The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Pienk Bome vir Pauline trots om ‘n Verskil te maak in Kankergemeenskappe!

English Media Release

25 September 2021 – Die 2021 Pienk Bome vir Pauline veldtog, #doekwithadifference (‘n kleurvolle kopdoek), in samewerking met KANSA sal vir die derde agtereenvolgende jaar gemeenskappe regoor Suid-Afrika bereik.

“When we lend a helping hand, maybe we’ll begin to understand what is right and what is wrong. And when we dream another’s dream, instead of doing our own thing, maybe we’ll sing a different song and we’ll be more of what the world needs!” “Hierdie lirieke van die amptelike Pienk Bome vir Pauline lied omskryf die passie waarmee verteenwoordigers van die Pienk Bome vir Pauline projek hulself toewy aan die projek wat diegene wat geraak word deur kanker bystaan,” sê Adri Jansen van Nieuwenhuizen, Besturende Direkteur van Pienk Bome vir Pauline. “Die organisasie het sedert 2012 van krag tot krag gegaan en die afgelope vier jaar samel ons veel meer fondse in, meer spesifiek vir versorgings- en ondersteuningsprogramme van kankerpasiënte met die hulp van KANSA”, het Jansen van Nieuwenhuizen bygevoeg.

Gerda Strauss, KANSA Hoof Dienslewering, “KANSA is passievol oor die versorging en dien van pasiënte. Gedurende COVID-19 het die behoeftes van ons pasiënte en hulle geliefdes dramaties toegeneem. Deur die langtermyn vennootskap met Pienk Bome vir Pauline kan ons ‘n groot impak maak deur middel van die fondse wat ingesamel word. Ons kan hulpbehoewende pasiënte bystaan deur doeke, maaltydvervangings, rolstoele en ander mediese hulptoestelle te verskaf. KANSA waardeer hierdie verhouding en ons sien uit na ‘n fantastiese 2021 veldtog waar ons ‘n verskil kan maak in die lewens van menige kankerpasiënte regoor Suid-Afrika.”

Strauss het verder uitgebrei: “Dit wat bereik is in die vorige finansiële jaar sluit onder andere die in: die verf en opgradering van drie CANSA Sorgtuistes in Pretoria, George en Kaapstad asook gesubsidieerde verblyf by CANSA Sorgtuistes vir pasiënte; befondsing van vyf borskankerpasiënte vir prostese en bra’s; uitbreiding van die reeks mediese toerusting (10 rolstoele, sewe eierdop-matrasse en ses looprame); gereelde bystand aan behoeftige gemeenskappe met doeke en maaltydvervangings vir bedlêende pasiënte; vyf nuwe borsmodelle en vier opwipklinieke vir bewusmaking en ondersoeke asook gesubsidieerde tuisversorging vir pasiënte met geen of lae inkomste wat nie die basiese fooi kan bekostig nie vir (daaglikse / weeklikse besoeke aan drie tot ses pasiënte per maand ).”

Die publiek asook besigheidssektor kan ‘n bydrae lewer aan hierdie inspirerende projek en so ook hul eie lewens en dié van ander ophelder. Die unieke kopdoeke word verkoop vir R100 elk, oorringe vir R50 en pienk materiaal om bome te tooi vir R30 p/m. Pienk Bome vir Pauline nooi klubs, werkplekke, skole, instansies en individue om met oorgawe aan die #doekwithadifference projek deel te neem.

Om jou #doekwithadifference te bekom, kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum, tolvry op 0800 22 66 22 of epos: info@cansa.org.za of Adri Jansen van Nieuwenhuizen adri@pinktrees.co.za

Inligting:

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 8 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

 0800 22 6622 Tolvry
 072 197 9305 Engels en Afrikaans (slegs teks)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepe (slegs teks)
 KANSA Versorgsentrums

 

Maak kontak met KANSA op sosiale media platforms:

Do you have a question?
Ask CANSA
Book a counselling session

CANSA Tele Counselling

 0800 22 6622 Toll Free
 072 197 9305 English and Afrikaans (text only)
 071 867 3530 isiXhosa, isiZulu, Sesotho, Setswana and Sepedi (text only)

 

  Find Your Care Centre

Black Beneficiary Base

About Us | Get in Touch

1931 - 2021. 90 Year Anniversary

Sign up to receive news and updates: