The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

World Cancer Day - 4 Feb

Wêreld Kankerdag – wie is jy en wat gaan jy doen?

English Media Release

16 Januarie 2020 – Op die 20ste herdenking van Wêreld Kankerdag (4 Februarie 2020), daag KANSA en die Unie van Internasionale Kankerbeheer (Union for International Cancer Control (UICC), individue uit om ‘n persoonlike bydrae te lewer om die impak van kanker vir hulself, hul geliefdes en die wêreld te maak. Elke jaar sterf 9.6 miljoen mense wêreldwyd aan kanker en nagenoeg 115 000 Suid-Afrikaners word met kanker gediagnoseer. Nie-oordraagbare siektes, wat kanker insluit, is een van die Wêreld Gesondheidorganisasie se ‘tien bedreigings vir wêreldgesondheid’. Sien Infografiek… #IAmAndIWill #WorldCancerDay

Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte sê: “Daar is maatreëls om die risiko te verminder vir ten minste een derde van algemene kankers. Dit beteken dat tot 3.7 miljoen lewens elke jaar wêreldwyd gespaar kan word deur middel van kennis wat gedeel word. Elke mens is op ‘n unieke manier in verbinding met ‘n magdom individue wat dit moontlik maak om kennis oor te dra en om ander te beïnvloed. Gebruik dus julle stemme om bewustheid oor kanker in julle gemeenskappe te bevorder en in te skerp, om kennis aangaande kanker wyd te versprei en om ander aan te moedig om gereeld vir siftingstoetse te gaan. Kanker raak ons almal en gesamentlik het ons die mag om veranderinge te maak en te help om ‘n kankervrye wêreld te skep.” Laai plakkate af…

“Die totale jaarlikse ekonomiese koste van kanker wêreldwyd is na raming ongeveer US$1.16 triljoen. Besighede kan ‘n bydrae lewer deur die skepping van ‘n gesonde werksplek om die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling te bereik en om te verseker dat mense gesond lewe en om die algemene welsyn van almal te bevorder. Die werksplek kan ‘n kragdadige stem in die gemeenskap wees en kan dien as belangrike ondersteuning vir werknemers wat deur kanker geraak word. Deur bewusmaking van die waarskuwingstekens teen kanker soos die keuse van ‘n gesonde dieet, om meer aktief te wees, om die gebruik van tabakprodukte af te raai en te belet, om alkohol te vermy, om SonSlim te wees, om giftige stowwe en chemikalieë soos onder andere asbes, plaagdoders en houers wat BPA bevat, te vermy en om mense aan te moedig om hulle te laat inent teen aansteeklike agente wat kanker kan veroorsaak, kan help om werkgewers te help om die risiko vir kanker van hulle werknemers te verlaag,” voeg Joubert by.

Joubert sê verder: “Ons by KANSA help met siftingstoetse vir kanker by ons KANSA SorgSentrums en ons help ook om die welsyn van die werknemers in die werksplek te verbeter. KANSA ondersteun ook sportaktiwiteite omdat oefening die risiko vir kanker van 30 to 40% kan verlaag. Neem deel aan KANSA se sportaktiwiteite soos Gijima vir KANSA (‘n 5km pretdraf wat regoor Suid-Afrika op Wêreld Kankerdag aangebied word. Sluit aan by ons KANSA Aktiewe Span (Active team) en help so om fondse vir KANSA in te samel terwyl jy deelneem aan die sportsoort van jou keuse. Sien meer gebeure hier… Die aanbieding van ons sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en geliefdes is ‘n integrale deel van KANSA se diens deur middel van ondersteuningsgroepe, berading en aanlyn ondersteuningsgroepe. Ons nooi jou uit om deel te wees van geleenthede wat aangebied word vir ons pasiënte en versorgers. Sluit by ons aan by gebeure soos KANSA Shavathon en KANSA Relay For Life.”

Individue, familielede, vriende, sportgroepe, besighede en netwerke kan hul persoonlike boodskappe met ander deel. Laai jou KANSA Wêreld Kankerdag plakkaat vir selfie-foto’s af en deel dit op sosiale media:

Die resultate van die ‘UICC Global Cancer’ meningspeiling sal nader aan die tyd (op Wêreld Kankerdag) bekendgemaak word. 25 lande (wat Suid-Afrika insluit) en 18,500 respondente neem deel. Die doel van die meningspeiling is om ‘n idee te kry oor hoe die publiek regoor die wêreld voel, dink oor kanker en wat hulle verstaan van kanker. Hierdie inligting sal die internasionale kankergemeenskap help om toepaslike boodskappe te ontwerp om die publiek te betrek en hierdie inligting en insae sal waardevol wees vir beleidmakers en regeringsleiers.

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.)

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling