The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Versier Jou Tekkies om Saam Met KANSA Lewens te Red

English Media Release

Een van die maniere waarop jy die KANSA kan help om voortdurend gemeenskappe aangaande kanker in te lig en om toegang tot bekostigbare kankersiftingstoetse te bewerkstellig, is om jou Tekkie Tax te ‘betaal’. KANSA doen ‘n beroep op almal om hul Tekkies op te helder op Vrydag 27 Mei 2022 om hierdie genotvolle fondsinsameling te ondersteun.

#LowerCancerRisk #EarlyDetection

Anita Snyders, KANSA se Nasionale Volhoubaarheidsbestuurder sê: “Ons is beter saam as ‘n groep, want met jou hulp is ons invloedsfeer soveel wyer en word meer mense ingelig aangaande kanker. Fondse wat geïn word, word aangewend ten behoewe van ons gesondheidsprogramme wat die belangrikheid van siftingstoetse vir kanker beklemtoon. Opvoeding is die sleutel tot die vroeë opsporing van kanker en om behandeling te bevorder.”

Dit is maklik om deel te neem: Bestel die ‘Better Together Tekkie Tax’ plakker teen R10 vanaf die naaste KANSA Sorgsentrum. Versier jou Tekkies deur hul in te ryg met ‘n stel Tekkie Tax skoenveters teen R35 en kry dan ‘n ‘Better Together Tekkie Tax’ plakker daarby ingesluit. Snyders sluit af, “Maak seker dat jy gereed is om Tekkie Tax met KANSA te vier op Vrydag, 27 Mei 2022, en wys dat jy omgee oor opvoeding om lewens te red. Deel asseblief jou deelname op jou sosiale media deur die hutsmerk #TekkieTax #CANSAeducation te gebruik.”

Plaas jou Tekkie Tax bestellings by jou plaaslike KANSA Sorgsentrum, andersins kan vorms aangevra word by asnyders@cansa.org.za

(Vir meer inligting kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA. E-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans
 071 867 3530 Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans
 071 867 3530 Xhosa, Zulu, Sotho and Siswati

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

Sign up to receive news and updates: