ek wil vandag sê: “Kansa en sy vrywillige werkers, baie dankie en doen so voort!”
Kontak jou plaaslike KANSA Sorgsentrum vir ondersteuning of om as vrywilliger aan te sluit…