The responsibility rests with patients to contact CANSA for assistance. Read more...

Women's Health

Dra ’n Doek wat ’n Verskil Maak

Dra ’n Doek wat ’n Verskil Maak

English Media Release

11 Augustus 2020Pink Trees for Pauline (PTFP) in samewerking met KANSA het weer hande gevat en nooi alle klubs, werksplekke, skole, organisasies en individue uit om deel van #doekwithadifference (die dra van ’n kopdoek of serp) te word OF om bome in die gemeenskap met pienk materiaal toe te draai.

Adri Jansen van Nieuwenhuizen, die Besturende Direkteur van PTFP, sê, “Ons is baie opgewonde oor #doekwithadifference wat sedert sy instelling in 2018 ’n groot gunsteling geword het. Vanjaar is jou #doekwithadifference meer kleurvol as ooit en sal dit teen R100 elk verkoop word om fondse te genereer. Ons hoop om bewusmaking te skep en geld vir KANSA se versorging- en ondersteuningsprogramme in te samel. Individue en maatskappye kan steeds die veldtog ondersteun deur die pienk materiaal teen R30 ’n meter te koop en bome in hulle plaaslike dorpe en gemeenskappe daarmee toe te draai. Doeke en materiaal is by KANSA Sorgsentrums beskikbaar en ons moedig mense aan om hul ondersteuning te wys deur die hutsteken #doekwithadifference op Instagram en Facebook te gebruik wanneer hulle aanlyn publiseer. Die doek veldtog is gedurende Vroue Maand in Augustus geloods. Die material om bome toe te draai is vanaf die 5de September tot die 31ste Oktober 2020 aan die publiek beskikbaar gestel.”

Gerda Strauss, KANSA se Hoof van Dienslewering, brei uit, “Die #doekwithadifference veldtog beoog om in kleur toe te draai en in hoop te verenig. COVID-19 het vanjaar baie uitdagings ons kant toe gegooi en het ’n groter nood vir ons dienste laat ontstaan. Fondse wat deur die verkoop van doeke en pienk materiaal ingesamel word, sal help om by te dra tot volgehoue versorging en ondersteuning. Om ondersteuning in jou gemeenskap te verleen is ook ’n opwindende spanbou-geleentheid en maatskappye (groot of klein) kan selfs addisionele #doekwithadifference inisiatiewe bekend stel soos ‘Doek Dinsdag’ of ‘Toegedraai in Hoop’. Hulle kan ook foto’s op sosiale media platforms deel om belangstelling te wek. Party maatskappye hou ook kompetisies vir die meeste kopdoeke / serpe wat verkoop word.”

Tradisionele kopdoeke word al lank vir kulturele-, godsdienstige- en mode-doeleindes gedra. Die #doekwithadifference veldtog gee aan draers die geleentheid om ’n nieverbale boodskap van hoop en ondersteuning aan diegene wat deur kanker geaffekteer word te kommunikeer. Terselfdertyd word broodnodige fondse vir versorging- en ondersteuningsprogramme ingesamel. Die kleurvolle Afrika-doeke met wasdruk kan ook as pragtige tafellopers gebruik word.

“Diegene wat ’n doek koop sal ’n 25% afslagkoepon vir die volgende siftingstoets-opsies by KANSA Sorgsentrums ontvang: Kliniese Borsondersoek; Kliniese Borsondersoek met die borslig; Papsmeer (vir vroeë opsporing van servikale kanker): toetse met die FotoFinder-masjien (vir vel- en moesie-ontledings) of die Prostaatspesifieke Antigeen (PSA) bloedtoets, ’n siftingstoets vir prostaatabnormaliteite,” sê Strauss.

Fondse wat tydens die 2019-veldtog ingesamel is het KANSA in staat gestel om befondsing vir ’n Sorgkamer vir ouer pasiënte in Ermelo te allokeer, asook vir mediese toerusting, pasiënte-vervoer, die voorsien van suurstof, stomasakke en verblyf by KANSA Sorgsentrums vir pasiënte wat ver van die huis af behandeling ontvang.

(Vir meer inligting, kontak asseblief vir Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie by KANSA per e-pos lbalona@cansa.org.za. Skakel 011 616 7662 of op haar selfoon 082 459 5230.)

Meer oor KANSA

KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker. As ‘n leidende rolspeler in kankernavorsing word die wetenskaplike bevindinge en kennis wat deur ons navorsing opgedoen word, gebruik vir ons gesondheidprogramme en om ons rol as waghond tot groter voordeel van die publiek te versterk. Ons gesondheidprogramme bestaan uit bewusmaking van gesondheid, siftingstoetse vir kanker en veldtogte oor gesondheidopvoeding, KANSA Sorgsentra wat ‘n wye verskeidenheid van sorg- en ondersteuningsdienste bied aan mense wat deur kanker geraak word, stoma en ander kliniese ondersteuning en organisatoriese bestuur, verhuring van mediese toerusting sowel as a tolvrye nommer wat geskakel kan word om inligting en ondersteuning te bekom. Ons bied ‘n gratis Tele Beradingsdiens in sewe tale aan. Ons verskaf ook pasiëntesorg en ondersteuning in die vorm van 11 KANSA Sorgtuistes in die hoof metropolitaanse areas vir weg-van-die-huis kankerpasiënte, sowel as KANSA-TLC verblyf aan en ondersteuning van ouers en voogde van kinders wat behandeling vir kanker ontvang.

Navrae KANSA

Besoek www.cansa.org.za of kontak jou naaste KANSA SorgSentrum, skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Benewens aanlynhulpbronne en Facebook-ondersteuningsgroepe bied KANSA ook veeltalige ondersteuning aan op WhatsApp: 072 197 9305 vir Engels en Afrikaans en 071 867 3530 vir isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho and Setswana en gratis Tele Berading per afspraak op 0800 22 66 22 in English, Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, siSwati, Sesotho en Setswana. Volg CANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa, Twitter: @CANSA (http://www.twitter.com/CANSA), Instagram @cancerassociationofsouthafrica, LinkedIn en Pinterest.


« BACK


Do you have a question?

Ask CANSA

Book a counselling session

CANSA Tele Counselling