The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Die Pad Wat Ons Stap – Ons Kankerreis

“Die pad wat ek stap is een van wonderwerke, onbeskryflik baie genade, dankbaarheid en liefde,” – dit is drie vroue van Oudtshoorn eens, wat onderskeidelik gediagnoseer is met Bors- en Servikale Kanker. Al drie van hulle het chirurgie, chemoterapie en bestralingsterapie ontvang. Foto regs – Anina Meiring, Maria Oosthuizen, Maurita Hartzenberg.

Kanker is een van die mees ernstige siektes wat vroue in die gesig staar, met een uit elke 29* vroue wat met Borskanker en een uit 36* met Servikale Kanker gediagnoseer word. (*NCR 2004) – lees meer oor die voorkoming van Bors- en Servikale Kanker.

“Tog is die kankerpad een met baie lewenslesse” sê Maurita Hartzenberg wat op 49jr gediagnoseer is met Borskanker. “Kanker is nie ‘n doodsvonnis nie. Die kankerpad is moeilik, maar daar is altyd hoop. Onthou jou lewe is soms al bybel wat sommige mense gaan lees – so lewe voluit, bly positief en waardeer die wonderwerk van lewe.”

Maria Oosthuizen is op 45jr gediagnoseer met Servikale Kanker. Haar raad aan ander vrouens is om gereeld te gaan vir papsmere en borsondersoeke. “Leef gesond en moenie bang wees om met ander mense oor jou diagnose te praat nie.” sê sy. “Hou altyd aan om te fokus op die toekoms, genesing kom uit die hand van die Here. Ek beskou my lewe as ‘n wonderwerk en God se genade het my gedra. So vriendinne maak jul lippe rooi en doen jou bes. God doen altyd die res!”

Anina Meiring is op 36jr gediagnoseer met Borskanker. Sy sê: “As die lewe jou in die middel van ‘n dam gooi moet jy kant toe swem. Opgee en oorgee is nooit ‘n opsie nie. Lewe elke dag met ‘n doel. Onthou dat lyding krag bring. Moenie omdraai as jy teleurgestel word nie, en moet nooit bly lê as jy geval het nie. Omring jou met positiewe mense.” ‘n Onbekende skrywer het gesê: “Hope is putting faith to work, when doubting would be easier!”

Beide Maurita en Maria is ondersteun deur KANSA tydens hul kankerreis. “KANSA voel vir ons soos familie. Emosioneel kon hulle verstaan waardeur ons gaan. Ons kan nooit genoeg dankie sê vir alles nie.”

Navrae KANSA

Moenie huiwer om jou naaste KANSA Sorgsentrum te kontak nie. Die personeel sal jou en jou familie help ondersteun tydens jou kankerreis.

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: