The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

SunSmart

Wees SonSlim met Nuwe App oor Beskerming van Jou Vel

Wees SonSlim met Nuwe App oor Beskerming van Jou Vel

English Media Release

22 November 2019 – KANSA herinner Suid-Afrikaners om vanjaar SonSlim te wees deur hulle vel ten alle tye te beskerm teen die son veral tydens die vakansie wat voorlê. Ultraviolet sonstrale (UVA en UVB) bereik die oppervlak van die aarde en kan velskade aanrig. UVB sonstrale veroorsaak sonbrand en kan permanente sonskade binne vyftien minute aanrig. UVA sonstrale kan bydra tot veroudering van die vel en DNS skade aanrig. Skade van beide UVA en UVB sonstrale kan lei tot velkanker. #SonSlim

Dr Melissa Wallace, KANSA se Hoof van Navorsing, sê: “Dit is baie belangrik om jouself te vergewis van veranderinge aan die vel om sodoende velkanker vroegtydig op te spoor. Met hierdie wete in gedagte werk ons in vennootskap met Miiskin, ‘n gratis en verbruikersvriendelike app om enige veranderinge van jou vel te moniteer. Dit vervang egter nie ‘n doktersondersoek nie en moenie as ‘n diagnostiese hulpmiddel beskou word nie. Enige verdagte moesies of abnormaliteite van die vel behoort deur ‘n dermatoloog of ‘n professionele mediese gesondheidswerker ondersoek te word. Die app is ‘n alternatiewe manier om mense bewus te maak van enige veranderinge van die vel en om dit te moniteer. Ekstra funksies kan verkry word deur in te teken op ‘n 30 dae gratis toetsperiode. As verbruikers die aanbod van die app aanvaar, skenk Miiskin 15% van die opbrengs aan KANSA om te help met die implementering van ons risikovermindering en ondersteuningwerk.”

Dr Willie Visser, Hoof van Dermatologie aan die Universiteit van Stellenbosch, voeg by: “Dit kan moontlik lei tot vroeë opsporing van velkanker en dit sal mense meer bewus maak van die gevare van die son en velkanker.”

Vennote van Miiskin sluit die volgende in: The Canadian Skin Cancer Foundation, British Skin Foundation en Skin Health Alliance. Dit is ontwikkel in Denemarke deur die stigter, Jon Fris. Sy vennoot, Rikke, het baie moesies gehad en was aangeraai om haar moesies te moniteer en dop te hou weens haar hoë risiko vir melanoom. Dit het gelei tot die ontwikkeling van hierdie digitale instrument en hulpmiddel.

KANSA doen ‘n beroep op mense om hulle vel gereeld te ondersoek en om op die uitkyk te wees vir enige verandering, ongewone merke of moesies. ‘n Jaarlikse mediese ondersoek behoort ‘n velondersoek in te sluit.

“Vra vir iemand om jou rug, bokant van jou kop en die agterkant van jou bene te ondersoek om te kyk vir veranderinge, merke of kolle wat jy nie self kan raaksien nie. Raadpleeg ‘n dermatoloog of ‘n professionele mediese gesondheidwerker of mediese dokter as jy enige verdagte moesies of abnormaliteite op jou vel waarneem. Gebruik die ABCDE waarskuwingstekens op KANSA se webwerf vir leiding,” sê Wallace.

Primêre beskerming teen die son is die gereelde gebruik van middels soos sonskerm. Alle middels vir sonskerm met die KANSA se Seël van Erkenning (CSOR) beskik oor ‘n breë spektrum vermoë wat jou vel sal beskerm teen gevaarlike UVA en UVB sonstrale. Gebruik altyd ‘n sonskerm met ’n beskermingsfaktor teen die son (SPF) tussen 20 en 50, afhangende van jou veltipe. Dit is ook belangrik om sonbrille te dra met ‘n UV beskermingsgraad van UV400 om jou oë te beskerm.

Die gebruik van room wat as sonskerm dien, is nie ‘n lisensie om jou vel onnodig of oormatig aan die son bloot te stel nie. Vermy direkte sonlig tussen 10vm en 3nm want dit is wanneer die son se strale die gevaarlikste is. Bly soveel as moontlik in die koelte of in die skadu van ‘n UV beskermende sambreel. UV-strale reflekteer van sement, water, sand, glas en gras en daarom kan jy ook sonbrand opdoen selfs al bly jy in die koelte.

Wallace sê: “Baie mense neem deel aan buitelig sportsoorte en byeenkomste. Dit is uiters noodsaaklik dat sonskerm by sulke geleenthede gebruik moet word en beskikbaar gestel moet word. Ons werk in vennootskap met Dispensit wat sonskerm beskikbaar stel by buitelug sportgeleenthede. Dit bied aan deelnemers die perfekte en broodnodige sonskerm om hulle teen die son te beskerm. KANSA ontvang 10% van elke staander sonbrandmiddel wat verkoop word en KANSA gebruik die fondse om bewustheid oor die gevare van sonbrand te verskerp.”

“Ander soorte beskerming teen die son sluit UV beskermde klere in omdat gevaarlike UV-strale deur materiaal kan penetreer. Swemklere en sambrele wat die KANSA se Seël van Erkenning se etiket dra, behoort ook deel van jou voorkoming maatreëls teen sonbrand te wees. Wees op die uitkyk vir KANSA se ‘swing tags’ en produkte met KANSA se Smart Choice logo aan klere, hoede en ander prettige toebehore vir die somer. Vermy sonbeddens en sonlampe vir verbruining van die vel,” sê sy.

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling