The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

CANSA Care Homes

KANSA SorgTuistes stel Kankerpasiënte in staat om Behandeling te ontvang tydens Inperking

KANSA SorgTuistes stel Kankerpasiënte in staat om Behandeling te ontvang tydens Inperking

English Media Release

12 Mei 2020 – KANSA verwelkom die heropening van nog vier KANSA SorgTuistes in Rustenburg, Port Elizabeth, Kaapstad en George. Die meeste KANSA SorgTuistes se deure het oopgebly ten spyte van die inperking weens die COVID-19 pandemie. Waar SorgTuistes tydelik gesluit was as gevolg van die regulasies tydens die inperking, is planne beraam om kritieke kankerpasiënte heeltyds by spesifieke hospitale en behandelingsentrums toe te laat en te behandel.

Gerda Strauss, KANSA se Hoof Van Dienslewering verduidelik: “KANSA SorgTuistes vervul ‘n belangrike rol omdat dit akkommodasie tydens die periode van inperking bied aan kankerpasiënte wat ver van behandelingsentrums woon en wat behandeling vir kanker moet kry. Dit is van die allergrootste belang dat kankerpasiënte se behandeling nie gestaak moet word tydens die periode van inperking nie. Juis as gevolg daarvan is dit vir KANSA wonderlik om in staat te wees om die volgende KANSA SorgTuistes se deure weer te heropen: James Kingston (Rustenburg), Strelitzia (Port Elizabeth), Eikehof (Kaapstad) en Irma Bruschi (George). Dit het tot gevolg dat meer pasiënte toegang kan kry tot behandeling terwyl hulle in ‘n huis-weg-van-die-huis kan tuisgaan.

Dit beteken dat 10 van ons KANSA SorgTuistes nou operasioneel is waar streng infeksieprosedures en beskermingsmaatreëls in plek gestel is omdat kankerpasiënte onder die mees kwesbaarste is vir die COVID-19 infeksie. By sommige SorgTuistes word slegs ‘n beperkte aantal pasiënte op dieselfde tyd toegelaat om die veiligheid van die pasiënte te waarborg. Aangesien die SorgTuistes nou vol bespreek is, is daar waglyste in plek gestel vir nuwe pasiënte om geholpe te raak sodra daar weer plek in die SorgTuistes is.”

KANSA se TLC Tuistes vir kankerpasiënte en hul gesinne wat deur kanker geraak word, het oopgebly en was operasioneel regdeur die periode van inperking. Hierdie tuistes is geleë in Durban, Pretoria en Polokwane. Beskermingsmaatreëls is in plek gestel en ondersteuning deur middel van telefoon en aanlynplatforms is in werking gestel.

KANSA verleen voortdurende hulp om stomaprodukte aan kankerpasiënte beskikbaar te stel. Pasiënte kan hierdie produkte bestel en aflewerings geskied elke Donderdag. Pasiënte en kankeroorwinnaars kan bestellings plaas deur ‘n epos te stuur aan thavenga@cansa.org.za of stomapta@cansa.org.za of stuur ‘n WhatsApp na 078 942 9290.

Die personeel en vrywilligers bied voortdurende ondersteuning en berading aan pasiënte tydens die periode van inperking deur middel van WhatsApp en aanlyndienste op KANSA se webwerf, sosiale mediaplatforms en ondersteuningsgroepe. KANSA het tydens die periode ook inligting aan kankerpasiënte verskaf en leiding gegee oor hoe hulle hul risiko vir COVID-19 kan verminder. KANSA se personeel en vrywilligers is beskikbaar om raad and berading op KANSA se webwerf te bied.

“KANSA verkoop gesigmaskers, gesigskerms en splinternuwe kopdoeke met nuwe ontwerpe as ‘n manier om fondse in te samel vir ons diensprogramme en om volhoubaarheid te verseker. Ons doen ‘n beroep op die publiek om ons asseblief te ondersteun en om die maskers, skerms en kopdoeke by plaaslike KANSA Sorgsentrums te koop. Jou aankope sal so baie help om die las en angs te verlig van mense wat met kanker lewe en daarvoor is KANSA geweldig dankbaar,” voeg Strauss by.

Vir meer inligting skakel asseblief vir Lucy Balona, Hoof: bemarking en Kommunikasie by KANSA, stuur ‘n epos aan lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of selnommer 082 459 5230.)

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 12 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir  Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati.  Volg KANSA op Twitter: @CANSA , sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg KANSA op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica en LinkedIn.


« BACK


Do you have a question?