The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Wêreld Kankerdag – Maak jou Gesondheid ’n Prioriteit

English Media Release

Op Wêreld Kankerdag op 4 Februarie, moedig KANSA en die Unie vir Internasionale Kankerbeheer (UICC) mense aan om persoonlike doelwitte te stel en te bereik, wat hulle in staat sal stel om die kankerrisiko te verlaag en vir kankerpasiënte om hul gesondheid te optimaliseer, veral in die lig van die COVID-19 pandemie. Die wêreldwye reaksie tot die COVID-19 pandemie neem al ons tyd en aandag in beslag, maar kankerbeheer moet steeds ’n prioriteit bly. Sien Infografiek…

Elize Joubert, KANSA se hoof uitvoerende beampte sê, “Kanker eis steeds onnodig lewens. Ten spyte van die COVID-19 pandemie is dit belangrik dat ons nie van kankerpasiënte se behoeftes vergeet nie. Ons moet hulle help om ’n gebalanseerde leefstyl te handhaaf en na hulle gesondheid om te sien, en moet steeds mense bewus maak van kankertekens, vroeë opsporing deur siftingstoetse en opvoeding om kankerrisiko te verlaag. Ons moedig kankerpasiënte wie tans behandeling ontvang en diegene wat met kanker saamleef aan om ingelig te bly oor COVID-19. Hulle moet weet hoe om die risiko vir die virus te verlaag en wat om te doen indien hulle dit opdoen.”

Vir die afgelope twee jaar deel ondersteuners van Wêreld Kankerdag regoor die wêreld hul ‘I Am and I Will’-verbintenis – hulle pleeg met dapperheid aksies om die impak van kanker te verlaag.

Joubert daag ons uit, “In 2021 vier KANSA sy 90ste herdenking van opvoeding, die verlaging van kankerrisiko en volgehoue ondersteuning en omgee – ’n belangrike mylpaal. Ons is bly dat ons steeds ’n verskil kan maak in die lewens van diegene wat deur kanker geaffekteer word. As deel van Wêreld Kankerdag daag ons individue, families, maatskappye, skole en dienslewering-organisasies uit om saam met KANSA te werk om bewusmaking te skep van die noodsaaklike dienste wat ons lewer, sodat ons kan voortgaan om ’n wêreld sonder kanker te help bou. En ook sodat alle pasiënte weet hulle is nie alleen nie.”

Wat jy kan doen – 21 Days to Impact-uitdaging

“As jy onseker is oor waar om te begin, sluit aan by ‘Wêreld Kankerdag se 21 Days to Impact-uitdaging’. Dit neem die spreekwoordelike 21 dae om ’n positiewe gewoonte te skep. So vir 2021, of jy jouself daartoe verbind om jou eie gesondheid of dié van jou geliefdes te help verbeter, ’n geliefde wat met kanker saamleef te ondersteun, meer oor kanker te leer, oor kanker te praat of om geskiedenis te maak deur servikskanker te elimineer, sluit by een van die vyf uitdagings aan en kry daaglikse inspirasie en praktiese leiding,” sê Joubert.

Besoek https://www.worldcancerday.org/21DayChallenge en kies ’n uitdaging. Sluit by die uitdaging aan. Jy sal elke dag ’n e-pos ontvang met ’n nuwe aktiwiteit, inspirasie, les of instruksie. Beweeg selfs nader aan die realisering van jou ‘I Am and I Will’-verbintenis en deel dit op sosiale media met die hutsmerke #WorldCancerDay #IAmAndIWill #CANSA90

Hoe om KANSA te Help

 

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans
 071 867 3530 Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati
 KANSA Versorgsentrums

 

info@cansa.org.za

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans
 071 867 3530 Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati

 

info@cansa.org.za

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

Sign up to receive news and updates: