The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Pienk Bome vir Pauline Vier 10 jaar van ‘n Verskil Maak in die SA Kankergemeenskap

English Media Release

22 Augustus 2022 – Na tien jaar, honderde kilometers materiaal in meer as 140 dorpe, kyk Pink Trees for Pauline steeds met oorgawe en groot opgewondenheid na die toekoms.

Die 2022 Pienk Bome vir Pauline veldtog, #doekwithadifference (‘n kleurvolle kopdoek), in samewerking met KANSA, sal vir die 5de agtereenvolgende jaar gemeenskappe regoor Suid-Afrika bereik.

Khalil Gibran sê, ‘’Beauty is not in the face; beauty is a light in the heart.’’

“Dankie aan diegene wat die mooi van hul menswees deel deur te dien, te gee, om te gee en met passie en toewyding aan Pienk Bome vir Pauline deelneem om ‘n verskil te maak in kankergemeenskappe en hul families regoor die land,” sê Adri Jansen van Nieuwenhuizen, Besturende Direkteur van Pienk Bome vir Pauline.

“Die organisasie het sedert 2012 van krag tot krag gegaan en die afgelope 5 jaar samel ons veel meer fondse in, meer spesifiek vir versorgings- en ondersteuningsprogramme van kankerpasiënte met die hulp van KANSA”, het Jansen van Nieuwenhuizen bygevoeg.

Gerda Strauss, KANSA Hoof Dienslewering, “KANSA is passievol oor die versorging en dien van pasiënte.  Gedurende COVID-19 het die behoeftes van ons pasiënte en hulle geliefdes dramaties toegeneem. Deur die langtermyn vennootskap met Pienk Bome vir Pauline kan ons ‘n groot impak maak deur middel van die fondse wat ingesamel word.  Ons kan hulpbehoewende pasiënte bystaan deur doeke, maaltydvervangings, rolstoele en ander mediese hulptoestelle te verskaf.  KANSA waardeer hierdie verhouding en ons sien uit na ‘n fantastiese 2022 veldtog waar ons ‘n verskil kan maak in die lewens van menige kankerpasiënte regoor Suid-Afrika.”

Strauss het verder uitgebrei “Dit wat bereik is in die vorige finansiële jaar sluit onder andere die volgende in: KANSA het aan 357 pasiënte tuisversorgingsdienste gebied deur middel van fondse vanuit die projek en het tien pasiente se verblyfkoste van 6 weke elk geborg. Ons kon ook mediese toerusting en ons FotoFinder siftingtoestelle (vir vel- en moesie analise) herstel en opdateer.

Die publiek sowel as die besigheidssektor kan ‘n bydrae lewer aan hierdie inspirerende projek en so ook hul eie lewens en die van ander ophelder.  Die unieke kopdoeke word verkoop vir R100 elk, hoepel oorringe vir R50, vlekvrye staal oorbelle vir R100 en pienk materiaal om bome te tooi vir R30 per meter.  Hannon Cherry lipstiffie is ook beskikbaar teen R170 elk.  Pienk Bome vir Pauline nooi klubs, werkplekke, skole, instansies en individue om met oorgawe aan die #doekwithadifference projek deel te neem.

Om jou #doekwithadifference produkte te bekom, kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum, of ons tolvrye hulplyn op 0800 22 66 22 of epos: info@cansa.org.za of Adri Jansen van Nieuwenhuizen adri@pinktrees.co.za

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: