The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

CANSA Care Centres

Tekkie Tax – Maak die Sirkel Groter

Tekkie Tax – Maak die Sirkel Groter

English Media Release

31 Maart 2020Internasionale Tekkie Tax Dag is om die draai en word gevier op Vrydag, 31 Julie 2020. KANSA nooi die publiek uit om “die sirkel groter te maak” deur hul kontakte aan te moedig om saam hul Tekkie Tax te betaal en sodoende KANSA se opvoedkundige programme om die risiko van kanker te verlaag, te help befonds.

Maria Scholtz, KANSA se Hoof van Volhoubaarheid sê, “Na die COVID-19 se nasionale grendeltyd sal dit ‘n manier wees vir almal om Tekkie Tax te ondersteun, maar jy kan nou al in aksie tree deur te bestel. KANSA maak staat op fondse om dit moontlik te maak vir ons om aan te hou met opvoeding in gemeenskappe oor die belangrikheid van kankersifting en om die risiko van kanker te verlaag. Ons glo vroeë opsporing is belangrik om ‘n kankerdiagnose in die begin stadium te maak, vir ‘n beter uitkoms tydens behandeling.

Lees meer oor KANSA se sifting en gesondheidsopvoedkunde

Om deel te neem is maklik:

  1. Maak die sirkel GROTER met die nuwe “Een vir almal en almal vir Een” plakker – R10
  2. Kies die opvoedkundige sektor knopie (‘badge’) om KANSA te ondersteun – R10
  3. Maak jou Tekkies trots en versier hulle met ‘n stel unieke Tekkie Tax skoenveters – R40 met ‘n plakker
  4. Kry jou 2020 Veldtog t-hemp – beskikbaar in denim blou en ligte grys – R100 volwassenes | R80 kinders en jy is gereed vir Nasionale Tekkie Tax Dag.

Tekkie Tax bestelvorms kan aangevra word by Maria Scholtz, epos mscholtz@cansa.org.za

“Ons hoop die publiek sal hande vat deur hul vriende en familie uit te daag om deel te neem, en trots plakkers, knopies en Tekkies te dra op Vrydag, 31 Julie, Internasionale Tekkie Tax dag. Deel in die pret en ondersteun KANSA.” eindig Scholtz.

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Maria Scholtz, Hoof: Uitvoerbaarheid by KANSA per epos mscholtz@cansa.org.za of selfoon 083 2380 0725).


« BACK


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling